Psigiaters, Sielkundiges en Beraders

Die name hier onder is nie ‘n aanbevelingslys nie. Dit is slegs ‘n lys van erkende praktisyns, organisasies en ondersteuningsgroepe. Hoewel ons oordeelkundig name lys gebruik u terapeute op ons lys volgens u eie oordeel. Ons waarborg geen terapie of terapeut nie.

SIELKUNDIGES

Kaapstad:

James de Villiers (doen ook Hipnoterapie) 021 559 6400

Linda Schoeman 021 976 5326

Paarl:

Anita Jones (opvoedkundig) 083 292 2414

Johannesburg:

Colinda Linde 011 783 0241

Nick Davis 082 560 5286

Pretoria:

Sadie Foerie 012 993 3478

Grahamstad:

Lisl Foss 082 921 0026

Adele van der Merwe 072 279 7952

Lydenburg:

Karien Naude (opvoedkundig) 013 235 4959

Potchefstroom:

Adilla Janse van Rensburg 012 993 3478

Limpopo:

Lizette Rossouw 084 245 0643

PSIGIATERS

Kaapstad:

Juan Schronen 021 914 3000

AC Kelly 021 423 0744

Johannesburg:

Psichiatriese Kliniek 011 792 9400

BERADERS

Kaapstad:

Truida Heymann 021 788 9970

Bloemfontein:

Marietha Ackerman 051 444 5283

15 thoughts on “Psigiaters, Sielkundiges en Beraders

  1. Hello ja ons soek iemand wat my seun kan help hy soek n sielkundig of enige iemand wat in daai lyn kan help hy is agresief maar net wanner hy alkohol drink nou voel hy om metiemand te praat

  2. Help en weereens help! Is daar tog net een persoon wat bereid is om my te help, waar begin ek. Is 32 jaar getroud en drie jaar terug het alles in mekaar geval.my storie lank

    • Hallo jong, vertel gerus jou storie hier. Die idee is juis dat mens klarigheid kry as jy alles in volgorde neerskryf. Dit help jou die kernprobleem raaksien – en dan eers kan jy begin kyk na hoe jy vorentoe kan beweeg. So, laat hoor van jou!

  3. Hi ek is nou 3 jaar geskei. Ek het n wonderlikke 8 jarige dogterjie uit my vorige huwelik. Ek is nou so bietjie oor n jaar verloof aan n wonderlikke vrou wat ek baie lief het en is redelik jonger as ek en het nie kinders nie. Ek sukkel nog soms om my egskeiding te verwerk omdat ek skukdig voel teenoor my kind. Sy vat dit ook baie swaar en dink sy wil he ek moet terug na haar ma. My dogterjie kuier elke 2de naweek by ons en skool vakansies. My probleem is soms ek wil nie fout insien of eerder ek sien nie altyd die fout raak as my kind snaaks optree teenoor my verloofde nie. Bv sy is fantasties alleen met haar maar as ek by is is sy afsydig teenoor my verloofde. Moet by se my verloofde is baie erg streng en het reels. Omdat my verloofde n baie erg humeur het ook is sy baie streng en as my dogtertjie iets verkeerd doen dan bly sy die res van die naweek of vakansie kwaad vir haar en wil niks met haar te doen he nie. My dogtertjie is baie bang vir haar en maak haar soms nat as my verloofde met haar raas. Ek weet ek moet my dogtertjie leer en aanvat as sy iets verkeerds doen maar ek kan ook nie met my verloofde oor dut praat deur te se sy is bietjie kwaai of streng met my dogterjie nie. Dan is sy woedend vir my en se ek vat my kind se kant en kaat toe dat my kind tussen ons kom. Ek en my dogtertjie het n vreeslikke goeie band en ek baie sag met haar en wik nie net raas as sy by ons is nie want sien haar so min. My kind word anders groot gemaak by haar ma en my verloofde weer baie streng. Ek in die middel van als en weet nie hie om dit te hanteer sonder rusie nie want dan vat ek my kind se kant. My verloofde kan baie kiefdevol wees maar ook net so kwaai veral teenoor my kind. My kind sukkek met skookwerk en haar ma gee volgens my nie die nodige ondersteuning nie en as sy by ons is dan druk my verloofde haar geweldig oor haar skoolwerk dan sy in trane en bang vir my verloofde dan se my verloofde my kind het nie respek nie. Ja my kind is kind en maak ook foute maar my verloofde raas baie met haar bv oor tabde birsel en bed opmaak en so. Dan bky sy heeltyd kwaad vir haar as my kind vergeet en die manier hie sy raas is baie streng. Ek wik konflik vermy met die heke ding omdat ek nie wik he my kind miet net n bakky sien nie. Omdat sy nie die skeiding gied vat nie. Sy is kief vir my verkoifde en dan gaan dit soms goed en hul kan speel en grappies maak maar net die sensisiefste ding wat my kind se krap my verloofde om en soos ek se dan bly sy kwaad en se goed wat my binne seer maak. Dan us dit asif my kibd weer wegskram van haar en van vooraf bang. Ek wil net he hul moet mekaar se vertroue wen en liefdevol raak en n issue reg kan hanteer wat verkeerd is soms. Mekaar kan vertrou en dat hul na mekaar sal uitsien as sy kom kuier. My verloofde sal nooit skuld erken ook nie en kan glad nie met haar oor die goed praat nie of sy dan baie kwaad en se lelike goed veral oor my kind en dit maak my regtig seer. Ek soms bang om my kind vas te hou of te soeel want dan gee ek meer aandag aan my kind as haar volgens my verkoofde. En ek en my kind verlang na n pa en dogter verhouding en vermy dit eerder om rusie te vermy. Ja my dogtertjie is soms lelik of so met haar maar soos enige ander kind. Help my hoe moet ek dit hanteer en als orobeer regkry dat hul mekaar sal aanvaar en hoe moet ek met my verloofde oor iets praat sonder rusie of dat sy dink ek vat een se kant.

