Ons eie Mona Lisa … vertel jou eie Vrydagmiddag storie hier!

Marieta Darlow Gagianao:

“Sit net so, Mevroutjie. Ek is amper klaar…” Vrou: ” Dis wat jy al twee ure terug belowe het, my wasgoed gaan nou-nou natreën, ek moet nog gaan kosmaak voor my man tuiskom, want ek het die bediende die dag afgegee, want ek het nie geweet jy is gay nie en ek moet regtig dringend gaan pie-pie, soos in nou en jy gesels al heel-oggend net oor kleure en die meng daarvan en my kop is nou bitterlik seer en ek is so, so spyt ek het ja gesê vir hierdie grap, want ek sit al die laaste drie ure die niks instaar terwyl die wind die reënwolke mooi bymekaarwaai bokant my oorvol wasgoed-draad. Asseblief, maak nou klaar!” Man: “Daar’s hy Mevroutjie, hierdie gaan beslis altyd bekend staan as my meesterstuk, kom kyk Mevrou hoe ek u sien. Mevrou ek gee u La Giaconda! Mevrou, waar gaan u dan nou heen?”

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ons eie Mona Lisa … vertel jou eie Vrydagmiddag storie hier!

  1. Lekker gelees en nou lekker geglimlag – ek ken die gevoel!!!Ek wens jy wil die La Giaconda oplaai – dat ons kan sien hoe ons eie Mona Lisa lyk!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s