Toets of jy ‘n velpikker is (skin picker)

Krap jy? Druk jy? Pik jy?
Hmmm … Baie van ons druk en vroetel aan ons gesig. So 60%, volgens die syfers. Maar party van ons krap dat die bloed loop. Wanneer raak krap te erg? Op watter punt is dit OK en op watter punt moet mens dapper genoeg wees om hulp te gaan vra?
Hier is ‘n selftoets vralys, om te kyk waar jy staan. Niemand gaan oor jou skouer loer nie – doen dit gerus.

Die vralys
Oor die wond self

Hoe lyk jou wond en hoe lank het jy dit al?
1. Het jy iewers op jou gesig, lyf, kop of in jou hare ‘n seerplek of wond wat langer as drie weke daar is? (Die wond kan enige vorm aanneem – krapmerke, skuurplekke, oop wonde, steekmerke, snymerke of kneusmerke)
2. Is daar knoppies, merke, onegalighede of kolle wat vir jou lelik lyk? Voel jy dat jy hulle moet wegkry of regmaak?
3. Is die wond altyd daar?
4. Word die wond met tye gesond, net om weer terug te keer?
5. Word die wond groter?
6. Het jy ‘n permanente letsel wat verband hou met ou seerplekke?
7. Weet jy waarom jy die wond het?
8. Indien wel: Wat veroorsaak die wond? Is dit jou naels, hande, vingers, of dalk ‘n instrument soos ‘n pen, naelvyl, skêr, borsel, tou of ‘n rekkie?
9. Is jy al gediagnoseer met ‘n velkwaal soos ‘n allergie, ekseem , aknee of ‘n velinfeksie?

Oor hoeveel van jou tyd die wond in beslag neem
10. Hoeveel tyd spandeer jy daaraan om aan jou wond te raak? Minder as tien minute per dag of meer as tien minute per dag?
11. Het jy deesdae meer tyd nodig om reg te maak om uit te gaan om te werk of sosialiseer omdat jy tyd spandeer aan jou vel?
12. Het jy meer tyd as ander mense nodig om reg te maak om uit te gaan om te werk of sosialiseer omdat hulle nie nodig het om tyd aan hul velle of seerplekke te spandeer nie?
13.Kom jy nie jou werk en ander take uit nie weens die tyd wat jou wond in beslag neem?

Oor die uitwerking daarvan op jouself
14.Voel jy selfbewus oor die wond?
15. Steek jy die wond weg vir ander deur byvoorbeeld dit te bedek, soos om ‘n trui, serp, handskoene, toe skoene of ‘n hoed te dra, of ‘n pleister of verband daaroor te dit?
16. Voel jy onaantreklik vir die teenoorgestelde geslag weens die wond?
Is dit vir jou ongemaklik as ander mense na jou kyk, omdat hulle die wond moontlik sal kan sien?
17. Bly jy soms tuis weens jou wond eerder as om te gaan werk, klas te loop of saam met vriende te kuier?
18. Is daar aktiwiteite wat jy opgegee het soos sport, stokperdjies en dinge wat van jou by die werk verwag word omdat dit sal meebring dat mense die wond sal sien of omdat die wond jou pla?
19. Bly jy liewer weens jou wond tuis as om te werk, inkopies, sport of stokperdjies te doen of om klas te loop?
20. Vermy jy vriende en familie weens die wond?
21. Het jy deesdae minder kontak met jou familie en vriende?
22. Dink jy sal gelukkiger wees as jy nie ‘n wond het nie?

Oor beheer
23. Voel jy ooit asof jy eenvoudig aan die wond moet vat? Asof jy gedwing word om daaraan te raak?
24. Is die wond altyd in jou gedagtes?
25. Dink jy dikwels daaraan om aan die wond te vat, al doen jy dit nie?
26. Vang jy jouself uit dat jy aan die wond geraak het?
27. Vind jy dat daar sekere tye is wat jou meer aan die wond laat raak as ander tye?
28. Sal jy meer daaraan raak wanneer jy baie druk het, te veel werk of take het, moeilike besluite moet neem, of gespanne is oor ‘n verhouding, vriendskap, ‘n ontmoeting of take?
29. Is jy onbewus daarvan dat jy aan die wond raak?
30.Het jy al ooit jou voor geneem om nie aan die wond te raak nie?
31. As jy so besluit het kon jy dit regkry om nie daaraan te raak nie?
32. As jy jouself keer om aan die wond te vat raak jou behoefte om daaraan te vat al groter?
33.Voel die wond beter as jy na jy daaraan raak?
34.Voel jy verlig en meer OK as jy daaraan geraak het?

‘n Hele klompie ja’s?
Jy kan nog jare aangaan … maar met watter doel? Hoekom sal jy? En hoe gelukkig gaan dit jou maak? Wees goed vir jouself en gaan gesels met iemand.
Troos jouself: daar is bekendes wie se werk jy elke dag in ons tydskrifte sien wat ook hiermee sukkel. Hulle het darem al gaan hulp kry.
Maak jy ook so en kontak gerus prof Christine Lochner se assistent by 021 938 9762 (kantoor-ure)

Onthou moenie swaar kry nie! Die soort van probleem kan opgelos word.

One thought on “Toets of jy ‘n velpikker is (skin picker)

  1. Asb as enige een kan help my seerpleeke word net nie gesond nie ek dink ek het n tekort aan iets in my bloed. Jy het altyd n vital produk gekry maar van die mark af en ek kan nie onthou wat is daar in nie. Asb help??

Gesels hier