dokters en hospitale en mediese fondse laat ons in die steek

Anoniem says:
Jong waaroor ek wil gesels is maar `n ding wat swaar op my hart lê: wat gaan aan met die medici van SA – staat of privaat? Is `n dokter se werk nie om mens gesond te maak nie, en nie meer te skade te doen nie? Waarom moet dit `n mens in plaas van 2 opinies 4 vra? Ek het altyd gedog (weet wat dog gedoen het) `n kruis verteenwoordig redding? Waarom sit mediese plekke en hospitaal die kruis op hul wapen en kan nie perform nie?
Dieselfde met die slang. Was die bronsslang nie juis daar om die Israeliete van genesing te verseker nie?
Dokters vra `n plaas se prys en dan het hulle die vermoee op jou hoop vlenters te trap.
Ek wil graag ook weet waarom het mens vandag medies, maar elke 2de dokter is uitgekontrakteer, en waarom moet mens `n adminfooi betaal as die ontvangsdame nie eens bereid is om die mediese fonds te bel vir magtiging nie. Is dit dalk vir die dokter se penne en boekies??
Dan wil ek ook weet wat se kwalifikasies het die mediesefondse om sekere goed af te keur veral dit wat eintlik goedgekeur moet word. Is dit nie hulle werk om net die fonds te administratreer nie? En is dit nie aan die einde van die dag MY geld nie?
Een van die dae gaan `n mens net `n hospitaalplan uitneem en `n goeie kredietlkaart, want of die medies betaal nie of hulle keur nie PMB-kwale goed nie of daar is net nie genoeg fondse nie…
Hulle hou jou hande en die dokter se hande vas en daarom kan jy nie eintlik gesond word nie.
Dan die ding van ongeneeslike siekstes, waarom kan dieselfde tyd en geld nie aan `n oplosing spandeer word nie? Wat het geword van waar `n wil is, is daar `n weg?
Is daar nog hulp iewers nog goeie dokters?
Deesdae gaan mens hospitaal toe en ja hoop om beter daar uit te stap net om uit te vind jy het iewers `n bloedklont, of jy is diabeties of dalk met `n arm of `n been wat afgesit is of erger – terwyl jy het jou hoop in die dokter geplaas het.
Soms stap jy gesond in en word later deur avbob uitgstoot.
En jammer sekere hospitale mmm …. moenie dink dit gaan beter is sekere hospitale omdat hulle in rykmansgebied gelee is nie.
Ek is jammer om dit te sê, maar lyk my `n mens se lewe is van geen waarde vir `n ander nie. Ek het so baie om te vertel en so ongelukkig met dokters dat dit vir my eintlik moeililk is om hul weer te vertrou. En glo my ek het al alles prober – nog net nie die toordokter of die veearts nie.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “dokters en hospitale en mediese fondse laat ons in die steek

  1. dis belaglik om vandag R294.00 vir dr te betaal vir nie eers 10-min maar as jy afspraak wil he moet jy weke wag,of hul is vol .kom jy daar dan is aar byna niemand in wag kamer nie maar hul is vol bespreek,dr`s buit ons it,`n psigiater R600.00 vr `n half tot 3/4 uur

