Ek wil nie my suster wegjaag nie maar ek kan nie vir haar sorg nie. Wat nou?

Yinyang Girl

Help my dringend met raad asseblief

My suster het onlangs haar werk bedank omdat sy en haar baas nie met mekaar oor die weg WOU kom nie en sy het ook nie n ander werk nie. Nou moet ek vir haar sorg op n klein salaris daar is niemand wat help nie. Ek wil bitter graag my goed vat en loop, maar ek twyfel of dit die regte ding is om te doen. Sy se ook lelike dinge vir my wat my lelik seermaak en ek moes baie dinge al opoffer net om haar sin te gee. Sy blameer my vir alles wat fout is met haar lewe. My familie kan ook nie help nie. Wat moet ek doen? Ek kan nie meer so aangaan nie. Gee raad asseblief.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

Gesels hier