My seun probeer al 3 jaar lank selfmoord pleeg

Goeie dag. Ekt n pragtige seun wat al vir 3jr probeer selfmoord pleeg . Hy was al by Vista. Was gister in motorongeluk en is tans by my. Ek het dringend nodig dat n psigiater met hom kan praat. Meeste psigiaters het ‘n waglys. Seen. Annette

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “My seun probeer al 3 jaar lank selfmoord pleeg

  1. Hi Anette! Ek is n terapeut wat werk met tieners wat emotioneel swaarkry. Ek stem saam met wat bo genoem is, dat n psigiater medikasie kan voorskryf. Ek stel voor dat julle dalk eers die emosionele kant probeer uitsorteer, omdat sekere medikasies sekere emosies kan onderdruk. As jy egter dalk net n bietjie wil gesels en meer wil uitvind kan jy my skakel. My naam is Debbie en my nommer is 084 905 6999.

  2. S:
    Annette, hoewel ‘n psigiater jou kind kan help met medikasie kan ‘n sielkundige hom onmiddellik help met ondersteuning. Sielkundiges werk gewoonlik saam met psigiaters en sal beslis kan help dat jou kind as ‘n noodgeval binne ‘n dag of so by ‘n psigiater inkom. Vra jou naaste dokter vir ‘n verwysing na
    ‘n sielkundige, as jy nie self weet waar om een in die hande te kry nie.
    Medikasie is belangrik maar baie keer het mense ook geweldige emosionele pyn – en daarvoor help ‘n pilletjie nie. Issues moet verwerk word – waarmee sielkundiges, beraders en soortgelyke terapeute die vaardigste is.
    Baie sterkte – ek dink aan jou – ek weet dit is baie veeleisend om heeltyd iemand anders regop te hou.

Gesels hier