My ouers verwag te veel van my

Hoe hanteer jy ouers wat te swaar op jou rus, emosioneel.
Hulle is die beste, maar dit raak te veel soms.
My 2 broers is oorsee en ek is al een in die dorp. Hulle is omtrent elke aand by my huis en eks nog net 1 jaar getroud.
Hulle wil met alles na my toe kom, ek moet alle besluite neem.
Dit maak my moeg.
My man verstaan nog op hierdie stadium, maar hy raak ook moedeloos soms. Hoe hanteer ek dit sonder om hulle te verstoot.
Raad asseblief?

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “My ouers verwag te veel van my

  1. Ek het presies die selfde probleem gehad maar my male kom sommer vroeg oggend ook net na my huis toe en maak my sommer wakker as hul hier opdaag, ek moes leer om gesonde boundaries neer te sit wat my beskerm, ek is I people pleaser so vir my was dit I groot stap om vir my ma te se ek is baie lief vir haar maar some be nodig ek my eie spasie anders raak dinge te overwhelmed vir my. Ek het tog gevind dat dit help en om eerlik met haar te wees beter is want sy verstaan dit. Toe ek net ge people please het, het ek stadig maar seker resentment teen haar begin kry en op die ou end was ons verhouding biekie suur oor ek eenvoudig nie my boundary neergele het nie. Maar nou gaan dit al baie beter.

  2. Eerlikheid , goeie maniere en beplanning. Jy moet hul nooi en dan rustig na hul luister en baie ferm aan hulle oordra dat hulle nie elke aan welkom is nie. Jy wil graag kwaliteit tyd spandeer waar jy met geopened , gespitste ore luister na hulle en ook fun saam met hulle he. Wat jy nie kan doen as hulle net opdaag nie. Reel n datum en hou daar by. Maak van dit n geselligheid soos n pannekoek aand. Maak die reel dat hulle eers moet bel voor hulle kom. Onthou net , Alle mense het negatiewe en positiewe emosie en hulle gaan heelwaarskynlik negatiewe emosie he. Wat fine is . Hulle sal daar oor kom en as hulle nie dan gaan jy aan hul sal weldra besef dis die bester vir almal. Dis nie maklik nie ek moes bande met my mamma breek oor dieselfde rede en sy is baie kwaad vir my . Ek is nog net so lief vir haar as voorheen maar die verhouding is stadig maar seker besig om gesond te word.
    Sterk staan!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s