Liefdesteleurstelling – my meisiekind het haar droomman verloor

Bekommerde pa:
Ek lees op die internet op n plek dink dit was die Rooi Rose gesprek en merk op jou kommentaar aan ander
Dit is so ondraaglik moeilik om vas te hou en te hoop dat dinge beter sal raak.
Ek was ook op ‘n tyd twee maal op selfmoord en in altwee gevalle het ons Hemelse Vader my deurgedra. Jy sien ek is ‘n optelkind. Ek is deur God opgetel. As dit nie vir die Here se liefde en Genade gewees het nie, waar sou ek gewees het

Jy wonder seker hoekom ek nou aan jou skryf? My meisie kind van amper 22 jaar het die afgelope paar dae
die liefde en droom man van haar lewe verloor, sy is stukkend en uit mekaar geskeur en dit lyk vir my dat sy
al so gedink het om ook n einde aan haarlewe te maak om by hom te wees, ek en my vrou prober alles in ons
vermoee om haar by te staan maar dit is so moeilik, ons lewe le in stukkies saam met haar. Dit is besig om ons
ook te vernietig. Ons kry nie antwoorde van Bo waarom God dit toegelaat het om te gebeur nie, maar ek bly
myself vertel dat Hy ‘n plan het in haar lewe en in ons sin.

Weet net nie meer hoe ons hierdeur gaan kom nie? Die pyn is besig om te veel te word!!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Liefdesteleurstelling – my meisiekind het haar droomman verloor

  1. Self -control is not the ability to say no to a thousand other voice’s. It’s the ability to say yes to the one thing so completely that there’s nothing left to give to the other options ( Bill Johnson: Hosting the Presence)

  2. Hene Pieter, ek tel nou eers jou epos op – ek was op ‘n konferensie, met ongelukkig baie min en wisselvallige opvangs.

    Ek wonder hoe dit gaan aan julle kant? Dit is van die seerste seer om iemand te verloor. Ek weet ek sê ‘hang in there’ want dit is al wat mens kan doen. Maar aanhang is juis to swaar, seer en alleen ding om te doen. Glad nie maklik nie. By jul dogter wees is regtig die beste manier om haar te ondersteun. Ek is bly dat julle dit met soveel liefde doen.

    Ja, die plan sien mens sekerlik nie nou in nie – maar sou dit nou beter gevoel het of uitgewerk het as die man haar later verlaat het? Dit klink nie of hy die regte een vir haar is nie. (Ek hoop nie ek misverstaan en dat hy oorlede is nie? Dit is net so hartseer …)

    Al ander raadjie wat ek het – verkleinwoord want ek weet dit is maar net dit – is om haar aandag af te trek – en julle s’n ook – sodat mens nie net op die hartseer van die dag fokus nie. Baie klein goedjies kan help – soos om elke dag vir die volgende paar weke voëltjies iewers te voer – in die tuin, of iewers anders. Die uitstappie en die voëls se interaksie help al klaar mens ligter voel, al is dit net vir ‘n tydjie elke dag.

    Vir party mense werk ‘n troeteldier – ‘n katjie (hy leef 15 jaar lank …) ‘n hondjie (10 jaar) of selfs ‘n hamster (2 jaar) – enige iets om te troetel en waarmee mens interaksie het. Wat van ‘n klein kruietuin? ‘n Fliek kan ook haar aandag aftrek.

    Die boek Stop Thinking – Start Living maak baie daarvan dat ons gedagtes bepaal hoe erg ‘n ding is. As jy vir jou kind dus sê ‘dit is vreeslik en dit is nou die einde van alle moontlike geluk’ voel sy baie baie erger en minder in staat om haar self te help, as wanneer jy sê “Dit is vreeslik. Maar weet jy wat? Jy is taaier as wat jy dink. Mense is taai. Jy sal oor hierdie ding kom. Jy voel vanselfsprekend nou seer. Dit is net normaal, en jy moet hartseer wees. Maar daar is ook ander goeie dinge in jou lewe – ten minste het jy nie met ‘n man getrou wat nie lojaal aan jou is nie. Jy kan jou hart as’t ware terugvat van so ‘n onverdienstelike persoon. Jy sal later weer beter voel. ”

    Baie, baie, baie vroue en mans is al hierdeur – as jong mense, na ‘n egskeiding, en so aan. Die mense sê almal een ding: ‘embrace the day’. Wees bedag op die wat die dag met jou gebeur, wat God oor jou pad stuur – klein stukkies vreugde, ‘n paar minute van goeie dinge – iets elke dag.

    Ek hoor ook iets van ‘optelkind’ in jou epos. Dink jy dat jy self ook weer ‘n bietjie van daardie verwerping van lank gelede beleef? Haar verwerping resoneer dus baie, baie diep met joune van lank gelede? Wat te verstane is. Gelukkig is dit al wat dit is – net ‘n herinnering dat jy ook eens deur so ‘n swaarkry is. Jy noem self in jou epos ‘ek en my vrou’ en ‘my meisiekind’ Jy het dus in jou lewe liefde en aanvaarding gevind. Baie en kosbare liefde, as ek hoor hoe julle mekaar ondersteun.

    DUS: Het jy nie eintlik self die antwoord en troos vir jou kind uit jou eie lewe nie? Sy het ten minste nou julle twee. As sy nie jou storie ken nie, vertel dit vir haar?

    Nog ‘n gedagte: as dit jou regtig baie sleg vang en jy sien dat jy (en sy) nie na so drie maande al ten minste ‘n bietjie beter voel nie gaan gesels met ‘n sielkundige. Soms sit mens met baie skeef getrekte persepsies wat juis in sulke oomblikke van seerkry vas gelê is. As jy met ‘n skoon bril kyk na ou emosies sien jy dikwels dat hulle jou terughou van geluk en sorgvry leef en die selfvertroue om jouself te wees en die geluk wat daar werklik in jou lewe is te geniet.

    Sterkte, ek glo absoluut dit sal mettertyd beter gaan, as julle elke dag ‘embrace’ wat die dag julle gee.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s