My man los my vir ‘n OUER vrou !

more almal ek hoop iemand kan help eks op breekpunt. My man (22) het my (21) gelos vir n 40jarige vrou. Ons is nou net oor n jaar getroud en het n 2 jarige baba. Hy wil skei!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek wil nie. Hy is reeds saam haar en ek so bang hy kry joint custody. Ek like sy fam nie omdat hulle die rede is laat ons nou hier sit waar ons sit. Help asb!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “My man los my vir ‘n OUER vrou !

  1. Kopdolla:
    Girl, is hierdie koolkop die sous werd? Kom ons kyk wat in sy guns tel teenoor wat teen hom tel: hy los jou; hy los jul baba; hy het reeds gaan bly die ouer vrou; dit is ‘n ouer vrou en dus het hy dalk mamma-kwessies; jy hou nie van sy familie nie; jy vertrou hom nie; hy het nie die verantwoordelikheid gehad om te sorg dat julle nie so jonk met ‘n baba begin nie; in sy kop het julle dalk getrou omdat julle swanger was. Ek hoor nerens dat jy lief is vir hom nie. Net dat jy baie ontsteld is.
    Sover is die telling 9-0.
    Laat dit jou dink aan die staatmaker lewensmaat wat jy aan jou sy wil he vir die volgende dertig, veertig jaar?
    Nee wat, laat hom gaan. As jy hom terug neem sal hy nog baie keer rondloop.
    Jy is jonk. Skei. Begin van vooraf. Wie weet, jy loop die groot liefde van jou lewe vorentoe raak.
    Maar ek hoor dat jy ontsteld is en onseker is en besorg is oor jou kind. Joint custody word uitgewerk om regverdig teenoor veral die kind te wees. Dit beteken dat veral jy tyd saam met jou kind sal he. Die hof sal nie die kind laat gaan na waar dit sleg of onveilig is nie.
    Dink mooi wat jy wil he vr jou kind en kry ‘n prokureur of ‘n ouer familielid om jou te help om dit te beding.
    ‘n Wenk: Egskeidings word die beste uitgesorteer deur op die ordentlike manier met mekaar te gesels.
    Nog ‘n wenk: as julle aan die baklei raak of as jy gevra word om ‘n dokument te teken of ‘n besluit te neem vra drie dae om te dink. Dit gee jou kans om werklik die implikasies deur te kyk en koppe bymkeaar te sit met iemand wat jy vertrou. So word jy nie in ‘n besluit ingedruk waaroor jy later spyt is nie.
    Onthou ook: ons vroue is soos teesakkies. Sit ons in die warm water en dan sien jy hoe sterk ons is.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s