Ek werk maar ek is nie betaal nie. Hoe kry ek my geld?

Goeie dag julle almal ek wil graag hulp he. Ek is n getroude man met kinders ek is ‘n paramedic vir n ambulans diens wat my hele lewe al so omvergegooi het weens salaris wat nie betaal word nie. Ek was elke dag by my werk ek het baie geld vir my werkgewer ingebring, maar vir die laaste vier maande was ons al twee keer op straat gesit oor die rede dat ons nooit ons huur kon betaal nie. My vrou en kinders het al so negetief geraak teenoor my dat my vrou al selfs uit gestap het om by haar ouers te gaan bly want daar is nie geld nie, geen kos of selfs krag nie. Maar soos ek se daar word bloot net skouers opgetrek deur my werkgewer en gese jammer daar is nie geld. Niemand verstaan dit nie. Ek al selfs bankstate getrek om te bewys daar word nie salaris inbetaal nie. Ek het bedank soos in 24 uur omdat ek dit nie meer kon vat nie die seer in n vrou en kinders se oe: papa werk hom siek maar daar kom nie geld in nie . Ek moet mense in oe kyk om te help dan word daar gevra maar hoe jy werk dan. Ek het met my werkgewer weer gesels nadat ek my uniform ingegee het. Self met n email het dit gese dat hulle my gelde sal betaal na 24 uur nadat ek my uniform ingehandig het. Dit is nou al 2 weke en nog niks – elke dag n nuwe belofte maar niks gebeur. Ek se net dankie Here dat ek n ander pos gekry het by n ander ambulansdiens. Ek soek raad om te weet hoe ek kan maak om my geld uit die ambulansdiens te kry. Ek het mos gewerk daarvoor. Vandag moet ek weer mense in oe kyk vir wat eet ons vandag.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Ek werk maar ek is nie betaal nie. Hoe kry ek my geld?

  1. Goeie dag. Ek wil hoor of iemand my kan help om te luister asb. Ek het al n epos gestuur en geen terugvoering gekry nie. Ek wil he iemand moet na JD se musiek luister asb. Dis wonderbaarlik mooi asb. Groete Sylvia 0731827353
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

  2. Hallo Andre
    Jy kan beslis kwaad kan wees.
    Gelukkig is is wetgewing baie streng oor werkgewers wat nie hul verpligtinge nakom nie.
    Jy kan GRATIS hulp kry.
    Al wat jy moet doen is om jou saak na die CCMA te neem.
    Hier is hul webwerf: http://www.ccma.org.za
    Klik op die seksie Processes.
    Lees alles deur, sodat jy verstaan hoe dit werk
    En voltooi dan die vorms, soos voorgeskryf.
    Dit kos jou niks nie – maar jy moet jou kant skoon en in orde hou, en jou saak so goed en so logies opbou as wat jy kan.

    Twee dinge:
    1. Jy MOET binne 30 dae jou probleem by hulle aanmeld – jy het ongeveer ‘n week oor. Begin vandag nog met die vorms se invul ens.
    2. Die CCMA ontvang jou klagte en gaan dan die saak opneem. Hulle sal jou weldra kontak.
    Jy moet intussen al jou bewyse regkry, waarop jy jou saak bou.
    * Kry jou bankstate vir die maande waarin jy nie betaal is nie.
    * Stel ‘n rekord op van wat alles gebeur het, sodat jy ‘n logiese verslag het van die verloop van sake. Skryf neer:
    – Die datum
    – Waarvoor het jy gevra?
    – Wat is ooreengekom? Wat moet jy doen – indien enige iets? Wat moet hulle doen?
    – Is dit uitgevoer? Hoe is dit gedoen? Was dit bevredigend?
    – Wat is nie uitgevoer nie? Wie het nie sy deel gedoen nie? Hoekom nie?

    Alle sukses daarmee!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s