  4. Ek het ASB baie dringent raad nodig. Ek het n seun van 10 en n dogter van 6. Ek het nooit my seun Groot gemaak nie my our het dit gedoen. Hy was by hulle en by my sister hy het by ons kom bly toe is hy 9. Nou het hy in die exsamen vrastel gaan skryf dat hy hom will skirt en sy our en sy ouers en Jesus. Daarby het my man sy werk verloor en Moes o s na my ouers toe trek. ASB ek het raad nodig.

  5. Hi, my ma is n depressie lyer en is al vir n paar jaar op medikasie. Hierdie medikasie is nie effektief nie en ek wil haar graag na n professionele persoon neem wat n pad met haar kan stap. Ek glo die behandeling saam met die medikasie sal werk. Ek wil graag weet watter persoon in die noordelike voorstede van die Kaap ek kan nader vir hulp….watter sielkundige sal jy aanbeveel?

    Ek sal saam met haar gaan, maar is nie seker of sy wil gaan nie….hoe kan ek die situasie benader om te verseker dat sy instem om te gaan?

    • Sjoe jong, ek glo mos dat die persoon en die sielkundige met mekaar kliek. Dus beveel ek nie maklik iemand aan nie.
      Maar ek het darem ‘n paar wenke: vra haar dokter – die een wat die antidepressant voorskryf – wie hy/sy kan aanbeveel. Bel vooraf en bespreek met die dokter dat jy dink jou ma het ook emosionele kwessies om te verwerk.
      Jy kan ook mense soos predikante vra of hulle jou na iemand kan verwys.
      Oor hoe om haar te benader? JY ken jou ma beter as ek?
      Ek weet mense is onwillig – maar dalk kan jy iets vertel soos dat net soos mens met jou gesondheidsprobleme na ‘n dokter toe gaan gaan jy met jou hartsprobleme na ‘n sielkundige wat ‘n slag sommer net na jou luister en jou dalk bietjie mentor en help om vars te kyk na kwessies wat jou pootjie en keer dat jy voluit en gelukkig leef.
      Mense vind dit soms ook meer aaneemlik as jy met hulle daaroor gesels dat dit normaal is om gelukkig te wees. As mens nie meestal gelukkig is nie is daar te veel druk of onverwerkte emosies of sommer net verkeerde denkpatrone wat wat jou onnodig laat swaar kry.
      Wat vir my belangrik is is dat mense ook moet weet dat hulle na ‘n sielkundige gaan om te werk. Dit is amper soos om te gaan gim. Jy gaan nadink en soek na nuwe maniere van dink en doen met betrekking tot jou ou probleme. Jy gaan vorder in jou lewensreis. Ek weet dat baie mense dit om iherdie rede as ‘n sterk persoon se manier sien om ‘n probleem uit te sorteer. Gemoedswerk is nie vir sissies nie.
      Jy klink verstandig en na iemand met aanvoeling vir jou ma. Ek dink saam sal julle die saak aangepak kry.

