Moet ek sy vrou vertel ek slaap met haar man?

  • Ek het in Maart ‘n getroude man ontmoet wat vir sy seun ‘n hondjie by ons kom koop het. Die volg. dag het hy my gewhattsap met foto van seun en hond. Toe vra hy of ek en my man gelukkig getroud is. Ek se toe Ja al het ons so af en toe nogal erg baklei. Ons is 21jaar getroud. Die man het baie oor seks met my begin praat. Hy wou ‘n “friends with benefits” verhouding met my he! Ek het hom gese iemand gaan seer kry, maar hy wou nie luister nie. ‘n Week later het ons seks gehad en ‘n maand later is sy oupa dood en moes hy Joburg toe. Die dag na sy oupa se dood het hy weer begin met die seksuele pratery en seksfoto’s wat hy my gestuur het. Selfs 2 video ‘s waar hy met homself speel. Hy het toe gese ek moet sorg dat ek die Maandag met pakkie kondome by sy huis is. Die Sondagaand sms hy my toe maar hy wil sy lewe reg kry en nie meer die washout wil wees wat hy vroeer was nie, want by het voorheen ook eenkeer sy vrou verneuk . Die Dinsdag het ons toe weer seks by sy huis gehad, maar hy’t gese sy vrou gaan dr toe later en kom dan huis toe. Ons whattsap nog elke dag en sien mekaar 1keer elke 2re week but ‘n uur lank. Ek is so lief vir die man, maar hy bly altyd se hy voel daar is iets tussen ons. Wil nie sy vrou los en kids verloor nie. Ek moet nou altyd tevrede wees met die tydjie wat hy kan afknyp vir my. Ek dink dis net sodat Ek moet stilbly en nie sy vrou se nie. Dink julle ek moet sy vrou vertel, maar my man weet ook van niks. Ek is regtig lief vir die man. Ek is bang dat sy vrou my kan dagvaar vir skadevergoeding. Wat maak ek?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

8 thoughts on “Moet ek sy vrou vertel ek slaap met haar man?

  1. Ja,die vrou wat ander man seks gee is baie dom sy dink nie ,ek wens haar man kom dit agter en los haar,sy verdien om sonder blyplek te wees.”jy het geen self respek,of respek vir jou gesin nie.jou tiepe moet nooit trou nie.

  2. Mag jy God se stem hoor dat waarmee jy besig is verseker van satan is en nie van God nie.

  3. Miskien moet jy jouself in die spieel bekyk en afvra wat presies dink jy van jouself…. duidelik is daar gee respek vir jouself vir jou man en vir die ander vrou met haar kinders nie, duidelik het die man sy botter aan albei kante dik gebotter. Moet nie so min van jouself dink nie die man dink NIKS van jou nie en dan sal ek nie eens praat van wat SE DIE WOORD jy mag nie jou naaste se vrou / man begeer nie. wees n trotse vrou en loop uit die vuilgemors uit want dit kan net lewens verwoes.

  4. Ek dink jy moet ONMIDDELLIK stop hiermee. Hoe moeilik dit ook al mag wees.
    Eerstens is jyself ‘n getroude vrou wat besig is om jou eie man te verneuk.
    Jy degradeer jouself. Waar jy ‘n troue vrou vir jou man was, is jy nou ontrou. Wil jy dit REGTIG aan jouself, jou man en kinders doen?
    Sterkte met jou besluit.

