Dis die hart uitpraat met mense wat dieselfde voel, of wat ʼn kenner is op die gebied , waarna ons smag….. 

 Ek wil vir julle hierdie brief stuur wat ek van my dogter af gekry het, wat haar gevoelens en gedagtes is oor hierdie siekte, en vra of julle dit kan oorweeg om dit te publiseer.  Soos julle kan sien is daar soveel moedeloosheid in haar woorde, en ek glo daar moet baie mense daar buite wees wat dalk nie so alleen sal voel as hulle haar brief lees nie. Dit breek my as die ouer en ouma se hart om dit te lees, en dit is een van die seerste gevoelens wat mens kan ervaar as jy nie weet hoe om te help nie.

 Baie dankie

 Beaulah

 

 I’m friends with the monster inside of my head.

 Hoe doen mense dit? Lag en gesels asof niks verkeerd is nie.  Soveel dae staan ek op en wens dit kan ʼn goeie dag wees.  Baie dae is dit……ander dae is dit weer moeiliker ….

Jy kyk vir jouself in die spieël en hierdie drog beeld, hierdie vreemde persoon staar terug, iemand wat jy lank gelede geken het.  Iemand wat eens op ʼn tyd gelukkig en sorgloos was.

 

Jy kyk in jou kind se oë en sien dieselfde leegheid. Jy vrees die volgende keer dat hy weer  ʼn episode het. 

 My kind ly aan bipolêre versteuring (ʼn gemoedsversteuring) en so ook ek, sy ma. Die een wat veronderstel is om hom te koester, te help wanneer hy sukkel, wanneer hy seer het, wanneer hy hartseer is.  Dis ʼn siekte wat geen uiterlike tekens het nie…. iets wat jy kan sien nie.  Niemand verstaan hierdie monster binne jou nie, nie eens jyself nie.  Jou gemoed, jou emosies, jou buie wat wipplank ry die heeltyd.

 My kind is twaalf jaar oud en het al twee keer probeer selfmoord pleeg.  Jy leef dag na dag, uur na uur met die vrees van wanneer dit weer gaan gebeur.  Hy dreig om die familie skade aan te doen. Hy storm af op sy tweejarige boetie met ʼn sker. Hy se hy gaan sy sussie se keel afsny.  Jou lewe word ʼn warboel van vrees, van min slaap, van jou gedagtes wat oorheers word met wat as, hoekom…..hoe help ek hom?  Jy sien die donker oë en gemoed en jou hart breek vir jou kind.  Hoe verduidelik jy dit vir ander mense, hoe help jy jou kind as jy jouself nie kan help nie, dit self nie verstaan nie?

 Vreemdes sien jou kind as ʼn monster, ʼn wreedaard, ongemanierd, iemand wat nie respek het nie vir ander nie, iemand wat in boystown of selfs die tronk hoort (hoe gereeld hoor ek dit) Dit is so maklik vir hulle om dit te se……..  Jy begin ʼn kluisenaars bestaan voer. Dit maak seer as mense so na jou en jou kind kyk. Niks en niemand berei jou voor op hierdie onwillekeurige uitbarstings nie.  Mense is so onkundig op die gebied van bipolere versteuring .  Dis moeilik genoeg as volwasse mens om jou emosies te verstaan en te probeer beheer, my seuntjie is nog so klein en hy gaan deur hierdie vreeslike stryd.  Hy verstaan nie wat aangaan met sy liggaam nie, met sy gedagtes nie, hoekom hy so voel of reageer nie, hy kan nie verstaan hoekom hy hierdie emosies het nie.  Die geringste klein dingetjie kan ʼn ontploffing veroorsaak,  en jou hierdie donkerte laat betree. 

 My kind is al twee keer in een jaar opgeneem in Weskoppies, elke keer wanneer dit so erg geword het dat ons hom heeltyd moes oppas uit bekommernis, bang dat hy sy dreigemente sal uitvoer. Ek moet my kind beskerm maar hoe kan ek hom beskerm teen homself as ek ook so voel . Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sal enigiets vir my kinders doen……dis net so verskriklik moelik as ek dieselfde tyd met my eie monster stoei……………

 My seun is n pragtige kind, ʼn grapjas op goeie dae…..maar op sy donker dae se en doen hy dinge wat ek weet hy nie bedoel nie. Hy praat nie graag oor sy emosies nie…..hy is ʼn eenkant kind……. hoe bitter alleen moet hy nie voel nie.

 Ek het al soveel navrae gedoen, en voel of ek myself teen n muur vasloop. Elke keer dieselfde antwoord…….daar is nie ondersteunings groepe vir kinders nie. Ek kan nie dink hoekom nie……daar word vir my gese dat dit hulle meer depressief maak, maar is ek verkeerd as ek dink dat dit my kind kan help om te praat, te se wat hom pla, te se hoe hy voel, dinge wat hy nie noodsaaklik teenoor ons as sy familie sal erken nie.  Daar is tog sekerlik ʼn behoefte vir so n groep, my kind is nie die enigste kind wat aan Bipolêre  versteuring ly nie….. daar is ander kinders wat deur dieselfde wroeging as my kind gaan. 

