My pa skree lelike dinge op my maar ek vat dit nie kop toe nie

Plaasmeisi’q
Engel’q ek sit nou nie in dieselfde plek as jy nie. Maar my pa en ma bly nie by mekaar nie maar is ook nie geskei nie nie. My ma bly by ‘n ander oom en eks maar net 16. My pa skree gereeld op my oor my ma en ek voel ek kan net weg raak en nooit weer terug kom huis toe nie. Hy het ook al vir my gese ek gaan soos my ma uitdraai en ‘n hoer en slet en sulke goed wees. Maar ek vat dit net nie kop toe nie want in die dorpie waar ek bly is daar mense wat volle vertoue in my het en ek doen onmenslik goed in my sport en almal in die dorpie ondersteun my altyd in alles en daarom konsentreer ek voluit op wat my toekoms vir my inhou. Ek werk hard om my pa te wys ek sal ‘n sukses van my lewe maak – maak nie saak wat in my pad kom nie. Ek sal oor dit kom. Ek ek is tot alles instaat deur Hom wat my die krag gee om sukses te behaal in my lewe. Daarom se ek nou vir jou dat jy ook sukses kan behaal. Glo net in jou self en weet dat almal rondom jou jou altyd sal ondersteun!! x0x

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “My pa skree lelike dinge op my maar ek vat dit nie kop toe nie

  1. Kopdolla
    Plaasmeisi’q ek is so trots op jou! Sjoe! en op jou dorp se mense ook. Hulle se mos ít takes a village to raise a child’. Hiers sienmens dit in aksie: die dorpsmense sien, verstaan en ondersteun. so baie keer sien hulle en skinder en breek net verder af.
    Maar dit het sekerlik ook daarmee te doen dat jy ordentlik optree en beginselvas bly.
    Mooi so – en dankie dat jy Engel’q moed inpraat

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s