Buierig? Of Bipoler? Of grenspersoonlikheidstipe?

Anonieme Verloofde:

Hi,

Ek is al twee jaar verloof met die wonderlikste man ooit en vir beter kon ek nie vra nie. My bekommernis is net dat hy n gesplete persoonlikheid het wat my laat wonder of dit nie dalk bipolar kan wees nie. Een dag dra hy my op sy hande en kan nie genoeg se hoe lief hy my het nie dan as ons stry oor iets, is hy die teenoorgestelde en net sy opinie tel. Ek kry nie n kans om my kant van die storie te vertel nie. Hy luister nie en maak sy eie storie op oor my opinie oor n saak wat gladnie waar is nie. As ek wel my se wil se, ontplof hy, beledig my, jaag my weg en se hy haat my. Ek staan hom deur dik en dun by en neem als wat hy se nie meer ernstig op nie maar tog diep binne my maak dit vreeslik seer. Ek het vreeslik baie geduld met hom. Hy is baie ongeduldig en raak gou geirreteerd met iets. Ons lewe maar volgens sy buie. As hy so is bly ek stil en hou my afstand want soos ek se, ek kan nie met hom oor probleme praat nie of oor hoe ek voel nie. Ek is baie lief vir hom en wil hom nie verloor nie want die mooi kant van hom is so perfek en hys so goed vir my. Ek ly baie daar onder en soms haat ek myself want as hy so is, kritiseer hy my lelik en sien net sleg in my? Dan haat hy my en dan lief hy my? Als maak my so deurmekaar en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek is n baie goeie vrou vir hom en doen alles vir hom. Dit kan soms vir dae wees wat hy so is en dit veroorsaak n stywe atmosfeer in die huis. Ek’s raadop ! Is daar enige raad? Help asb!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “Buierig? Of Bipoler? Of grenspersoonlikheidstipe?

  1. Baie dankie S, ek sal na Maart maand se uitgawe uitkyk. Als is kompliseerd. Ek het kids van my x en ook sy seun. Die ma van sy seun het geen kontak met haar kind nie en wil ook geen kontak he nie vir die afgelope 6 jaar. Niemand weet waar sy is nie, soms hoor ha ma van haar maar dis al. Sy is diep met drugs betrokke. My verloofde se seuntjie het my aangeneem as stiefmamma en kry die sekerheid wat hy van n ma soek so eks ook daar vir hom. My verloofde is baie hardwerkend. Soms as hy tuis kom en n slegte dag gehad het, begin hy te huil en eks daar vir hom. Soos ek se, weet ek nie of dit bipolar is nie? Ek vermoed so? Hy het baie goeie eienskappe aan hom en ek glo nie hy neuk rond nie. Hy het defnitief ander issues. Ek het al baie daaraan gedink om hom te los maar is dit regtig n goeie oplossing om op iemand op te gee vir wie jy lief het? Hy is nie die tiepe wat sy hande vir n vrou sal lig nie maar we’ll met woorde af kan breek. Ek voel soms so moedeloos dat ek myself aan die slaap huil maar diep binne weet ek wat hy se nie waar is nie en ek nie so is nie. Ek porbeer die sterker een te wees maar kan ook nie altyd die sterker een wees nie. Ek het ook gevoelens en het ook liefde verdien. Sy gesplete persoonlikheid maak my baie deurmekaar en dit laat my wonder of hy regtig lief is vir my of nie. Hy het baie goedheid in hom en dis waarna ek kyk. Daar is tye wat hy my op sal eet van liefde en op hande sal dra. Hy sal dan vir dae lank se hoe lief hy my het en my met komplimente toegooi maar dan verander als aan n nagmerrie as oor iets stry en hy nie ooreenstem nie of ek dalk net wil oopmaak oor goedtjies wat my pla. Ons almal het foute en ek het my foute. Soms het ek ook n slegte dag en slegte bui maar dan voel dit vir my asof hy my nie so kan aanvaar nie en ek perfek moet wees. Hy bly weer vir mmy se dat ek sielkundige hulp nodig het. Ek het hom gese ek sal gaan vir behandeling maar of hy ook een of twee sessies saam met my sal bywoon net dat hy ook by een kom maar hy wil niks weet nie. Ek weet ek sal hom nie kan help nie en lewe maar volgens sy buie en hou maar my afstand as hy sy slegte bui het. Ek weet regtig nie meer nie. Hy is n baie baie goeie pa maar doen dit ook met sy kind. Gaan dit n uitweg wees as ek hom los of kan ek net n voorbeeld vir hom wees en deur my gedrag en geduld hom dalk laat dink en verander? Jammer as ek so deurmekaar skryf maar dit kom uit my hart. Baie dankie vir julle raad, ek waardeer dit opreg

    • Kopdolla:
      Liefie, gaan op jou EIE na ‘n sielkundgie toe JY het ondersteuning en ‘n mentor nodig. Neem dit daarvandaan en kyk hoe sake ontwikkel. Jy is sterk, maar kyk na jouself. Die eerste stap is om ondersteuning te kry. Twee koppe is beter as een! Sterkte,en kom vertel as jy klaar die artikel gelees het of dit is wat jy sien? As dit is kan jy nogals met ‘n bietjie leiding die verhouding aandurf.

  2. S: Sjoe jong, dit klink vir my al te veel of daar ‘n gemoedsiekte hier ter sprake is. Jy kan gerus uitkyk vir ons Maart uitgawe. Ons gesels daarin oor Grenspersoonlikheidstipe. Nie dat ek ‘n lekediagnose op die web wil of durf maak nie. Maar wat ek wel wil se is dat jou verloofde net kan baat by die hulp van ‘n ervare sielkundige wat hom insig in sy eie gedragspatrone kan gee en kan help met medikasie en/ofgedragsterapie. Anders gaan jy baie swaar kry – en waarskynlik later self ‘n knou kry. Julle MOET professionele hulp inroep.

  3. Kopdolla
    Is jy laf? Dit gaan net erger vorentoe gaan. As ek jy is klim ek uit die verhouding uit, terwyl jy nog sonder kinders is. Hoe dink jy gaan kinders voel om van kroonprins of kroonprinses na straathond gegooi te word? Hoe maklik gaan dit in elk geval vir jou wees om jou ewewig te behou mettertyd? Dit is soos branders wat teen ‘n muur slaan: een of ander tyd kalwer daardie muur – jy – in.
    Kyk, jy het twee opsies:
    Jy los hom – wat ek dink is die wysste. Laat hy maar iemand anders se lewe opneuk. Daar sal wel iemand jou raaksien wat jou liefde sal waardeer.
    Jou beste volgende opsies is om vir hom te se dat sy buie jou vang en dat jy baie lief is vir hom en dat jy hom nie sal verwerp nie maar dat julle net met die verhouding kan voortgaan as hy eers ‘n sielkundige gaan sien, wat sy emosionele gesondheid evalueer.
    Eintlik weet ek nou al wat hy gaan doen as jy ‘n eis stel: hy gaan tantrum en elke een van sy streke uithaal.
    As jy hom tog wil help stel ek voor dat jy dan nou maar eerder self eers met ‘n sielkundige praat vir raad. Jy kan jou verloofde probeer oorreed om vir verhoudingsverryking te gaan – by ‘n ervare sielkundige, wat gou sal optel of daar ‘n gegronde rede vir kommer is en die saak verder sal uitsorteer.
    Maar om aan te gaan as sake so bly staan? Aikona! Net mooi glad nie, dankie.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s