7 dinge om te doen as jou kind depressief is

As jou kind depressief is hanteer dit so:
1 Is jou kind werklik depressief?
Kinders en veral tieners se buie kan so vinnig soos die seisoene verander. Dit maak dit moeilik om te weet of jou kind in ‘n doodgewoon stil bui is en of hy depressief is. Hoe weet jy? Vra jouself die volgende:
Wat sê jou intuïsie? En wat sê die feite? Sien jy ‘n verandering wat al ‘n paar weke duur? Of is jou kind eintlik maar net vandag ‘af’? Is jou kind moeg om verstaanbare redes en dus daarom nie ‘lekker’ nie? Broei daar iets onder die maats of by die skool? Vra die klasonderwyser om haar indrukke.
Die Kiddie SADS evaluering kan jou ook help onderskei.
Laai dit af by http://www.wpic.pitt.edu/ksads/ksads-pl.pdf

2 Kry by jou dokter ‘n verwysing na ‘n kinderpsigiater
Moenie dat ‘n huisdokter sommer self ‘n antidepressant voorskryf nie; dit is meer kompleks om kinders te behandel.

3 Praat met hom oor depressie
Verduidelik aan jou kind depressie is ‘n siekte net soos diabetes: jy word nie vanself gesond nie en moet hulp kry. Daar is twee soorte hulp: vir party mense help dit om daaroor te gesels en te dink; by ander gaan dit oor breinchemie wat met ‘n pilletjie reg gestel word.
Praat ook openlik met jou ander kinders, sodat almal verstaan.

4 Lig die skool in
Onderwysers begryp depressue en sal jou kind baie beter verstaan as jy hulle inlig. ‘n Bietjie aandag kan ‘n groot verskil maak.

5 Ontlont die stigma
Die skool kan nie jou kind se probleem oplos nie maar leerders en onderwysers kan meer begrip opbou. Vra of ‘n organisasie soos SADAG of ‘n plaaslike sielkundige om die leerders te kom leer omtrent depressie.

6 Oppas vir manipulasie
Moenie jou kind oorbeskerm of alles toelaat nie. Hy kan nie té depressief wees om huiswerk te doen nie maar heel vrolik genoeg vir fliek voel. ‘n Werklik depressiewe kind sien nie vir die lekker dinge ook nie kans nie.

7 Sorg vir ‘n gesonde roetine
Veral depressiewe kinders vaar beter as hulle vroeg bed toe gaan, TV en rekenaarspeletjies realisties beperk word, daagliks bad, skoon aantrek, skool toe gaan, bietjie buite kom en aan ‘n aktiwiteit deelneem wat hul wêreld verbreed.

Advertisements

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s