Gaan ons ons kleinkind verloor as die kinders opbreek?

Jammer om te pla weet nie of dit die regte plek is om dit te deel nie maar is op soek na raad. My seun en sy verloofde is al meer as 2jaar saam maar dinge werk al van die swangerskap nie meer uit nie  en hul is besig om mekaar se lewe op te neuk.  

Hulle het n pragtige seuntjie. Ons baie lief vir hom en hy is 6maande. Hulle bly almal onder my dak en nou regeer sy almal – maak net wat sy wil want ons bang sy loop met die kind. Sy is baie kinderagtig – sal mure slaan met die vuis – sal loop en met haarself praat en vloek en deure toe slaan en haar goed pak en dan gaan sy nie want sy weet ons wil nie he die kind moet gaan nie. So manipuleer sy almal. Sy is baie jaloers my seun – mag met niemand behalwe met haar gesels nie – en sy skroom vir niks  Sy het wel n brief gegee so 5 maande terug en gese sy wil aan hul verhouding werk en ons moet voogskap vat van die kind – in haar lewe kom die man eerste en kind 2de. Maar as sy haar soos n besetene gedra dan wil sy ons afpers met die kind?   Kan julle my raad gee – bang as ons die saak aan gee gaan ons baba verloor.    Sy is 20jaar – werk nie – en my Seun 30jaar

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Gaan ons ons kleinkind verloor as die kinders opbreek?

  1. Kopdolla:
    Weet jy wat? Sy dink haar lewe is op ‘n einde. Sy is vasgevang weens ‘n baba. Haar man – en julle – is fossiele in vergelyking met haar. Sy wil nog date en jol en honeymoon hou. En dalk swot of iets. Sy voel letterlik asof sy die mure kan uitklim van frustrasie.
    En weet jy wat? Sy is magteloos. Geen hof sal haar die kind toestaan nie. Sy het nie eers ‘n inkomste nie en sy het aan julle in daardie briefie basies erken dat sy nie vir die verantwoordelikheid van ‘n kind kans sien nie. Dit is doodeenvoudig nie die tyd in haar lewe vir kinders nie.
    Weet jy wat nog? As jou seun gelukkig is is dit nie net in jou hande nie. Jy kan hulle vra om elders te gaan bly en hoop dat dit vir hom so sleg sal wees dat hy self die verhoudings sal opbreek. As ek julle is sal nogals dan aanbied dat die baba deur die week by julle bly en hoop dat dit dan ‘n bykans voltydse reeling raak.
    Herdie girl is doodeenvoydig te jonk vir ‘n baba en moontlik ook vir ‘n ‘ou’ man van dertig – sy’s ‘n kind teenoor hom.
    Raad? Ek sal nie self met die polisie of ‘n hofsaak begin nie. Ek sal liewer kyk of ek haar op ‘n positiewer manier van die baba kan ‘verlos’ sodat sy kan aangaan met haar lewe, sonder om te voel sy is ‘n mislukking as ‘n vrou/ma. Dus watter uitkomkanse kan julle aanbied of voorstel? Planne sodat sy haar lewe te hervat sonder ‘n baba na wie sy moet omsien,
    So: julle challenge is om hierna te kyk en dan dit aan haar verkoop te kry.
    Julle sal moet fyn trap want frustrasie, trots en ‘n gebrek aan opsies en geld daarvoor is groot berge om hier te oorkom.
    Weet julle van mediasie? Gaan google ‘n maatskappy soos Equilore en vra wie doen egskeidingsmediasie. Party prokureurs doen ook mediasie.
    Of gaan gesels jy op jou eie met ‘n maatskapilke werker of gesinsberader, wat kan help dink hoe om te maak.
    En moenie te bang wees om die baba te verloor nie: die staat sal nooit die baba aan iemand toeken sonder inkomste nie of wegneem en in ‘n kinderhuis plaas as daar iemand is wat goed en mooi na hom kan omsien nie – en daarmee bedoel ek julle. Ek hoop julle is gesond en relatief jonk?
    Begin sommer nou vanoggend nog aan die problem uitsorteer. Almal van julle is morrig. Uitstel help niemand nie.

    • Baie dankie vir jul hulp. Ons is nog jonk van gees! Ek (ouma) is 54 en oupa is 56. Bly in n groot huis met al wat n mens moet he. Oupa kry goed geld en ek is by die huis. Ek sal so gou as wat ek kan aan die werk spring. Ons is baie lief vir die mensie en het ook nog 7 ander pragtige kleinkinders – oudste al in graad 9 en n top 2leerling en die ander almal so 10jaar en 9jaar – almal sportkinders en doen baie goed op skool – hulle is ouma en oupa se droomkinders. Net hierdie enetjie wat nou plan nodig het – maar baie dankie, ek het nou weer moed.

Gesels hier