  6. Ek soek raad met ‘n 9 jarige seun wat aan ADHD ly en onmoontlik is. My ma woon by ons in en ongelukkig bederf en trek sy hom voor (hy het 2 susters). Ek kan haar nie aanpraat as sy hom voortrek nie, want sy word dan kwaad en glo nie dat sy dit doen nie. My een dogter is ook oorgewig en doen nie so goed op skool nie My man glo nie aan sielkundiges nie. Ek is raadop.
    Annoniem

  7. Ek was begin April n slagoffer van n plaas-aanval. Ek slaap nie want ek kan nie rus vind in my siel nie. Dit was van so n aard dat my huismaat moes skiet. Ek het nooit hulp gekry i.t.v dit, en daar was twee verskillende gevalle wat by die buur kleinhoewes plaasgevind het. Ek soek asseblief help…ek bid en vra vir God om my die nodige krag te gee om elke nag aan te durf. Maar elke liewe aand as die son gaan sak vind ek myself luister na die geluide wat die nag hou buite. Ek wil nie meer my lewe vrees in die veiligheid van my eie huis. Help my asseblief…

  8. Ek het vir di eerste keer weer begin lief he,na my pa en ma se dood. Vir di eerste keer iemand so lief in so n manier wat ek aan nimand kan beskryf nie!! En dis amazing! Sy sien dit nie raak nie,verstaan dit nie! Ekt hulp nodig, dringend. Eks 33 en so verlore.

  9. Hello, sit my anoniem asb. ek studeer by ons kerk foundation of Faith
    in ons kerk ek geniet dit so baie, maar toe ons se ons gaan eksamen skryf het ek gese ek wil net dit doen om my Christelike verhouding met God leer want ek leer nou maar eers hoe God en Genade vir ons werk die wysheid en kennis. Ons het toe eksamen geskryf ek het swak gedoen want ons moet 85% en op ek is ver onder dit gewees, ek het geleer, maar ek is nou so hartseer teenoor myself omdat ek so swak gedoen het ek verwyd myself omdat ek God se woord so swak verstaan ek het ek het regtig so hard geleer maar tog stel ek myself teleur ook my dogter het ook met my gepraat en gese dat dit ‘n prestasie is al het ek so swak gedoen

  10. Goeie dag . Ekt n pragtige seun wat al vir 3jr probeer selfmoord pleeg . Hy was al by vista. Was gister in motor ongeluk en is tans by my. Ekt dringend nodig dat n psigiater met hom kan praat. Meeste psigiaters het n waglys. Seen Annette

    • Annette, hoewel ‘n psigiater jou kind kan help met medikasie kan ‘n sielkundige hom onmiddellik help met ondersteuning. Sielkundiges werk gewoonlik saam met psigiaters en sal beslis kan help dat jou kind as ‘n noodgeval binne ‘n dag of so by ‘n psigiater inkom. Vra jou naaste dokter vir ‘n verwysing na
      ‘n sielkundige, as jy nie self weet waar om een in die hande te kry nie.
      Medikasie is belangrik maar baie keer het mense ook geweldige emosionele pyn – en daarvoor help ‘n pilletjie nie. Issues moet verwerk word – waarmee sielkundiges, beraders en soortgelyke terapeute die vaardigste is.
      Baie sterkte – ek dink aan jou – ek weet dit is baie veeleisend om heeltyd iemand anders regop te hou.

  11. Ons is in ‘n situasie met ons oudste seun van 27 -soek raad met wie ons
    daaroor kan gesels -hopenlik ouer sielkundige wat groot kids het en in Pretoria woon Sal baie waardeer Dankie

    • S: Annemarie, daar is so baie soorte terapeute, wat dit baie moeilik vir my maak om jou na die regte sort een te verwys. Kan jy dalk eerste gaan na jul huisdokter of predikant/pastor, en verduidelik wat die problem is? Hy/Sy behoort jou dan verder te kan verwys na bv ‘n sielkundige, ‘n berader, ‘n life coach, ‘n maatskaplike werker en so aan.

Leave a reply to antoinette Cancel reply