 My kind is op medikasie maar het sielkundige hulp en ondersteuning ook nodig. Ons hele familie het dit nodig, om dit kan verstaan……. My mediese fonds is reeds vroeg in die jaar uitgeput, en ons salarisse laat dit nie toe vir ons om na n sielkundige toe te gaan nie.  Ons moes heelwat tyd afvra by ons werknemers om ons seun by die dokters te kry, hospitaal toe te neem ens.  Dit beteken dat ons nie meer tyd in werksure kan afvra nie, en om na ure na die ondersteunings groepe toe te gaan vir volwassenes, sal help, maar die groepe is of te ver waar ons woon af, of as dit naby genoeg is, is die aanvraag nie groot genoeg vir ʼn weeklikse sessie nie.  Waarheen moet ons dan…….ons smeek om hulp…….ja die Internet is n wonderlike hulp middel, maar dit is die menslike kontak wat ons benodig, die medikasie help, maar dis die hart uitpraat met mense wat dieselfde voel, of wat ʼn kenner is op die gebied , waarna ons smag….. 

 Op dae wanneer jou gemoed donker is, irreteer alles jou.  Alles is te veel.  Te veel geraas, te veel beweging, te veel… te veel…. te veel.  Dit voel of jy iets of iemand hetsy jouself of iemand anders, kan skade berokken.  Jy dink aan hoe jy moord kan pleeg. Hoe gaan jy dit doen. Dis skokkend om sulke gedagtes te hê, maar as jy praat hieroor gaan hul jou toesluit en jou nooit weer uitlaat nie.

 Die monster wil uitkom………. hy wil nie onderdruk word nie. Hy wil gehoor word en gesien word.  Jy baklei met alles wat jy het teen hierdie stryd wat hier binne woed om jou sinne te behou.  Jy weet hier kom moeilikheid maar kan dit nie keer nie. Dis soos ʼn groot golf wat kom, ʼn  Tsunami golf, ʼn yslike groot woede golf.  Jy sien dit en word bang want jy weet wat die uiteinde gaan wees, maar kan dit nie keer nie. Jy is nie in beheer nie. Jy word teen jou sin meegesleur en skop en skree in jou innerlike soos ʼn stoute kleuter maar jy word aan jou hare rondgesleep en geforseer om te staan en toe te kyk hoe hierdie monster die mense om jou seermaak.  Jy het geen beheer nie. As die episode klaar is kan jy niks onthou nie maar jy weet diep hier binne wat gebeur het. Dis seker soos om onder hipnose te wees.  Jy moet maar net die bui uitwoed en klaar kry, maar ten koste van wat? 

Baie mense sien dit as aandagsoekery, as hulle net weet hoe alleen jy in hierdie donker vertrek staan in ʼn straight jacket en nerens heen het om te vlug nie. Jy is ʼn gevangene in jou eie liggaam en verstand. 

Party dae dink jy dit sal beter wees om alles te eindig, die seer, die onsekerheid om net weg te vlug na ʼn plek waar daar nie meer die seer is nie, hierdie alleenheid, hierdie onsekerheid.  Sal daar ooit weer n normale dag in jou lewe wees. ………Jy sit en vrees vir wanneer daai golf kom.  Daar is geen waarskuwing nie, geen beheer nie. Net die verwoestende uiteinde. 

 Ek ly aan Bipolêre versteuring  en ek moet leef hiermee.  Ek moet elke dag opstaan en myself staande hou vir my man en my kinders. Dis bitter moeilik om positief te bly in sulke omstandighede.

 Is ek al een wat so voel ……..is daar ander mense daar buite wat ook hierdie monster het, hom ken……natuurlik is daar……..dis net nie so maklik om ons te erken nie………….

Because we are the people behind the masks … and you will never know that I share my life with a monster if I didn’t tell you……………….

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Dis die hart uitpraat met mense wat dieselfde voel, of wat ʼn kenner is op die gebied , waarna ons smag….. 

  1. bipoler is voorwaar n monster. Die probleem is mens kan nooit vriende word met enige monster nie. n Monster is n monster hy verander nie. Ons moet die monster uit oorle , katswink slaan. Ek dink jou seun is oud genoeg dat julle vir hom boks handskoene kan gee en n slaansak kan ophang. Sal great wees as dit buite is , soos aan n boom. Ek stem ongelukkig saam dat n ondersteuningsgroep vir kids dalk meer skade as goed kan doen. Op n stadium was ek terapie voos en het dit my gedreineer om te hoor ek moet iemand gaan sien. Jy is streetwise girl! jy ken hierdie monster en het die kennis om jou seun te help met dit wat goed is en reg is. As mamma moes ek my kids leer dat n skree episode onaanvaarbaar is en het ek hul n hele ruk lank gevra om my te vergewe vir swak gedrag of woede uitbarsting. Ek moes hul self n slag of twee raps op die boud oor n trantum of woede uitbarsting en ek het die vorige dag geskreeu of self n koppie teen n muur gegooi!! Skole het toegang tot n sielkundige en ek glo nog in onderwysers ten spyte van al die negatiewe stories wat ons hoor het n onnie n hele paar keer al een van my kids bygestaan toe die MONSTER in ons huis sy intrek geneem het vir n dag of twee en ek hom uit gejaag het .

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s