My man wil ons kinders vir die welsyn gee

Ek is op ‘n breekpunt in my lewe.
Ek voel party dae of dit beter sal wees as ek nie meer hier is.
Ek het n wonderlike lewe gehad met my man. In 2009 het ons ons seuntje verloor op 21dae. Ek het n dogtertje van 5 ook gehad.
Hy het begin onttrek en nie meer gepraat of gekommunikeer nie. Ons het begin rusies he en dan hoor ek dat ek sy kind dood laat gaan het. Hy het my geblameer. So het dit maar aan gegaan. Nie meer n mooi woordjie gehad vir my.
Ek is nikswerd. Ek is niks en niemand. Ek het myself begin afbreek – hy het my laat glo ek is sleg, ek verdien nie respek en waardering nie.
Al is ek so sleg het ek maar bly liefde gee en probeer verstaan dat dit maar net rou is wat praat.
Ons het n tweede kaans gekry en weer n seuntjie gehad.
Hy het daarna so woedend geword dat hy my geslaan het – ribbetje en kakebeen af ens.
Ek het toe voor gestel dat ons kerk toe gaan en so ons lewens verbeter.
Ons het begin kerk gaan en pastoor genader om sy huweliksaande by te woon.
Na dit het my man kortkort weg geraak en ek moes gereeld soek vir hom en dan was hy by die pastoor.
Net eendag het die pastoor ingestap en my kinders verwyder en hul is welsyn toe.
Ek het sewe maande baklei om hul terug te kry en ek is in n sentrum vir gemoedsiekes ingedruk vir n maand.
Ek kan tot vandag nie antwoorde kry nie: wat was die storie agter die storie?
Toe die kinders terug kom moes ons verenig maar kinders het baie seer gekry
My dogter was en is nog steeds biter, al die skuld is op my.
My man was n vreemdeling: hy het sy werk verloor omdat hy toe baie af was en 1 jaar nie gewerk nie het ek heeltyd hom by gestaan en gedoen wat ek kon.
Ek was alleen in alles. Hy het weer eendag my geslaan en ek het trug geslaan. Na dit het hy begin praat oor sy familie wat nooit daar was omrede hul my nooit aanvaar het nie.
Ek kon dit net nie meer vat nie – van al die afbreek. My goed was net nie meer goed genoeg. Hy het begin praat van sy verlede, hoe sy pa hom met n sambok geslaan het en sy ongeluk en dinge wat jy oor andwoorde soek.
Ek het sy suster gekontak en gevra gee hom antwoorde.
Hulle het hom laat kom na hulle. Vir weke het ek nie geweet waar hy is nie, en hom vermis aan gemeld. Toe ons uitvind dat hy by sy suster sit in Richardsbaai wou hullehe ons moet skei.
Met n baklei het hy weer trug gekom maar hy het ons gelos met niks toe hy geloop het.
En hy wou mooi dat ek werk en kar bestuur. So dit was moelik om te sorg vir twee kinders. Hy het dit vir n tweede keer vermis geraak. Ek het hom opgespoord by die ander suster,weer vergewe en terug geneem. En vir die derde en vierde keer. Hy wil nie ons moet praat nie.
Ek weet nou nog nie waar hy is nie – net boodskap. Hulle gee nie sy nr nie.
Wat kan ek doen?
Ek het niks nie werk nie, en nie n dak vir 2kinders nie. My famielie probeer maar voorsien. Sy familie probeer die kinders vir die welsyn gee. Ek kan nie. Hulle is my lewe. Help asb.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My man wil ons kinders vir die welsyn gee

  1. Soveel onverwerkte seer wat in groot krisisse verander het. Kopdolla, jy stel ‘n maatskaplike werkster voor. Dit is seker die beste plek om te begin. En werk soek…

  2. Kopdolla: Vrou jy is gek om by hierdie man te bly staan. Wat kry jy daaruit?
    1. Skryf hom af. Hoeveel keer moet jy nog hoor en voel dat hy reeds uit jou lewe uit is?
    2. Al was julle vantevore gelukkig is dit nie meer moontlik nie.
    3. Wat gee hy jou? Net pyn. Nie geld, of ondersteuning of liefde nie. Waarom sal jy hom wil terug he?
    4. Wees realisties: wat kan hy jou gee? Dit klink my nie veel nie.
    5. Komaan – jy is nie aan hom vasgebind nie. Jy kan op jou eie voete staan.
    6. Skryf hom af en begin van met jou eie lewe.
    7. Baie baie vroue is enkellopers. Hulle werk en hulle sorg vir hul kinders – al is dit dan met min luukses.
    8. Ek stel voor jy kry ‘n maatskaplike werker om jou te help.
    9. Kinderhuise is nie so sleg nie. Dalk moet jou kinders ‘n paar maande in een bly sodat jy kan werk kry, blyplek uitsorteer en jou lewe in ‘n patroon kry waar jy hulle terug kan neem en vir hulle kan sorg.
    10. Jou ander opsie is om met jou familie te gesels oor hoe jy en hulle saam na die kinders kan kyk. Wat julle ook al besluit hou hom en sy pastoor daar uit. Nie een is iets werd nie.
    11. As jou eks werk kan jy ‘n hovbevel kry dat hy onderhoud vir die kinders betaal. Dit sal dus voordelig vir jou wees as julle skei.
    12. Aangesien hy ‘n slaner is kan jy ook vra dat sy toegang tot die kidners beperk word, en dat hy nie naby jou mag kom nie.
    13. Doen nou hierdie een iets vir jou en jou kinders – en jy sal sien hoe gou voel jy na ‘n volwaardige, sterk vrou. JY is baie sterker as wat jy dink mits jy sonder hom is.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s