Ons vergeet Ouma en Oupa se depressie. Sal jy dit kan optel?

1. Het sy toegang tot ‘n mediese fonds?
Sorg dat hy/sy ‘n dokter of psigiater spreek.
Is daar nie een nie? Ons kliniekstelsel diagnoseer depressie en verskaf medikasie. Bel jou naaste een en vind uit op watter dae hulle bejaardes of psigiatriese pasiënte spreek – dit verskil van provinsie tot provinsie.

Woon jou ouer (jyself) in ‘n aftree-oord?
Gesels gerus met die hoof. Dikwels is daar ‘n maatskaplike werker of berader wat spesifiek omsien na emosionele behoeftes onder die inwoners.

Gebruik jou ouer (jy) heelwat medikasie, onder meer slaappille?
Slaappille veroorsaak depressie by talle mense (Lees ons artikel daaroor hier) Talle ander medikasies ook. Neem al die medikasies saam dokter toe of na jul apteker, sodat iemand ‘n slag kan kyk of daar newe-effekte of kruisreaksies is wat jou ouer se energievlak en gemoed kan benadeel. Kyk of die betrokke medikasies met iets anders vervang kan word.

Sluit aan en skakel in
Vind uit watter ondersteuningsgroepe is geskik vir bejaardes en skakel in. Enige ander tipe groep of aktiwiteit kan geweldig baie emosionele ondersteuning bied – van ‘n stap- of oefengroepie tot ‘n paar mense wat saam musiek luister of ‘n TV-storie volg.

Wat om OOK te doen vir depressiewe bejaardes
Lees Naomi Feil se boek The Validation Breakthrough as jy dit in die hande kan kry. Ons verwys kortliks daarna by JY in beheer // Bemagtig Jouself

Dit kom daarop neer dat bejaardes ‘n laaste lewensfase moet voltooi – die bevestiging dat hul lewe die moeite werd en sinvol was.
Jou ouer het erkenning en validasie nodig vir die sorg, waardes, prestasies en aktiwiteite wat hoogtepunte in haar lewe was. Gee dit ruimhartig!
En as jy self die bejaarde is, gun jouself die erkenning wat jou toekom.

Gesels hier