Is jy depressief?

Is jy depressief? Dalk, dalk nie…
Daar is geen toets vir depressie nie, maar die Zung Selftoets Depressieskaal help jou om te bepaal of jy hulp nodig het of nie.

Doen dit so
Kry ‘n folio.
Skryf die syfers 1-20 onder mekaar neer.
Lees elke vraag en skryf neer hoe gereeld jy so voel.
Jy het vier keuses:
Selde beteken ‘n paar keer per maand
Soms beteken een tot twee keer per week
Gewoonlik beteken meestal, vier keer per week
Heeltyd beteken voortdurend of byna altyd

Hier is die vrae
Skryf die nommer op jou folio neer. Skryf langsaaan hoe gereeld jy so voel (selde, soms, gewoonlik of heeltyd)
1. Ek voel hartseer en ongelukkig
2. Soggens voel ek op my beste
3. Ek voel huilerig en/of huil sonder rede
4. Ek sukkel om snags te slaap
5. Ek eet baie meer of baie minder
6. Seks is lekker vir my
7. Ek het gewig verloor / opgetel (niks, 1-3kg, 4-8 kg, meer)
8. Ek is deesdae hardlywig
9. Ek kry hartkloppings
10. Ek is sonder rede te moeg vir alles
11. Ek konsentreer en onthou maklik
12. Ek doen my dagtake so maklik as altyd
13. Ek is rusteloos en kan nie stilsit nie
14. Ek voel positief oor my toekoms
15. Ek raak maklik geïrriteerd
16. Ek neem maklik besluite
17. Ek voel nuttig en belangrik vir ander
18. My lewe voel leeg
19. Dit sal beter wees vir ander as ek dood is
20. Ek geniet my lewe regtig

Jou Telling
Vir elke antwoord word ʼn punt toegeken, soos hier onder aangedui.
Merk af by elke vraag hoeveel jou keuse tel.
Tel jou punte bymekaar.

1. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
2. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
3. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
4. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
5. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
6. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
7. niks=1 1tot3kg=2 4tot8kg = 3 meer=4
8. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
9. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
10. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
11. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
12. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
13. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
14. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
15. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
16. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
17. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1
18. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
19. selde=1 soms=2 gewoonlik=3 heeltyd=4
20. selde=4 soms=3 gewoonlik=2 heeltyd=1

Wat jou telling beteken
Onder 49
Jy is nie depressief nie. Maar jy het dalk ‘n blou dag.
Gaan met jou emosies, probeer uitwerk wat jou pla, wees goed vir jouself, sorg dat jy genoeg slaap, genoeg oefening kry, eet gesond en sorg vir stimulasie soos om iets interessant te lees of te doen. As jy ‘n ekstrovert is, reik uit na mense; en as jy ‘n introvert is maak bietjie tyd vir jouself om jou batterye te herlaai. Teen môre behoort jy beter te voel. As jy na drie weke steeds af voel is dit dalk tog tyd om met iemand daaroor te gesels. Soms pla iets onbewustelik, of soms kort ons die vaardighede wat nodig is om ons beste lewe te lei. ‘n Lewensafrigter kan jou dalk help om jou paadjie te herbedink.

Tussen 50 en 69
Dit is die algemene telling vir mense met depressie.
Moenie jouself straf deur net aan te karring met jou lewe nie. Neem aksie deur vir jouself hulp te kry. Begin met ʼn sielkundige.
Kyk op ons bladsy Bel om Hulp vir kontaknommers.
Of vra jou huisdokter om jou na iemand te verwys.

En wees positief oor jouself – trots op jouself – want jy is besig om die eerste tree in die regte rigting te neem.
Depressie is ‘n gemoedsteuring – en joune sal weer terugkeer na normaal. Gee tyd, gee aandag en gee liefde aan jouself. Vir baie van ons is praat genoeg omdat dit hulle insig gee in hul gemoed en omdat hulle tegnieke aanleer om dit wat hulle hartseer maak te verwerk. Ander van ons het ‘n antidepressant nodig. Neem wat jy nodig het.

Elke mens het ook ondersteuning van ‘n geliefde nodig. As jy kan, gesels met iemand wat jou goed ken en na aan jou is, soos ‘n familielid of ‘n goeie vriendin of selfs ‘n gesagsfiguur in jou lewe soos jou dokter, predikant of onderwyser. Dit is nou bo en behalwe die terapie en/of terapie waarmee jy besig is. Of skakel LifeLine by 1-800-784-2433.

70 en hoër
Jy is sonder twyfel ernstig depressief – en jy weet dit waarskynlik maar te goed.
Dalk weet jy waarom jy depressief is; dalk moet jy nog jouself beter leer ken om dit te verstaan; dalk is jou vlakke van serotonien, dopamien en so aan van nature baie laag … daar is so baie redes waarom mense depressief voel.
En almal is geldig.
Dis nie ‘n sonde nie; dis nie jou straf vir een of ander gewaande oortreding nie; dis nie jou skuld omdat jy sus of so gemaak het. Depressie kan onstaan weens leefstyl maar dit is ewe dikwels ‘n ingebore toestand … of ‘n bietjie van albei. Hoe ook al, jy het nie nou die vermoe om dit te beheer of om te keer nie – nie op jou eie nie.
Die meeste van ons kan nie verhelp of keer dat ons depressief raak nie MAAR jy kan wel sorg dat jy hulp kry. Dis ‘n skande om maar net aan te ploeter en nie hulp te gaan kry nie!

