My ouers wil nie my vriend aanvaar nie

Hallo ek is `n vrou van 31 jaar oud het dringend raad nodig ek het my werk verloor verlede jaar en sodoende ook geskei.
Ek het `n seuntjie van 5 en is in `n verhouding met `n wonderlike man. Hy het nie kinders nie en sorg vir sy ouers al vir baie jare. My ouers wil hom glad nie aanvaar nie.
Ek het swanger geraak met sy kind maar ongelukkig `n miskraam gehad op 7 weke van swangerskap. Ons wil nog steeds `n gesin wees met my seuntjie wat ek al het.
Ons wil verloof raak maar my ouers wil hom nie aanvaar nie en se ek neem nie hul nie in ag nie en ek moet die miskraam sien as `n teken dat ons nie bedoel is vir mekaar nie.
Ons is lief vir mekaar en hy vir my en my seuntjie. Wat moet ek doen? My ouers wil niks weet dat ons verloof raak en saam intrek nie?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My ouers wil nie my vriend aanvaar nie

  1. Dit klink vir my alles so positief – selfs jou ouers se kwellings, wat op beskermende liefde neerkom.
    Jong, dan moet jy maar net weet: jy is volwasse. Dit beteken jy weeg die voor- en nadele op en maak jou keuses.
    Vra jou ouers se blessing maar stel dit mooi maar ferm dat jy jou eie keuses wil en moet maak, en hoop dat hulle saam met jou jou vriend beter wil leer ken en deel van jul groter familie sal maak.
    (Ons doen een van die dae ‘n artikel oor tattoeermerke … baie koel mense dra dit deesdae. Sodra dit op die rak is koop en gesels bietjie openhartig met jou ouers daaroor.)

  2. Kopdolla: Suster, jy is EEN-en-DERTIG. Jy het ‘n kind wat jy mooi groot maak. Jy hoef nie meer na jou ouers te luister nie. En julle het reeds seks – so hoeveel erger kan saamwoon nou wees?
    Waaroor ek wonder – jy sal self die antwoorde moet uitwerk:
    1. Wat het jou ouers teen die man? Alles wat jy se laat dit klink of jy hier ‘n oulike man beet het. MAAR die liefde kan ook maar goed blind wees. Sien jou ouers iets raak wat jy nie raaksien nie? Vra jouself af of hy ‘n stabiele werk het, sy rekenings betaal (dus finansieel stabiel is); ‘n drinker/slaner/kroegvlieg is; hoe lyk sy roetines – spreek dit van iemand wat tyd maak vir die belangrike dinge? Hoe lyk sy verhoudings met ander mense? Hy hoef nie dosyne vriende te he nie maar as hy nie klaarkom met sy bure en sy kollegas nie kan jy ook maar wonder of julle op die ou end gaan klaarkom. Gesels julle lekker? Is dit lekker om dinge saam te doen? Wat doen julle saam? Wat se jou vriendinne van die man? Nooi een of twee om saam te kom eet sodat hulle hom kan ontmoet, en hoor wat hul indrukke is. As alles reg is dan gaan die probleem nie oor jou vriend nie maar oor jou ouers.
    2. Hoekom wil jou ouers jou nie laat gaan nie? Is hulle op hierdie stadium afhanklik van jou vir sorg – fisieke hulp tuis of finansiele hulp? Dan moet julle daaroor praat en kyk watter oplossings is daar. Dit is nie regverdig dat jy hulle moet versorg en jou eie lewe en liefde opgee daarvoor nie.
    3. Hoekom is jy nie op voorbehoeding nie? Jy kan nie ‘n kind in die wereld bring as jy nie self vir die kind kan sorg nie – jy het nie werk nie en jy is nie getroud nie. As jy swanger raak voor jy jou lewe uitgesorteer is kan ek sien hoekom jou ouers jou soos ‘n kind wil behandel. Seks is ‘n plesier met ‘n grooot verantwoordelikheid. Jy het ‘n goeie kop op jou skouers en klink vir my na ‘n redelike en verantwoordelike persoon – dus maak dadelik ‘n plan met voorbehoeding.
    4. Moet jou tog nie steur aan stories dat ‘n miskraam ‘n teken is nie. Dit is eerder hartseer, hoewel miskrame op ‘n vroee stadium eintlik baie algemeen is. Sien dit liewer as ‘n teken dat jy moet dink of jy op voorbehoeding moet wees /en of jy gereed is vir ‘n tweede kind.
    5. As jy na jy die man weer opgeweeg het glo dat alles reg is, moet jy jou ouers mooitjies maar ferm uitsorteer. En kom op voorbehoeding, tot jy weet jy is in ‘n langtermyn vaste verhouding. anders sit jy met twee kinders.

    • Dankie vir jou terugvoer. Ek het vergeet om tese ek het n werk darem weer . Hy is nie n kroegvlieg of so nie ons sal soms bietjie kuier maar nie baie nie. Ons doen baie dinge saam visvang kamp buite lewe en my kind kry baie aandag van hom af. Ek dink die hoofdoel hoekom my ouers nie van hom hou nie is omdat hy tatoeer merke het nie baie nie n paar en hy is n boilermaker welder. Hy sorg vir sy ouers ook maar hul verstaan en weet hy wil ook liefde en n lewe he saam my en my kind hy help my baie en staan my by deur alles en al het ek n miskraam gehad bly hy my ondersteun en by testaan. Ek dink ook my ouers is bekommerd dat ek nie weer seerkry nie omdat ek alreeds getroud was en om rede hul kleinkind.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s