6 maniere om depressie by jou kind te keer

1 Bou positiewe interpretasies
Ons glo ons persepsies oor gebeure, eerder as die feite. As jou kind ‘n klasgebeurtenis baie negatief lees – daar is byvoorbeeld ‘n briefie rondgestuur wat sê hy ‘suck’ – verduidelik dat eintlik net ‘n paar ongemanierde kinders die briefie geskryf het en dat die res te bang of dom is om iets te sê. Help jou kind met begeleidende vrae insien dat dit nie ‘die hele klas’ of ‘almal’ is nie; dat dit met almal ‘n keer of wat in hul lewens gebeur; dat ander maats (en noem hulle by die naam), familie en jyself die diamant in hom raaksien; en dat sulke briefies jou en sy absolute minagting verdien.

2 Is jou kind gereed?
Verwag waarvoor jou kind gereed is. Hulle verloor selfvertroue as jy eise stel wat hulle nie suksesvol kan hanteer nie en waarin hulle keer op keer misluk.

3 Tel jou kind se totale druk
In hoeveel van jou kind se aktiwiteite word spanplekke toegeken, pryse uitgedeel, punte getel of vorderingsverslae gegee? Elkeen van hulle is druk om te presteer – dalk nie van jou af nie maar van die aanbieder. Te hoë verwagting breek kinders en skep ‘n teelaarde vir depressie.

4 Pas die skool by jou kind?
Die naaste skool of die mees vooraanstaande skool wat jy kan bekostig is dalk nie die beste vir jou kind nie. Kies een wat by jou kind se vermoëns en persoonlikheid pas – kleiner getalle, gemakliker akademiese standaarde as jou kind nie ‘n toppresteerders is nie, ‘n skool wat nie op sport fokus as jou kind geen sporttalent het nie.

5 Waarmee is jou kind besig?
Depressie sal ‘n kind aftrek wat ure aaneen negatiewe dinge lees soos ‘fuckmylife’ via mixit waar die een storie van mislukking op die ander gepos word. Dieselfde geld party TV-programme, rekenaarspeletjies en donker musiek. Speel doelbewus vrolike musiek in die res van die huis, gesels oor opwindende dinge, skets vir jou kind ‘n lewe van optimisme

6 Hou jou kind aan die praat
Jou kind sal makliker gesels as jy nie met elke tweede sin raad uitdeel en teregwys nie. Frases soos ‘O regtig?’, ‘En toe?’, ‘Ma is so trots op jou’ en ‘Is dit?’ is towerwoorde wat kinders aan die praat hou.
Eet aan tafel Jy sal verbaas wees hoeveel meer julle gesels as julle om die tafel sit. Kom as voorbeeld vir jou kinders in die gewoonte om ietsie te vertel wat jou vandag laat lag het of gefassineer het. Moet dit tog net nie ‘n kla-sessie oor jou werk maak of so fanaties die kinders tafelmaniere leer dat almal in trane is nie.

Advertisements

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s