Wat maak jy as jou eks jou kind onterf as jy weer trou?

Wat maak jy as jou eks op sy testament gesit het as jy weer verloof raak of trou of selfs saam intrek haal hy jul kind van al sy polossie af?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Wat maak jy as jou eks jou kind onterf as jy weer trou?

  1. Kopdolla antwoord: Nee wat Suster, sy twak is nat. Dit is sy kind, en ons wetgewing bepaal dat hy vir sy kind verantwoordelik is.
    Dit kom neer oor die verskille tussen testamente, boedels en pensioene.
    Hy kan in sy testament bepaal wat hy wil MAAR die boedelwetgewing en die pensioenwetgewing bepaal dat alle afhanklikes billik versorg moet word.
    Terwyl jou kind minderjarig is is jou kind outomaties versorg, of so goed versorg as wat billik verwag kan word van elke ouer.
    As jou eks sou sterf voor jou kind agtien is rig jy eenvoudig ‘n versoek aan die Meester van die Hof en aan die Trustees van sy pensioen- of voorsorgfonds om na jou kind se belange om te sien. Hulle is verplig om toe te sien dat jou kind ‘n billike onderhoud kry.
    Wat jou kind wel kan verloor is die reg om te erf. Jou eks as testateur kan bepaal wie hy wil laat erf. Niemand het die reg om te erf nie. Nie eers eie kinders nie.
    Nog twee dinge:
    Onderhoud stop meestal op agtien. Is julle gereed daarvoor? Party ouers kom ooreen dat dit eers staak na die kinders se studies voltooi is – ‘n baie goeie wenk om in jou egskeidingskontrak in te skryf. As jou kind nog wil gaan studeer, kan julle deur die hof aansoek doen dat die onderhoud daarvoor voorsiening moet maak. Dit sal van die hof afhang maar daar is ‘n kans dat jou kind langer onderhoud kan kry.
    En dan wonder ek hoekom jou man jou afdreig en/of probeer manipuleer? Klink of hy bietjie jaloers of seergemaak is of uitgeskuif voel?
    Probeer maar die verhouding tussen pa en kind so goed as moontlik hou. Die tyd bring genesing. Oor ‘n dekade voel hy dalk ook anders oor sy kind en oor jou, en gun hy jou ook geluk.
    Bly kalm as hy dreig want eintlik steek daar iets heel anders daar agter. En doen verder doodeenvoudig wat goed, regverdig, billik, konstruktief is vir jou.
    Sterkte!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s