Ek’s besig om myself total en al te verloor

Op 12 Feb 2 jaar terug is my pa oorlede ek het hom die laaste paar weke tuis versorg en is deur die hele trauma al is ek verpleegkundige en gedink ek was gereed want sy prognose was sleg, vang dit my dag vir dag.
So paar maande voor hy oorlede is, het my man oorsee vertrek vir werk en kom slegs elke 4 maande huistoe vir 2 weke.
Ek het dus 2 belangrike mense in my lewe in n baie kort tyd sommer na mekaar verloor al kom my man huistoe.
Ons huwelik is nou op die rotse en ons baklei elke dag. Ek voel hy ondersteun my nie met my emsosies waarmee ek so wroeg nie. Ek was nou al paar keer baie naby aan selfmoord pleeg.
My kinders is groot en uit die huis en ek is dus heeltemal alleen. Ek is nou al in so n diep gat ek het my onttrek van alles en almal af ek wi niemand sien nie ek wil nie met iemand praat nie en ek werk ook nie meer nie aangesien my man finasieel nou kan sorg.
Ek is eintlik n vreeslike spontane mens en hou van mense en gesleskap maar ek is werklik lus vir niks doen nie. ek mosaic graag as stokperdjie, maar niks interesseer my op die stadium nie. Eks sielsmoeg ek slaap sleg eet sleg ek was vir n maand op antidepressante maar wil dit nie gebruik nie want ek het soveel gewig opgetel van dit dat ek dit gelos het nadat ek die kursus voltooi het. ek het al met ons kerk se dominee gaan praat en my man ook maar dit het net daar gebly ons het geen opvolge gehad of gedoen nie.
Eks besig om myself total en al te verloor en het werklik geen lus meer vir die lewe nie dis vir my so sinneloos. Help asb?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “Ek’s besig om myself total en al te verloor

  1. Nou toe, skryf daardie romantiese briewe!
    (Maar wat van met iemand gaan gesels? Hoekom is ons tog so gekant teen sielkundiges? Ek wonder of dit is omdat ons bang is ons gaan uitvind ons is eintlik slegte mense?!
    Ek belowe jou as jy eers met een gesels het sal jy gou sien dit is alles behalwe waaroor dit gaan.
    Die eenvoudige waarheid is dat mens vashaak in hul lewens.
    ALMAL haak vroeer of later iewers vas.
    Die mense wat aan hul loopbane werk gebruik mentors en career coaches sonder om te blik of te bloos. Nou hoekom is ons dan so sku om ‘n lewensmentor of coach te kry, vra ek jou? Ek verstaan dit glad nie.
    Die slim ding is om dit te besef – en dan goed te dink waarom jy vashaak.
    As jy dit kan oplos, goed.
    As jy nie kan nie, is dit dom om jou toon te bly stamp teen dieselfde klip.
    Dan gaan gesels mens met iemand en soek op ‘n ander manier die oplossing.
    Skuus, ek preek … nie eintlik vir jou nie 🙂 )

    • Ek dink nie jy preek nie. Dis baie belangrik dat as medisyne nie vir jou werk nie jy n ander een soek. Sielkundiges is wonderlike mense met n mag dom kennis en kennis is mag dan nie ? Tans is daar vier in my span psigiater , sielkundige , internis en n mentor.