  5. S antwoord:
    Wat ‘n gelukkige man! Jy daag op en gee en gee en gee. Jy vra sowaar niks eers terug nie! Jy is tevrede met die tydjeis wat hy kan afknyp. En dan aanvaar jy sy vieslike seksvideos. Hy voel soos ‘n pornoster. Hy kan seker nie sy geluk glo dat hy so ‘n los gelukkie raakloop nie.
    En jy is op die oomblik ook baie gelukkig – wie wil nie begeerlik voel en lekker seks he nie?
    Wat moet jy doen?
    Wel, dink dit deur:
    As jy sy vrou vertel gaan sy jou man vertel.
    Dit sal 90% vir seker die einde van jul huwelik beteken – min mans vergewe sommer net hul vrou wat rondloop.
    Maar vroue vergeef nogals hul mans. Dus, as alles uitkom gaan sy vrou hom waarskynlik vergewe. Sy het al vantvore, soos hy jou self vertel.
    Dus is jou romanse ook daarmee heen. Geen verdere kontak of seks of avontuur met hierdie man nie.
    En boonop is jy sonder jou man met wie jy darem die meeste van die tyd gelukkig is.
    Gaan die affair-man met jou trou of saam met jou bly? Nee, hy gaan jou soos ‘n warm patat los. Onthou, hy gaan nie sy vrou of kinders los nie – hy vertel dit self, nou reeds, aan jou. Hy wil mos nie ‘n washout wees nie?
    Klink vir my asof jy al die pad verloor?
    As jy voortgaan en/of sy vrou vertel, se jy eintlik ‘Ek wil skei’. Wil jy dus eintlik skei?
    Dink deur wat alles gaan verander as jy voortgaan hiermee:
    Werk dit uit vir jouself: waar jy gaan bly? Is dit jou huis, sy huis of julle huis? Gaan julle verkoop, en wat kan julle met die wins maak? Is daar ‘n lening op jul huis – hoeveel wins gaan oorbly? En kan julle twee blyplekke daarmee koop?
    Of huur julle? Is jou inkomste genoeg om vir jouself blyplek te huur?
    Hoe gaan jy jouself onderhou – kos, klere, motor, petrol is basies. Wat van spaargeld, ‘n TV, wasmasjien, ketel, bed en al die ander goed wat jy nou het? Waar gaan jy dit kry?
    Kyk, jy is waarskynlik verveeld. Dom, lui mense is nooit verveeld nie. As jy verveeld is beteken dit jy het tyd en talente om te gebruik. Wat kan jy doen om jou lewe sinvol te maak?
    Tweedens: jou huwelik. Jy moet of daaraan werk, of jy moet besluit dat jy ‘n ander huweliksmaat soek. Jou opsies is dus werk daaraan of skei.
    My raad?
    1. Stuur hierdie affair-vent in die pad. Hy verdien dit nie om deel van jou toekoms te wees nie.
    2. Besluit of jy wil skei of bly.
    3. As jy bly werk aan jou huwelik.
    4. As jy bly kyk bietjie rond wat jy kan doen om jou lewe sinvol te maak. Wat kan jy vir iemand anders doen? Is daar iets in jou omgewing waarmee jy kan help? Wat van verder studeer? Wat van ‘n blog begin? Of iets studeer? Of sommer net werk kry en jouself so bewys?
    5. As jy skei werk vooraf jou finansies uit.

  6. Kopdolla antwoord:
    Liewe land, is jy lief vir hom, of is jy lus vir hom?
    Na 21 jaar is jy seker tuis bietjie verveeld maar om hier van liefde te praat … ek weet nie.
    Al wat julle doen is seks.
    Jy is soos ‘n hondjie al agter hom aan. JY gaan na hom; JY dra die kondome aan; JY is tevrede met ‘n verhouding wat, soos hy duidelik se, nerens heen gaan nie want hy wil nie sy kinders verloor nie.
    Dink net ‘n slag: wat kan jy verloor en wat kan jy wen?
    Wen:
    1. Seks met die man – tot iemand uitvind, waarna dit ook daarmee heen sal wees.
    Verloor:
    1. Jou man. Dink jy hy gaan tevrede wees as hy uitvind van hierdie verhouding? Hy gaan jou los.
    2. Daarmee saam gaan jy jou huis verloor. Waar gaan jy heen? Want die man met wie jy die lustige affair het se pertinent hy wil nie met jou trou nie. Hy gaan nie vir jou ‘n huis of blyplek gee nie.
    3. En jy gaan jou lewenstyl verloor. Ek weet nie waar jy bly en hoe lekker dit vir jou is nie maar as jy skei sal jy jouself moet kan onderhou. Hoe gaan jy jouself onderhou? Het jy genoeg van ‘n inkomste en ‘n pensioenplan?
    4. Jy noem nie dat jy kinders het nie maar as jy het kan jy maar glo dat hulle goed seerk gaan kry, en nie juis vir jou respek gaan oorhou nie.
    As jy nie die sommetjies vir jouself kan doen nie verdien jy beslis wat na jou toe gaan kom.
    Aggeneewat, ek kan aan jou pos sien dat jy veel intelligenter is as wat mens uit jou optrede kan aflei. Kry werk vir jou kop en hande. Jy is BAIE meer werd as om hierdie vent se speelding vir die oomblik te wees.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s