Oefen ‘n bietjie … Bodytec is die maklikste ooit

Deur Maridi Jooste

Party van ons word soggens wakker vol energie en gereed om Leeukop uit te draf. Vir ander is elke oefensessie die een uitmergelende sekonde op die ander. Die blote gedagte om in jou motor te klim om na ‘n oefensessie te ry, voel na Kilimandjaro aanpak.
As jy so voel is Bodytec vir jou. Met een sessie per week, minimale bewegings en ‘n bietjie moeite kry jy al die oefening wat so noodsaaklik is vir jou lyf, gewig en gemoed.

Hoekom oefening jou DADELIK laat beter voel
Die eerste oefensessie kan reeds jou roetine verbreek en jou meer selfvertroue gee in jou wilskrag. Oefening oefen nie net jou liggaam nie maar ook jou brein en stel endorfien vry, ‘n neurotransmitter wat jou help om beter te voel. Wanneer dit in aanraking kom met die brein se reseptore verminder dit jou persepsie van pyn.

Goed, ek hoor jou. Jy het lanklaas geoefen en sien nie kans vir harde gimsessies nie. Wanneer jy by die huis kom is dit donker buite en die buurt is gevaarlik. Dan is dit nog snerpende winter ook! Toemaar, ek het die antwoord vir jou – Bodytec.

Hoe werk Bodytec?
Volgens Nigel Williams (my afrigter) is een twintig minuut sessie so goed soos drie sessies van negentig minute elk. Dit is agtien keer meer effektief as ‘n gewone oefensessie omdat negentig persent van jou spiere op dieselfde tyd oefening kry, waar verskeie spiere beurte maak met ‘n normale oefensessie. Elke vierde sekonde word jou spiere saamgetrek terwyl jy uitasem en ‘n beweging doen.

Die Bodytec Studio is nie vreeslik nie
Die sessie begin met ‘n glas water, aangebied deur die vriendelike afrigter wat doodkalm begin uitbrei oor die elektriese spierstimulasie in die nat pak. Nat? En pulse deur my spiere? Dit klink seer en … te naak?
Ons soek ‘n pak uit en hy demonstreer die oefeninge. Dan is dit die pak en sy prikkels… en spierwerk vir my. Ten spyte daarvan dat die prikkels ‘n vreemde gevoel is, is dit nie seer nie. Jy raak dit gou gewoond. Dit is nogals snaaks as dit soveel moeite vat om jou been op te lig of jou arm in die lug te swaai. Dit is sowaar meer oefening as wat mens verwag. Twintig minute later hoef ek nie meer oor die nat pak bekommerd te wees nie, want die sweet tap my behoorlik af en ek is seker ‘n paar sellulietselle is sommer weggeskrik. Soos Lisa Raleigh (model) na haar sessie gesê het: “boude pyn! My ‘gluteus maximus’ huil!”

So, los maar Leeukop vir die buitelugmense. ‘n Klein bietjie Bodytec doen net so baie.

Voordele van Bodytec
• Dit verbrand vet. Tussen pulse hou die liggaam steeds aan met vetverbranding.
• Jy bespaar tyd: Een sessie is so goed as agtien sessies van enige ander oefening. Jy bespreek jou sessies en hoef nie vir die masjien te wag nie.
• Nie moeilik nie: Die afrigter wys vir jou eenvoudige bewegings.
• Goeie prys: Die R195 per sessie is heel redelik, in vergelyking met‘n persoonlike afrigter teen R350-R450.
• Slegs twee masjiene. Jy sal nie sommer in bekendes vasloop nie.

Bekendes aan die woord oor Bodytec
Michelle McLean (vorige Mej. Wêreld): “Deur slegs na een twintig minuut sessie ‘n week te gaan, bespaar ek ure vervoertyd heen en weer en in die gym met beter resultate as enige oefenprogram wat ek al ooit gebruik het. Ek voel fermer en my spiere is fyner gedefinieerd. En dit alles in ‘n baie kort tydjie.”

En die nadele?
• Die pak en prikkels voel aanvanklik vreemd, maar jy raak gou gewoond daaraan.
• Jou lyf pyn ‘n paar dae na die sessie nog, dus was dit ‘n goeie sessie.

4 Wenke
• Kom in jou eie styfpassende gimbroek (skipants) en frokkie om onder die oefenpak te dra.
• Drink genoeg water voor die sessie om dehidrasie te voorkom.
• Kombineer Bodytec met kardio-oefening soos draf of ‘n entjie stap (nie noodsaaklik nie).
• Bring jou badgoed as jy direk na die sessie werk toe wil gaan.

Kontak Bodytec
• Bodytec City Bowl -021 418 1523
• Bodytec Newlands -021 671 7936
• Bodytec Sandton -079 474 7633
• Bodytec Hoofkantoor -021 418 3479
Daar is ook Bodytec studios in Steenberg en Johannesburg oppad. Besoek die webwerf vir verdere inligting: http://www.bodytec.co.za.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s