Wat maak ek met my dogtertjie (5) se tantrums?

Naand ek het dringind hulp nodig. My dogtertjie is 3 jaar oud en sy is baie moedswillig , en soms baie moeilik !

Ek is besig om haar reg te kry vir GR.0 , maar sy het haar eie idees oor die lewe. Sy wil dinge haar eie way doen.
Ek straf haar gewoonlik deur haar speeltyd weg te vat ens, en soms gee ek haar n raps op die boud. Maar dan gooi sy ā€˜n tantrum ! Asseblief help my ā€“ gee my raad ā€“ wat kan ek doen om dit te voorkom ?

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “Wat maak ek met my dogtertjie (5) se tantrums?

  1. Dogtertjies is wonderlike wesentjies. As hulle ogies toe is en hulle le rustig en slaap weet ek hoe lyk n engeltjie want die prentjie is reg voor jou . Ek het die volgende geleer by my drie geleer :
    Hulle wil onverdeelde aandag he.
    Hulle wil self aantrek en self eet en self klim . Ek het hul n beperkte keuse gegee :
    “Jy kan kies tussen die rooi en geel broekie maar jy gaan kouse ,tekkies en hierdie rooi trui aantrek”
    Onthou jys haar mamma so jy kan besluit waar sy n keuse kan uitoefen en waar nie.
    Ek loop nou nog te vinnig vir hulle . Nou’s hul tieners en skraap die moed bymekaar en sal dan vir my se mamma loop te vinnig.
    Beplan n ekstra 10 min en maak roetine take soos hare kam en tandeborsel n event.
    Inkopie moet liefs gedoen word as hul maggies vol is en hulle nie dors is nie. Goeie raad was om na die botteltjies watter of pakkie marie koekies te loop en eerste vir hul te gee sonder dat hulle kans het om enige iets te vra as dit sou gebeur dat ons op spitstye kos moes koop. Hulle moes in die waentjie sit en klaar. Later kon hulle n klein waentjie stoot slegs as hul by my loop en net insit wat ek aangee.
    Hulle word moeg en hou nie regtig van inkopies nie.
    Jou Nee moet Nee wees en jou Ja , Ja, Soos n grammefoon plaat op dieselfde toonhoogte Nee , mamma het nee gese , hoor mooi mamma se nee. Sussie kyk vir my en se stadig Nee! Hulle leer gou jy gaan nie verander nie.
    My kwaai oog ! Ek het nou nog n Kwaai oog. Ek gebruik my vinger en trek my oog groot en dan weet hulle hiers moeilikheid.Gebruik jou visie : hou haar dop uit die hoek van jou oog.
    Ek glo nie aan n raps op die boud e n klappie daar nie. Sy moet weet waarom sy straf kry . Hierdie moet regtig die laaste uitweg wees en dus moet dit n harde een hou wees. n Flip Flop werk goed dit maak n groter geraas as wat dit seer maak. Tel haar op jou skoot nadat jy haar geslaan het en laat sy lekker huil dan verduidelik jy waarom sy pak gekry het en maak jul vrede.
    Twee bakkie met albasters werk goed. As jy soet is dan beweeg albasters na die soet bakkie en as jy stout is beweeg dit na die “stout” bakkie. As die soet bakkie op n seker vlak is dan gaan koop ons roomys of n soortgelyke beloning.
    n Plakaat op die yskas : waar sy soet gesiggies en stout gesiggies kry. Aand die einde van die week dan vier ons fees of ons gaan sit bietjie en jy huil saam met haar oor dit so slegte week was.
    Lees vir haar storieboek of vertel sommer n storie spandeer rustige tyd saam met haar.
    As daar n tantrum is gaan staan stil haal diep asem en besluit dan wat om te doen. Dikwels was dit my haastigheid en stress wat ek op hulle geprojekteer het. Soms moet jy hulle net ignoreer.
    Moed hou, hulle bly die grootste geskenk wat ek nog ontvang het.

    • Naand dis regtig baie goeie raad , baie dankie ek gaan my bes proebeer en paar dinge virander , jy klink na u baie goeie mamma šŸ˜‰

Gesels hier