Verstaan die soorte antidepressante

Antidepressante – waarop is jy? Hier is ‘n kort oorsig.

Dis ‘n ou-ou kwessie: jy gaan die mediese roete en jou dokter skryf ‘n pilletjie voor … en toe werk dit nie. Drie dinge voor jy besluit sy pilletjies werk nie:
* Dit neem minstens drie weke voor jy ‘n verskil opmerk; gee dit behoorlik kans.
* Daar is verskillende klasse antidepressante; jy sal moontlik beter vaar op ‘n ander klas.
* Depressie die simptoom wees van ander siektes soos ‘n onderaktiewe skildklier. Gaan terug, en laat die saak verder uitsorteer.

Hier is die klasse antidepressante. Onthou daar kom gereeld nuwes by – die lys is in 2010 opgestel:

SSRIs
Hierdie klas word onderverdeel in verskillende groepe, wat elkeen sy eie voordele inhou, naamlik:
Fluoksitien (Prozac, Nuzak en Lorien, Prohexal) wat vir gewone depressie gebruik word. Na dertig jaar se gebruik is dit die beste van almal nagevors en word dit as uiters veilig beskou.
Sitalopraam (Cipramil, Adco-Talomil, Cilift) Hierdie een word veral voorgeskryf as jy ook angstig is.
Essitalopraam (Cipralex, Lexamil) wat baie mense meer doeltreffend ervaar as die sitaloprame.
Sertralien (Zoloft, Serlife) veral vir mense met angs, sosiale fobie en post-troumatiese stres, PMS en obsessief-kompulsiewe gedrag.
Paroksitien (Aropax, Paxil, Deparoc) Hulle word veral voorgeskryf vir mense met sosiale angs of ‘n prikkelbare derm. Mense hierop neig om makliker gewig aan te sit. Aropax en Paxil is nie geskik vir swanger vroue nie, omdat hulle abnormaliteite by babas kan veroorsaak.
Fluvoksamien (Luvox) Dit word veral voorgeskryf as die lyer se libido baie aangetas word, ‘n newe-effek van ‘n hele paar van die ander middels.

SNRIs (Efexor, Venlor, Cymbalta) wat veral gebruik word as die SSRIs nie werk nie

Ander nie-SSRI, nie-SSNI antidepressante
Mirtasapien (Remeron) wat veral werk vir mense met slaaploosheid en ‘n swak eetlus, omdat dit hulle lomerig en honger maak
Buproprioon (Wellbutin en Zyban) Hulle word gebruik om rookstakers te help, en werk deur die brein te stimuleer om die behoefte aan nikotien as stimulant uit te skakel.
Gemoedstabiliseerders soos litium (Camcolift, Quilonum), wat meestal gebruik word vir bipolêre depressie
Dopamienblokkers (Risperdal, Seroquel, Zyprexa en Geodon)

Hier is die ouer soorte wat nie dikwels gebruik word nie – maar tog werk en baie mense se net so goed as die nuwe duurderes:

Trisikliese antidepressante (Tryptanol, Trepilene, Anafranil, Prothiadin, Thaden) Hierdie klas was die heeleerste een van almal , en het van die 1950s af miljoene depressielyers gehelp, en hulle word steeds as net so doeltreffend as enige van die moderne middels beskou. Maar dis moontlik om te selfmoord te pleeg deur eenvoudig daarmee te oordoseer, en dus word dit nou nog net gebruik vir mense wat nie goed op die moderne middels reageer nie. Dis ook berug daarvoor dat dit gebruikers ‘n droë mond gee, hul sig aantas en hardlywig maak.

MAOIs (Depnil, Parnate)
‘n Klas wat veral werk vir mense met nie-tipiese depressie. Mense op Parnate moet kos met tirosien vermy, spesifiek kaas, avo’s, druiwe, rosyne, lemoene, soja in al sy vorms, gis en als waarin dit voorkom (soos bier en brood), rooi vleis, eiers, melk, sesamsaad, sjokolade en spirulina moet uitsny.

