Black Swan ‘n 5ster moet sien fliek

Wat ‘n fliek! Dit gaan oor psigoses en obsessies en daardie twee kante van mense waarmee bipolere so sterk kan identifiseer. Die wit swaan, die swart swaan en die stryd wat tussen die twee woed om die oorhand te kry. Als in een lyf, in een mens se kop

Daar is ook ouerdruk en selfdruk en groepsdruk, seks om te manipuleer en te inspireer.

Dis nie ‘n maklike fliek nie – g’n stuk balletromanse wat van die liefde tussen die tipies onmoontlik mooie manlike danser na die chorus line ballerinatjie en hul melodramas pirouette nie.

O nee. Nina oefen te hard. Nina skeur aar naels tot in die lewe in. Nina kan nie stres hanteer nie. Nina is broos. Nina droom. Nina se verbeelde werklikheid lyk so na aan die werkliheid dat sy die twee verwar – en jy ook.

As jy self sukkel met psigoses en wil he jou naastes en liefstes moet verstaan waardeur jy gaan en hoe dit vir jou is neem hulle na die fliek. Hulle MOET eenvoudig daar uitstap met bietjie meer insig.

Laat weet as julle dit gesien het – en wat julle gedink het?
*Sal Nina oorleef of nie? Wat dink jy van die slottoneel?
*Kan ‘n fliek ooit die realiteit van depressie, pisgose, bipoler, obsessie en so aan vasvang? Of bly daar vals note wat hinder?

Gesels hier