    • Afgesien van die baie geld. Doen net immers jou werk. Deesdae is daar meer foute. Jy gaan vir `n eenvoudige operasie eindig op in ICU en party gevalle gaan jy dood, die afgelope week van 2 mense gehoor waar daar so droog gemaak is en die foute word net eenvoudig onder die mat gevee. Gaan `n mens nie dokter toe om gehelp te word nie. Dan wil ek ook weet daai baie pille wat gegee word is dit enigsins goed vir jou lewer en niere. Party gevalle word jy huistoe gestuur met baie pynstillers en sê die dokter net eenvoudig dit kan tot 6 maande neem vir die pyn om op te klaar en jy het `n abses in jou heup en na 3 besoeke by jou dokter vind uit jy het kanker in jou heup – rerig. Ek self was in die Hospitaal vir toetse `n week, net om uit te vind wat ek reeds vir die dokter gesê het wat die probleem is. Op my bloede wys daar is goed waarvoor ek eintlik voor getoets moes word en nooit getoets was nie. Later moes ek vir `n operasie gaan net om uit te vind dit kan `n jaar tot 2 neem voordat ek sal reg kom, moenie glo ek het presies nog dieselfde simptome as wat ek gehad het voor die operasie, waarom sê die dokters dit nie voor die tyd vir jou nie, maar jy is neuroties (vertel die dr die hele hospitaal deur). Jy weet wat jy in jou liggaam het voor die tyd. En dan is daar daai ding wat my griewelik omkrap, jy word heen en weer gestuur van een dokter na `n ander. Ag kom ons trek gou gou bloede, nee nou gaan jy gou vir xtrale o nee nou moet jy `n chirurg gaan sien ens ens ens- WAT GAAN AAN, hoeveel geld dink jy het ek? Dan gaan jy vir bloede wag 3 weke net om te hoor jou bloede is aangestuur vir jou dr en jou dr weet van niks, maar jy moet R10000 plus uit jou sak betaal en weet nog steeds niks. Regtig kan iemand nie ingryp met die medici situasie nie, of is dit nou maar `n geval van betaal my, maar jy het `n siekte wat ek nie kan genees nie en ek het nie antwoorde nie. Dan wil ek weet as dit die geval is sal ek jou liefs betaal wanneer jy `n antwoord het. Ek dink hulle doen dit aspris, want daar is mos geld om te maak. Ons praat van `n mens. Ek wonder net die dokters wat kwansuis so vol bespreek is werk hulle nie met `n plan nie, veral ons wonderlike chirurge. Ek het al agtergekom ek daag op `n Maandag daar op sjoe, die dokter is besig tot daai aand 9 uur, Dinsdae weet ek hy opereer, gaan op `n Woensdag soontoe daar is niemand, wonder of hy die hele dag golf speel, verneem Donderdae is hul net halfdag daar en Vrydae dink ek, hulle is glad nie daar nie hou lang naweek, wonder met wie se geld, maar vanaand trek jy jou kombersie oor jou kop en sê ek het my beste gedoen, weet nie hoe sus jy so `n gewete nie. Dokter ek wil weet wat as jy in my skoene gestaan het.

  2. Kopdolla:
    Jy vra my verniet.
    Ek wonder hoeveel stories kan ons bymekaar maak, dink jy?

    • Die beste van alles is waarom onderdruk dokters net simptome en behandel nie die oorsaak nie? Soos wat help dit ek staan op `n spyker en word die hele tyd panado gevoer? Moet jy nie gaan vas stel en die oorsaak behandel nie?
      En vir wat gaan jy op `n ander dokter se default, soos as die een ou gese het dis wat jy makeer dan is dit, dit jy doen nie self moeite nie duh?? Dit kos my maar net `n paar rand en dis te maklik wat is dan die doel van `n 2 de opinie.
      En dan praat ek nie eens van die ding van “ek het nie `n quick fix nie maar stick with me en ek sal jou reg kry”?????? Hoekom sê jy dit nie voor ek betaal ook nie….wonder maar net, dan kan ek net sowel betaal wanneer jy klaar gefix het, want ek het ook nie `n ‘quick’ bankrekening nie.
      Dokter, ek werk nie soos `n kar nie. Jy kan nie net myle bly uithaal en uithaal, soos bv ons kyk nou of dit dalk die “waterpomp” is? Of die “petrolpomp”. O sorry, miskien is dit die brieke?
      Ek wat die pasient is, is `n mens en het `n hart ek het gevoelens. Ek wil bly hoop, so wat nou? EK IS NIE `N ROBOT NIE of nog beter `n lab rat nie.
      Maak ‘n plan, magtig!
      En dis nou nog `n ander ding: ek sien hulle het nou `n robot by `n sekere hospitaal gekry wat kwansuis die dokter gaan help opereer – NEE MAN, hoe lui wil die dokters wees vir so baie geld? Of o ja, iemand moet sy vakansie by die see betaal en sy kind deur universiteit kry terwyl ek bankkrot speel.
      Is dokters nie maar ook soos diensverskaffers nie???

      • Kopdolla:
        Jy’s reg. Hulle IS diensverskaffers, net soos ‘n elektrisien of pick ‘n pay. Dus as jou dokter nie omgee nie los hom. Daar is ander ook. En ja, jy MAG rondshop vir die beste fooie. Hy werk vir jou, nie anders om nie.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s