Dis net kop omlaag, glimlag vir almal en veg jou weg deur die lewe.

Hi Salome en ander.

Ek het baie lank terug geskryf, want dit het eintlik begin goed gaan met my. Maar nou ja, hier sit ek weer met my hande in my hare. Ek dink konstant aan selfmoord, ek sny weer. Maar ek hou aan veg. Hoekom moet die lewe so moeilik wees? Hoekom kan ding nie uitwerk soos mens dit wil hê nie? *huil*

Ek dink tog ek sal weer hier uitkom. Ek is tans besig om ‘n nuwe manuskrip te skryf en hou ’n joernaal. Ek is ook mal oor poësie en dit gee baie uiting. Miskien is dit maar net dié tyd van die jaar. Ek moet net moed hou. Ek voel net vasgevang in hierdie wêreld waarin ek nou lewe en nie waarin ek wil lewe nie. Maar als kom met tyd en harde werk. Dis net kop omlaag, glimlag vir almal en veg jou weg deur die lewe.

Mooi aand vir julle almal. Blessings Ingrid

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Dis net kop omlaag, glimlag vir almal en veg jou weg deur die lewe.

  1. 5 Responses to “Soek ons net simpatie? Nee – nie ek nie. Beslis nie.”
    jacomien
    2012/01/18 at 6:12 nm Edit # A change is as good as a holiday
    Ek dink nie die skrywer van hierdie spreekwoord het mooi gedink voor hy dit neer geskryf het nie.
    Ons verkoop tans huis. My kinders gaan na n nuwe skool . Ek het my tuiskantoor van 15 jaar geskuif na n kantoorpark.
    Alles is mooi beplan en dinge rondom die skuiwe hinner nie soos wat my neef sal se.
    My gemoed is n ander saak. Vandag is my gemoed bo op die grafiek, more heel bo en die volgende dag sommer heel onder. Hierdie skommel is ook nie vir my onbekend nie. Die probleem is egter dat ek n controle freek tans is en poog om n lyn grafiek te he waar elke dag se gemoedstand reg in die middel is.
    Vanaand besef ek dis onmoontlik . Net soos wat dit onmoontlik is om die hoog water en laag water van die see te verander op n see vakansie. Die vakansie hang nie af van die see se hoog water en laag water maar die keuse wat jy doen en hoe jy dit doen . Die see vakansie waarop jy besluit het is ook nie n slegte besluit bloot omdat jy nie die hoog en laag water kan vernader nie.
    Wel tans poog ek om die hoog water en laag water te vernader na net water met dieselfde merk op die sand elke minute.
    Die verandering waarna die spreekwoord skrywer verwys, dink ek , is die andersheid van die vakansie omgewing en die andersheid van die dinge wat jy op vakansie doen.
    Is my change as good as a holiday. Ek weet nie my veranderinge is nog nie klaar nie . Net soos wat mens nie weet of n vakansie goed of slegs is voor die vakansie verby is nie.
    So die skrywer was reg a change is as good as a holiday. Soms is vakansies lekker en soms sleg .
    My gemoed skommel op en af omdat ek wil besluit of die vakansie goed of sleg is en ek het nou eers my vakansie bestemming bereik.

    Reply Lorien
    2012/01/11 at 2:28 nm Edit # Ag weet jy wat???????? Ek kry sulke mense jammer, want hulle is plein onnosel. Moet jou nie aan hulle steur nie. As hulle weet om n selfoon te werk, se hulle moet die woord bipolar gaan google. Baie sterkte!!!!!

    Reply Salome
    2012/01/11 at 11:55 vm Edit # Net so Hennie. Mense is onkundig. Maar after all is ons ook onkundig oor ander se kwale en kwessies.
    Die ding is net hulle glo darem hierdie ander goed het bestaansreg. Gemoedsiektes word sommer soos ipekonders afgemaak.
    Maar ons sal hulle opvoed en leer. Onthou jy dalk destyds hoe niemand wou erken hulle het kanker nie? Toe begin mense daaroor praat en vandag is dit g’n skande nie.
    Dalk ook om redes soos dat kankers vandag behandelbaar en geneesbaar is. Maar so is gemoedsiektes mos ook.
    Wag net – tien jaar van nou gaan mense verstaan!
    Ons moet maar net vir hulleleer en wys hoe ons die ding so goed as wat ons kan hanteer.
    Sterkte!
    Salome

    Reply
    Ronel
    2012/01/16 at 3:56 nm Edit # Hi daar,

    Ek is 10 jaar terug gediagnoseer en die mense naaste aan my is steeds die mense wat my die seerste maak. Hulle wil nie weet van die siekte nie, ook nie die genetika nie.

    Nie dat ons op met medikasie moet saamleef nie. Dat daar dae kom dat dit ‘n effort is om jou tande te borsel nie.

    My gevolgtrekking is, kom ons wees oningelig dan hoef ons nie die realiteit in die oë te staar nie.

    Baie sterkte

    Reply
    Salome
    2012/01/18 at 8:01 nm Edit # Jip, dis hoe mense dink … Ek hou van een van Steve Jobs se se-goed: “This is easy – but is it good?”

Leave a reply to Salome Cancel reply