Knak jou studentekind onder al die druk? Help hom/haar OK wees

Mens stuur jou kind uit die huis, met groot drome dat sy/hy ‘n heerlike studentelewe sal he en akademies suksesvol sal wees om eendag ‘n bevredigende beroep te kan volg. Dis drome wat JY droom … en verwag dat dit sonder stamp of stoot sal realiseer.
Die realiteit is egter dat baie, baie studente verskriklik swaar kry. Die druk is groot.
Die aanpassing in studiewerk is enorm; om te dop is verskriklik omdat jou ouers hulself in die skuld steek om jou daar te hou; om af te steek is ‘n knou vir jou selfbeeld. En verval al die dingetjies wat die lewe maklik maak, soos kos op die tafel en skoon klere. En skielik verval die roetine van ‘n gesonde leefstyl met sport en genoeg slaap ook. Vir ‘n student is alles nou sy verantwoordelikheid.
En dan is daar die sosiale krisisse: almal is nie cool nie; om aan te pas by ‘n kamermaat, pelle te maak, liefde te vind en in die groep aan te pas verg dat jy nuwe lyne moet trek. Party skuif die lyne ver, om sosiale gedrag soos drank, seks en klas bank in te sluit. Ander onttrek en vereensaam, met al die stres en ongeluk wat daarmee saamgaan.
Talle studente is sonder hul gewone familie en ondersteuning. En omdat jy as ouer jou studentekind baie minder sien, is mens nie nie noodwendig in voeling met sy/haar gemoed nie. Dis dan dat jy die tekens van depressie maklik miskyk.

Hoe help mens ‘n jong volwassene?
Dis moeilik. Maak dit vir jou kind maklik om te vertel as sake verkeerd loop. Luister, luister, luister. Vra, sonder om te oordeel. Maak tyd om NET te gesels. Maak oogkontak. Party mense gesels makliker in die motor, want daar is niks anders te doen nie. Party mense gesels makliker as hulle met roetinetaak besig is wat hul hande besig hou maar hul kop ‘oop’ los, soos skottelgeod was.

Goeie Planne
Maak seker jou kind kry hierdie SADAG SMS nommer: 31393. Mens kan hierheen gratis sms om oor probleme te gesels.
Die volgende tolvry nommers is ook beskikbaar: 0800 567 567, 0800 21 22 23, en die Dwelmmisbruiklyn op 0800 12 13 14.
Al die nommers is elke dag oop van 8.00-20.00. Die dwelmmisbruiklyn is 24/7 beskikbaar.
Koshuise kan ook ‘n spreker bespreek by Dessy of Clare by 011 262 6396 / 6389

Advertisements

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s