Maak vandag jou vasvat dag.
As jy tot nog toe gehuiwer het en maar net op jou eie probeer ‘cope’ laat ons dan nou vir jou sê daar is nie verder te dink hieroor nie; geen verdere gewonder nie.
Wat jy doodeenvoudig nodig het is iemand wat kan help. Dalk net om deur die stories in jou gemoed te werk of dalk met medikasie. Sonder hulp gaan dinge in elk geval nie beter gaan nie.
Jou huisdokter is ‘n goeie begin. SADAG (080 056 7567) en LifeLine by (086 132 2322) is twee goeie beginpunt.e wat jou na sielkundiges, psigiaters en terapeute in jou omgewing kan verwys. Kyk ook op ons Hulp-bladsy vir kontakte. Daar is byvoorbeeld spesifieke hulp vir lede van die Polisie.
Onthou ook dat daar gratis hulp beskikbaar is by plekke soos LifeLine.

Lees ook gerus http://www.sadag.co.za se webblad. Dit is ook propvol praktiese leiding en goeie hulpbronne … alles gratis sodat jy jouself kan help.

Vir baie mense bring dit verligting en perspektief om neer te skryf hoe hulle voel. As jy een is gaan na *Vertel jou storie *hier* (bo-aan die webwerf) en skryf jou hart uit.

Advertisements

4 thoughts on “Is jy depressief?

  1. Eks n 21 jarige dame. Ek weet nie meer hoe om te voel nie. Eks dood moedeloos. My pa is die koster van [….] kerk in die Paarl. N baie “gelowige man” (dis hoe hy voorkom). Ek kom vandag, Sondag 3 Januarie, by die huis aan met my pa in n snaakse bui. Heeltyd moeg en vaak. Hy loop later in die straat af na n tannie se huis wat hy oppas. Die tannie is oorsee. Daar het n jong kleurling dame aan ons deur kom klop. En gevra dat sy my pa soek. Sy kom haal haar geld van die vorige aand. (Nie my ma of broer is by die huis nie. Hulle is met vakansie. My pa is alleen in die aande by die huis in die Paarl en ek by my kerel in Stellenbosch). Ek het haar gevra om my te se wat aangaan en hoekom sy alleen hier was. Haar antwoord was simpel: “dit het niks met jou te doen nie. Ek kom haal net my geld”… Ek gee my pa n luitjie en al wat hy kan se is ek moet stil bly hieroor en ek moet uit sy sake bly. Hy was veronderstel om die vorige aand by sy suster in Wellington te gaan kuier het. Ekt haar geskakel en sy se dat hy nooit opgedaag het nie. Gee my asb raad? Ek is in n toestand. Trandedal en bewe van deurmekaar wees… Asb??? Enige raad?? Wie moet ek se? Wat se ek? Wat doen ek?

  2. Ek sal graag my storie wil vertel – wat kan die problem wees? – is dit stress spanning of iets anders? Ek was 9jr op Venlor anti depressante maar in die 9jr het ek so duiselig/dronk begin word + met tye n vreeslike wanbalans begin + visie van my oe swak voel of dit in my kaste draai!! Ek het n psigiater gaan sien wat my afgehaal het van Venlor en na 6 mde af – nogsteeds dieselfde met dit gaan my vingers + tone dood + tong alles bewe so onder my vel en kan nie snags slap nie- as ek die muis van my computer vashou begin my r/hand so bewe!! Ek wil nie eers in die strate loop nie ek loop val-val ek was al by drs en drs en spesialiste en spesialiste maar niemand kan uitvind wat fout is nie enige 1 kan raad gee of oorsaak uitvind nie!! Enige iemand dalk raad of wat staan my te doen!! Party mond so n slegte smaak!! Toetse van alles gedoen!! Baie dankie. Liza

  3. Dis makliker gese as gedaan. Om hulp te kry,ja dis reg: bel `n dr, maak `n afspraak en gaan praat.
    Maar om die regte een te kry wat jou kan verstaan – dis die problem
    Ek was al by 4 sielkundiges en hul verstaan … maar verstaan hul jou werklik?
    Dis nie altyd maklik om openlik met iemand te praat nie oor daai klein seer dinge wat jou die ergste vang nie. Ek kan nie altyd als in woorde se hoe ek voel nie. Maar my telling in jul vraelys was 71.

    • Kopdolla:
      Michelle, jip, ek weet waarvan jy praat. op die ou end is dit ‘n kwessie van ‘the buck stops here’.
      Al wat ek kan se is dat ons te min terapeute het en dat baie van hulle onbekostigbaar duur is.
      Maar mens kan ook mens self help. En jy het dit in jou.
      Kyk, net die feit dat jy al klaar insig daarin het dat jy depressief voel beteken dat jy ook ie vermoe het om dieper en verder te dink – wat niks kos behalwe bleddie harde emosionele werk.
      Wat van jy soek ‘n ondersteuingsgroep en werk saam met hulle deur daardie klein jakkalse? Predikante, sielkundiges en dokters weet dikwels waar sulke groepe is. Of soek op die internet rond.
      Nog ‘n voorstel – die een werk vir my self. Gaan lees die boek Stop Thinking … Start Living van Richard Carlson.
      Natuurlik ka jy ‘n antidepressant probeer. Maar onthou hulle werk net as jy ook werk. Hulle gee jou die moed om te werk en te cope maar hulle los nie die probleme en attitudes op nie. Dis hoekom ek se gemoedsgespmdheid vra net soveel oefening as fiksheid.
      Ek glo jy is een van die wat ‘n plan kan maak.
      Sterkte

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s