Kalmeermiddels (Die berugte bensodiasepiene, soos Valium, Xanor en Ativan)
Anders as die ander soorte medikasies werk hulle onmiddellik . Die nadeel? Jy kan verslaaf raak, en so gou as binne ‘n week of twee. Jou dokter sal hulle voorskrif net terwyl jy in ‘n krisis is maar beslis nie vir langer as vir ‘n paar dae nie. (En as hy een van dié is wat dit doen gaan soek ‘n verantwoordeliker dokter.)

10 thoughts on “Verstaan die soorte antidepressante

  1. My dogter het erge post traumatise stress. Sy was op serraoress en toe haar dokter weg gaan het n ander haar op zytomil gesit. Dit iscasif sy weer terugsak??

  2. hallo ek is carina en wil net wonder as jy nuzak vat wat maak dit aan jou my lippe bewe van angs ek weet nie meer watter kant toe nie ek moet my ma help maar ek is nie myself nie ek haat pilllllle
    dankie

    • Hi Carina, hoekom bewe jou lippe van angs en weet jy nie meer watter kant toe nie. Wat is fout met jou mammie ? Jy hoef nie pille te haat nie dit kan en is gemaak om te gebruik en beter te maak, dit word soms misbruik of afgemaak as n swakheid as jy dit moet gebruik. Dit is onnodig. Vertel asb in meer detail wat die probleem is,

  3. Ek drink 1 Citraz 10 Escitalopram elke aand, maar die volgende dag is ek doodmoeg en sukkel om aan die gang te kom.

  4. Ek wil weet of Apropax CR 12, 5 jou gewig kan laat aansit. Ek het ñ onderaktiewe skildklier en gebruik Eltroxin 0.1mg.

  5. Ek het altyd Epleptin 300mg 4x n dag gedrink. Nou is dit nie meer beskikbaar nie en het dr Lyrica voorgeskryf. Waarvoor is dit asb? Die apteker praat van n pynpil. Ek kry nie my psigiater in die hande nie. Dit was n telefoniese versoek omdat Epleptin nie beskikbaar is nie en hy, sonder om my te sien die voorskrig ge-epos het. Help asb.

  6. Hi.Dr.
    Ek gebruik Nuzak al vir n paar jaar en dit werk wonderlik. Dit hou my kalm sonder dat ek aggessief raak. Sonder Nuzak is ek aggresief.
    Ek het nou my bril laat opgradeer ,maar ek weet nie of dit die Nuzak is of nie. Ek ondervind dat ek nie lekker kan lees nie dit lyk vir my in n mate dof.Ek het die oogkundige gese ek kan goed ver sien met die nuwe bril,maar naby sien nie want hy is effen dof.Sy beweer dat die nuwe bril baie goed is , Kan dit die Nuzak wees?

  7. Ek wil graag my storie vertel – ek was 10 jr op Venlor na n ruk op dit het ek n vreeslike wanbalans so n slegte visie van my oe gekry! Is gladnie Meniere Desease of Vertigo nie ek het al gegaan vir EEG’s scans was al by drs en drs sp[esialiste en spesialiste selfs by neuroloe en niemand kan uitvind wat fouyt is nie.. my huis dr het my so 1jr + afgehaal vd Venlor nogsteeds dieselfde dit is so erg dat ek val
    geen balans… ek kan nie staan sonder om iets vas te hou nie dit raak erg en glo noudat ek op gladnie n anti depressante is nie ek bewe vreeslik onder my vel bly moeg maar kan saans nie slap nie as my ek so begin bewe dan drink ek maar n A zor al wat help het enige iemand raad vir my? baie dankie

  8. Hi, ek is 5 maande swanger, voor swangerskap was ek op Nuzak, tu ek uitvind dat ek verwag het ek dit dadelik gelos, glo my d lewe druk my bq, dr het maandag vi my gese ek kan aangaan met nuzak, ek soek 2 opinie, gaan dit veilig wees?

  9. Qulonum skielik van die mark af, camcolit moet ek nou weer gebruik. Regtig newe effekte , meer dors en my hande pyn op handalms. Dr se mening, dit kan die “elektroiet” wees.
    Waarom is Quilonum van die mark af?
    Vepakking was perfek, twee twee, soos dit voorgeskrf is.
    Werking was perfek!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s