‘Die girls met lyfies aan hulle’ – hiperseksualiteit, swak selfbeeld of bloot taktlose lawwigheid?

Goeie more, ek skryf vandag aan jou want ek weet nie of ek verkeerd is nie.
Ek is die 20st Des 2014 getroud en 55 jaar oud. My man is nou 59 jaar. Hy gesels gedurig oor hoe hy die girls in sy verlede bygekom het en omdat ek by die NWU werk is dit ook nog erger kan hy nie genoeg na die jong girls kyk nie.
As ons hand aan hand loop en hy sien n girl met lang hare en mooi lyfie druk hy my hand en ek moet sien hoe mooi sy is en daar lyfie. Hy praat gerudig oor die girls.
Hy het ook n aangenope dogter van 17 jaar en praat ook gedurig van haar. “Sy het n lyfie aan haar”
Ek het hom vanoggend gese toe hy weer oor die girls oor die tv te kere gaan, hy moet tog in gedagte hou dat daar ander is wat my ook wil he ek praat net nooit van die wat aandag aan my gee.
Hy was so geskok dat hy nie n woord verder gepraat het. Sy grootbek het nie weer n woord vir die oggend verder gepraat.
Dit maak my baie ongelukkig en dit laat my voel dat hy nie met my wil wees nie maar eerder met jonger dames.
Hy whatsupp ook net met jong dames.
Jy sal agterkom ek praat van girls want dit is die woord wat hy ook gebruik om my te vermaak.
Het jy dalk raad waarmee hy besig is of moet ek dit net ignoreer. Ek dink hy het n vreeslike selfbeeld tekort. Ek is baie lief vir hom maar dit is nie vir my die nie want ek doen dit nie aan hom nie.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “‘Die girls met lyfies aan hulle’ – hiperseksualiteit, swak selfbeeld of bloot taktlose lawwigheid?

  1. Wat hy aan aan jou doen inor hom dar hy sy eie klere en wasgoeddoen en self skoon maak hy sal wonder war aangaan hoekom jy dit nie doen nie of vind uit by . D hof wat staan jou te doen en dat hulle in julle huwelik oomors doe dit net vir so paar maande gy sal sy vout agter kom en die here sien waarmee hy besihg is hy sl sy dag terug kgy wat hy aan jou doen try dit want n vrou wird net gebruik vir n slaaf glo my hy sal terug jruip dan uwys jy hom jy is nie hardop oor hom nie daar is b wat vir jou sal omgee bid daar oor die here sien raak wat hy doen aan jou ejb hoopn hy sal spytbwees wanneer dit tr k last ix dan is jy nie trug hardwts gin jy us nje haliers nue en weet waar va b ek praaat

  2. Kopdolla hier:
    Ja-nee, jou epos vertel ‘n hele storie. Jy’s reg: dit gaan oor sy brose selfbeeld – en nou is jy die een wat daarmee moet saamleef.
    Ek het nie regtig raad nie – jy klink vir my na ‘n verstandige vrou wat vernuftig genoeg is om die probleem uit te sorteer. Tensy daar iets ernstiger hieragter is.
    Al wat ek kan se is:
    1. Mens bou ‘n huwelik en ‘n langtermyn verhouding juis deur grense te stel. Julle is beswaarlik 6 maande getroud, en dus moet julle nog baie dinge uitsorteer – soos hierdie een.
    2. Jy’s reg om hom uit te wys dat dit jou seer maak en vir jou ongemaklik is om sy stroom kommentaar te hoor. Dit is ‘n grens wat hy moet respekteer.
    3. Jy is reg om uit te wys dat jy nie oor jou liefdesgeskiedenisse uit te wy nie, en verwag dat hy dit ook nie sal doen nie.
    4. Aan die een kant gaan dit seker vir hom daaroor dat hy nog wonder of hy dit in hom het om ‘n vrou – jy – te be-indruk. Hy wil he jy moet weet hy is nog propvol skop.
    5. Maar soos hy dit nou doen maak hy ‘n yslike gek van homself. Jong meisies lag gewoonlik agterna oor die ou ooms wat tog so probeer koel wees. En vir jou verklap dit dat hy ‘n selfbeeldtekort het – jy respekteer hom juis nie.
    6. Hy kan nie meer op hierdie ouderdom sy selfbeeld op sy seksualiteit baseer nie. As hy hiermee sukkel is dit hoogtyd dat hy daaraan werk – jy kan dit vir hom uitwys maar op die ou end is selfbeeld iets wat mens self moet verwerf. Moet dit veral nie doen deur sy ego te voer met komplimente oor hoe sexy en aantreklik hy lyk nie. Fokus jou komplimentjies op dinge wat jy wil aanmoedig.
    7 MAAR daar is ‘n klein kans dat jou man ly aan hiperseksualiteitsindroom, wat ‘n teken van aandagafleidbaarheid sindroom (AAHS), parkinsonsiekte, demensie en bipolere depressie kan wees.
    Dit is iets vir behoorlike sielkundige en psigiatriese evaluering en professionele hulp – daar is raad daarvoor, van medikasie tot gedragsmodifikasie.
    As ‘n gesprek waarin julle lekker gemaklik oor jou belewenis van sy opmerkings oor die girls nie die probleem binne weke oplos nie stel ek voor jy roep professionele hulp in. Ideaal gesproke gaan julle saam. As hy nie wil nie gaan alleen.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s