  2. Foeitog jong, jy is deur baie – ‘n ouer verloor, jou man se werk bring ‘n lewensverandering mee, in ‘n nuwe lewensfase met jou man (amper) en kinders basies uit jou lewe, ‘afgetree’ en dus sonder een van die hooffaktore wat sin aan jou lewe gegee het …. G’n wonder dit vang jou nie.
    Jy weet seker jy het al die tekens van depressie – jy’s ‘n teksboekgeval 🙂 – aangesien jy ‘n antidepressant probeer het.
    Wat verder, want so wil jy seker nie aangaan nie? Jy kan net wen deur hierdie saak aan te pak. Jou epossie wys al klaar dat jy iets wil doen. Mooi so – dit is die eerste stap na gesondheid.
    Wat is jou keuses? Soos dit vir my lyk is dit:
    1. Gaan aan soos jy aangaan – depressief, met die gevoel van sinloosheid. Jy doen niks nie en niks verbeter nie. Inteendeel, dinge gaan vererger want ander mense geniet nie vriendskap of ‘n verhouding met ‘n depressiewe persoon nie. Jy geniet nie eers self jou lewe nie.
    OF
    2 Gaan na ‘n psigater. Daar is BAIE soorte antidepressante – almal maak nie vet nie. Ek sou dink dat jy na dieselfde een moet teruggaan (as jy nie sommer by ‘n GP was nie) en verduidelik wat jy gebruik het en hoe dit vir jou gevoel het. Dit gee hom ‘n aanduiding van watter soorte nie vir jou werk nie, sodat jy ‘n ander klas kan uittoets. Onthou, as jy nie na so 3 weke (ses weke maksimum) begin beter voel nie is jy nie op die regte soort vir jou nie. Dan moet jy terug gaan en nog ‘n klas probeer.
    EN
    3 Laat toets jou hormoonvlakke by ‘n ginekoloog. Jy is op die ouderdom dat die menopouse kop uitsteek – wat by baie vroue bo 45 die oorsaak van hul depressie is.
    EN
    4 Gaan na ‘n sielkundige. Mens kan ook oor depressie kom deur jou emosies en trauma te verwerk, eerder as om ‘n antidepressant te gebruik. Aangesien jy nie vantevore ‘n depressiewe geaardheid gehad het nie dink ek dit is die nommer een opsie vir jou. Dit gaan meer tyd neem maar dit gaan die moeite werd wees.
    EN
    5 Ek weet jy is nou vir min lus maar oefening maak regtig ‘n groot verskil. Stap of gim of swem of dans – iets wat vir jou lekker is – en net vir die lekker daarvan.
    EN
    6 Praat met jou man. Stuur die epos wat jy na ons gestuur het na hom, sodat hy ten minste verstaan waar jy op die oomblik in jou lewe is. Dit sal hom help om jou kans te gee om hierdeur te kom. Dinge kan oor vier maande baie anders lyk, en as hy weer tuis is, is jy al ‘n end beter – of selfs jou ou self.
    EN
    7 Vir wie kan jy iets beteken? Is daar iemand met ‘n baba naby jou wat soms ‘n handjie nodig het? ‘n Bejaarde tannie wat iemand nodig het om vir haar inkopies te gaan doen? Jy klink na die soort mens wat floreer as jy betrokke is. ‘n Aftree-oord waar jy een naweeksaand kan werk?
    EN
    8 Doen iets vir jouself. Wat wou jy nog altyd doen waarvoor jy nooit tyd gehad het nie? Begin oplees daaroor, vind uit wat jy noig het – kom stadig in rat om daarmee te begin. Moenie bang wees vir flops nie. Jy is mos aan die leer en ontdek.
    Sterkte – ek is oortuig dat dinge gaan regkom.

    • Sjoe daars n baie mooi afrikaanse spreekwoord : Moed verloor se vlakte ! Dis waar ek en nadat ek hier gelees het , ons ons bevind. Dis sulke wyse raad wat gegee is . Eks weer by daai medikasie werk nie punt ! die ding is ek weet daar buite is daar iets wat n verskil kan maak.

      Hierdie vlakte is vir niemand aantreklik nie e sk het net weer besef ek moet die keuse maak om daarvan weg te stap. Glo my eks moev e sit so bietjie e rus hier op die vlakte maar doer ver op die horison sien ek nie die son opkom nie maar weet v n feit hy kom elke oggend daar op.

      Bitter min mense gaan die keuse maak om na ons toe te stap hulle sien die verlatenheid daarvan e dis moeilik vir hulle om ons so verlate te sien.

      Ek kan nie aan n better plan dink om vir jou man liefdes briewe te skryf nie. Daars bewys romanse wondere vir ons vroue se brein doen.

      Ek het al n hele paar keer hierdie forum gebruik pm my gedagtes neer te pen en baie better gevoel daarna. Moed geskep op gestaan en te begin stap na waar ek weet die son altyd op kom.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s