Kan dit te laat wees om vars te begin … op sestig?

Ek is alweer sonder werk; en hierdie keer is ek wragtig in finansiele moeilikheid met die gevolg dat idees oor selfmoord in my gedagtes begin maal. Gevoelens van spyt, teleurstelling, wanhoop, maar veral ontnugtering lei tot angs en depressie. Ontstellend vir my is dat sekere gedragspatrone vir my duidelik word. Byvoorbeeld het ek van jongs af gehakkel en ek het bkore gehad. Die verleentheid wat deur die spraakgebrek veroorsaak is, het al van kleintyd in die Sondagskool baie skaamte veroorsaak. Ek het begin stokkiesdraai, maar eintlik was die ontvlugting van die onhoudbare angswekkende situasie en die vrees vir mense wat van vroeg af reeds begin posvat het. Ek het die vir baie jare lank nie verstaan nie. Tydens my skooljare het ek siek gespeel, omdat ek bang was dat ek vrae in die klas gevra sou word of resitasies sou moes voordra of sou moes lees terwyl ek nie voorberei het nie. Ek het agter die spraakgebrek geskuil en gehoop dat onderwysers my sou ignoreer en nooit geleer om eerder voorbereid klas toe te gaan nie. Die vrees het gesonde verstand verdring. Ontvlugting het posgevat as afwykende gedragspatroon. ‘n Terugblik oor my lewe het aan die lig gebring dat hierdie ontvlugting as afwykende gedragspatroon gelei het tot ‘n lewe van verkwisting van bates, alienasie van betekenisvolle medemense en mislukte menseverhoudings met kinders. Die skerp inslag van die werklikheid van die huidige krisis het my ontnugter gelaat met die delusies waaraan ek vasgeklou het. En dit voel vir my asof dit te laat is, want ek is alreeds 60 jaar oud. Ek voel soos ‘n dwaas en ek besef ek het ‘n problem, maar magteloos om iets daaraan te doen.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Kan dit te laat wees om vars te begin … op sestig?

  1. Wanneer jy nog die vraag vra. Is dit nie te laat nie. Wanneer jy ophou vra dan is dit te laat. Jy het nou die kennis wat jy nie op skool of toe jy jonger was gehad het nie. Gryp dit, gebruik dit!! As jy skuld het, gaan sien jou skuldeisers en verduidelik die situasie. As jy nie kans sien daarvoor nie, of as hulle nie rede wil insien nie, gaan spreek ‘n skuldberader. Ek het jare geloop met finansiele stres totdat ek hulle gaan sien het en skielik het ek vir 1ste keer in 15jaar rustig geslaap. Daar is soveel kerke wat help indien jy gaan aanklop. Jy sal verbaas wees. Girl, jy is jonk! Dalk nie in jare nie, maar in gees. Moenie moed opgee nie. Nee man!! Wys aan jouself jy kan verantwoordelikheid vat en vat dit dag vir dag en begin die verandering. Indien jy nog sukkel met spraak. Gaan sien spraakterapeut. Die staat het baie goeie terapeute. My seuntjie het een gaan sien en ons het baie geld gespaar. Om net eers te leer om reg asem te haal en hoe om reg te praat vat BAIE, BAIE stres af. Jy gaan voel jy het Kilimanjaro uitgeklim sonder suurstofbottel en met bikini aan!!!!!! – en jy kan nogsteeds lag, rondspring en goed voel.
    Ek het 2 maande terug op 41 jarige ouderdom ook by spraakterapeut uitgekom. Op skool gehakkel, en kompensasiemetodes aangeleer om te keer dat ek hakkel. Maar nogsteeds was gesprekke vir my baie stresvol. En ek het soms gevoel ek kry nie asem nie. Nou is dit alles verby – ek voel so vol selfvertroue. Jy kan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. Ek is jammer om dit te hoor. Die oomblik as jy besef dat daar geleenthede is waar jy nier hoe te praat nie. Jy het ‘n blog dus is jy rekenaarvaardig jy kan dit gebruik Ek sien ‘n sekerheid dat as jy ander help jy ook gehelp kan word. As jy ‘n voertuig het kan jy ‘n diens lewer . Ons het haarkapsters wat elke week hierheen kom Hier is ‘n vrou wat elke maand voete kom doen – sy het geen opleiding maar maak so ‘n lekker geldjie?

  3. Ek verstaan so goed hoe jy voel. n Fliek wat my ongelooflik geinspireer het was The King Speech. King George VI het gestotter . Dis ook hy wat in n toespraak die Britse volk moes meedeel dat hulle n tweede wereld oorlog gaan deur gaan. Hy moes derduisende mense die versekering gee more gaan ok wees. Hy’t nie een keer gestotter !! Generaal Jan Smuts het op ouderdom 65 sy Issie beloof hy tree uit die politiek net om haar die volgende dag te laat Suid Afrika gaan help met dieselfde oorlog en hy het Generaal geword. Hy was omtrent nooit by die huis nie en tog is die laaste foto wat van hom geneem is , die voormiddag van sy dood waar hy in die tuin sit en vir twee van sy klein dogters voorlees hy was in die 80. Mens kan niks doen aan gister of selfs n uur gelede nie maar dis in jou hande, denke, om iets te doen aan nou. Ek het al dikwels die besluit geneem om ander te help as ek hulp dringend nodig het. Soms is die kleinste takie wat mens oorneem tot ongelooflike hulp van die ander party en stadig maar seker draai die wiel waar jy die ou is wat hulp ontvang.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s