My dogter se ek is bipoler en weet dit net nie

Goeie dag, ek wil graag weet wat is die tekens van bipoler. My drie dogters is gemolesteer deur hul oupa en ek het dit eers uitgevind toe dit te laat was, wat nie n verskoning is nie. Die dogter wat ek gedink het dit vrygespring het is vandag die een wat die ergste ly daar onder. Sy is by ‘n sielkundige daar in Las Vegas en omdat ek en my en my man nie vir hulp gaan aanklop het nie en uit onkunde die oupa nie gaan aankla het nie word ek beskuldig daarvan dat ek bipoler is en nie dit verstaan nie.
Help asb !!!!!!!
Die verwyte wat ek nou op haar ouderdom van 35jr kry is vir my baie erg en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ek aanvaar volle verantwoording vir wat gebeur het, my pa is n jaar gelede oorlede op die ouderdom van 92jr en ek het hom gehaat tot die dag van sy dood. Maar terselfder tyd moes ek hom vergewe sodat hy sy oe kon toe maak tot sy ewige rus. Daar is so baie wat ek wil se en die selfverwyt is erg.

HELP MY ASB !!!!!!!.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

7 thoughts on “My dogter se ek is bipoler en weet dit net nie

  1. Groot asb ek soek raad,my dogter van 12 en my man het 4maande siek begin raak,ons was by 3verskillende dok en hosp,allerande toetse is gedoen,maar wys daars niks fout nie.die simtoome is brandende oie ongemak in jou eie liggaam,naarheid kom en gaan,lam tamheid,my dogter raak so sy sak net in mekaar

    • VERRAAD

      Die ure tel ek af met sigarette
      Op ‘n goeie dag kry ek een per koppie tee
      Op ander tye is dit twee

      Die rusteloosheid volg my soos my skaduwee
      Waar dit nou val lyk dit my ek het verlange
      Na die kuiltjies in jou wange

      Die ligte kaats ‘n reenboog op die strate in die reen
      In die vriendelose stad en al die gesigte is nat
      Soos wanneer ons saam bad

      En toe ontdek ek jou verraad toe jy jou goed vat en loop
      Sonder om om te kyk is jy weg asof iets jou jaag
      Ek voel die liefde skielik vervaag

      My hart aan ‘n dun riem
      Selfs my kind het jy weg en my lewe is leeg
      Maar ‘n vaderhart loop nooit leeg nie

      Ons sit soos vreemdelings teenoor mekaar in die hof
      In jou stem is donderweer wanneer jy my beskuldig van oneer middellik
      Opsetlik opsigtelik onverbiddelik

      Ek kan die klagtes teen my nie beheer nie
      Jy vat als
      Want jou intensie was vals

    • as elkeen een ander een help kan die wereld net ‘n beter plek vir almal raak – pay it forward 🙂

  2. Kopdolla antwoord:
    Jong, nee, jou dogter is eintlik kwaad. Bitter kwaad. Woedend. En sy voel totaal verraai. Sy probeer op ‘n manier verstaan hoekom jy haar nie beskerm het nie.
    Ek is nie seker hoekom sy dink jy is bipoler nie? Lyk dit vir haar dat omdat jy jou pa vergeef het dat jy die probleem bloot ontken? Ontkenning het niks met bipoler te doen nie. (Ek bewonder jou eintlik dat jy hom kon vergeef.)
    Maar wat kan jy doen om haar te help – en aan haar te bevestig dat jy vir haar baie lief is? Dalk kan jy aan haar ‘n brief skryf? Iets wat sy kan weer en weer kan lees? Moet net nie haar daarin verwyt nie – vertel net die geskiedenis, soos jy dit beleef het.
    Ek dink ook dat jy dalk self kan baat daarby om met ‘n sielkundige te gaan gesels. As jy dan wel bipoler is, sal hy/sy dit baie gou optel en jou verder help, met aanpassing, medikasie en so aan.
    As jy eerder met selfverwyt of onderdrukte herinneringe / emosies sukkel sal jy ook die regte hulp kry. En dalk kan die twee sielkundiges met mekaar gesels, om haar die beste te help.
    Sterkte!

    • Kopdolla daar is n langpad wat voorle na vergifnis. In my eie lewe kan ek boek dele skryf oor die ervaring in my eie lewe. Ek was daar met my ma. Ek is misbruik deur n man wat my ma hulle se huis vriend was en my ma wou he hy moes my man word. Vandag jare later besef ek hoeveel bitterheid haat en woede daar nog in my skuil. Niemand sal haar kan help nie net God en gebed. Sy het tyd nodig om hiermee te deel en dit gaan nie maklik wees nie. Daar is haar menswees haar vroulikheid haar alles het gesteel van haar. Sy kan ook op n punt in haar lewe kom wat sy niks met niemand te doen wil he nie. Niks meer vir haar saak maak nie. Want dit kan voel of sy nie goed genoeg was om ernstig opgeneem te word nie. My ma het tot vandag toe nie die res van die familie die waarheid vertel nie en hou my verantwoordelik want ek is of wel was n meisie en dit is my skuld. So ja ouers moet ophou om hulle doof te hou vir hul kinders of te dink kinders lieg. Ek is jammer vir haar en hoop sy kry genoeg terapie om die leisels na vrede en aanvaarding op te tel. Die pad is lank. Sterkte vir jou dogter maar ook vir jou veral omdat jy nou wil regmaak.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s