Wat moet jy doen as jy vermoed jou pa het ‘n affair?

Eks n 21 jarige dame. Ek weet nie meer hoe om te voel nie. Eks dood moedeloos. My pa is die koster van [….] kerk in die Paarl. N baie “gelowige man” (dis hoe hy voorkom). Ek kom vandag, Sondag 3 Januarie, by die huis aan met my pa in n snaakse bui. Heeltyd moeg en vaak. Hy loop later in die straat af na n tannie se huis wat hy oppas. Die tannie is oorsee. Daar het n jong kleurling dame aan ons deur kom klop. En gevra dat sy my pa soek. Sy kom haal haar geld van die vorige aand. (Nie my ma of broer is by die huis nie. Hulle is met vakansie. My pa is alleen in die aande by die huis in die Paarl en ek by my kerel in Stellenbosch). Ek het haar gevra om my te se wat aangaan en hoekom sy alleen hier was. Haar antwoord was simpel: “dit het niks met jou te doen nie. Ek kom haal net my geld”… Ek gee my pa n luitjie en al wat hy kan se is ek moet stil bly hieroor en ek moet uit sy sake bly. Hy was veronderstel om die vorige aand by sy suster in Wellington te gaan kuier het. Ekt haar geskakel en sy se dat hy nooit opgedaag het nie. Gee my asb raad? Ek is in n toestand. Trandedal en bewe van deurmekaar wees… Asb??? Enige raad?? Wie moet ek se? Wat se ek? Wat doen ek?

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Wat moet jy doen as jy vermoed jou pa het ‘n affair?

  1. Sjoe, jong, dit is baie ontstellend.Jy wonder dadelik oor die egtheid van sy geloof en oor jou respek vir hom en veral voel jy sekerlik dat hy jou in die steek laat.
    1. Kyk, jy kan nie vir jou pa besluite neem nie. Hy is vry om te doen wat hy wil, al stem jy nie saam nie en al is dit verkeerd en aaklig vir jou.
    Al wat jy kan doen is om jou eie emosies te probeer verwerk.
    Wie het jy om mee te gesels? Iemand wat dit vertroulik sal hou en nie die storie na jou ma en familie sal aandra nie? Waarskynlik is ‘n vriendin of studenteberader ‘n beter keuse as ‘n familielid?
    2. Sal dit jou help om ook na te dink oor jou pa se goeie eienskappe? Was hy tot nou toe ‘n goeie, gelowige man wat mooi vir jou gesorg het en jou beskerm het en lief gehad het? Dit het mos nie oornag verander nie? Dalk maak hy nou ‘n fout maar eintlik is hy steeds die pa wat hy op 2 Januarie was.
    3. En dan is daar die kans dat jy afleidings maak wat foutief is. Moenie jou vermoedens deel met jou ma of broer as jy nie seker is van jou feite nie.
    4. Jy hoef nie die situasie onder die mat in te vee nie / te ignoreer nie. As jy wil kan jy met jou pa daaroor gesels en vir hom vra wat het gebeur. Ek weet jy het reeds, maar as jy nog meer wil gesels, maak ‘n tyd vas met hom sodat julle altwee kalm en voorbereid kan wees. As hy nie kans sien nie tik vir hom ‘n brief om jou gevoelens en perspektief oor te dra.
    Jy kan hom beslis se hoe jy daaroor voel – dat dit jou ontstel, dat jy dink dit is verkeerd vir ‘n gelowige man, dat jy sulke optrede heeltemal onaanvaarbaar vind en dit glad nie tuis wil duld nie.
    5. Vir my is die belangrikste dat jy onthou dat jou pa se optrede NIE bepaal wie jy is nie. Dit bepaal nie wat jy doen met jou lewe nie. En dit bepaal nie jou verhouding met hom, jou kerel of jou ma en broer nie. ‘n Affair of iets soortegelyk is so apart van ‘n persoon as wat sy motor is.
    Haal diep asem tot jy kalmer is en onthou dat jy eintlik dieselfde persoon is as wat jy gister was.
    Sterkte!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s