Wat kan ek doen vir my vriend met depressie?

Bianca:
Ek is 16 ek het ‘n vriend wat aan depressie lui. Sy pa het toe hy 11 was selfmoord gepleeg . Hoe help ek hom om uit dit uit te kom ? sy ma is ‘n alkolis en help nie regtig baie nie. So wat kan ek doen om te help?

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Wat kan ek doen vir my vriend met depressie?

  1. Liewe Bianca
    Dis baie moeilik om iemand met depressie te help wat hul nie self wil help nie. Gewoonlik isOEFENING wat eerste in die slag kom ek weet want ek hou oefen wanneer ek depressief is. So gaan stap saam met hom.
    LUISTER maar pasop om te veel raad of n oplossing te gee probeer gee pasop ook dat jy nie sy snipper mandjie word jy moet ook na jouself kyk.
    MUSIEK kan mens laat diep sak of dit kan n spark veroorsaak wat jou better laat voel. Soek vir musiek soos Bomfire in my Hart . Bastille – Pompeii kan dalk help om n gesperk te begin en Overjoyed kan weer help om bietjie te lag oor iets silly ?

    • Kopdolla:
      Jy is so na my hart – nog piepkuiken en al klaar wil jy help.
      Die vorige kommentaar is baie sinvol. Doen dit gerus.
      Nog ‘n paar dinge:
      1. Hulp met depressie is baie belangrik terwyl mens nog jonk is. Depressiewe jong mense kan op so baie dinge uitmis – te depressief wees om te leer en dus nie verder studeer nie; te depressief wees om vriende te maak en dus nie ‘n ondersteuningsnetwerk en ‘n vriendekring opbou nie, te depressief wees om hul beste te gee by die werk en dus nooit ‘n loopbaan bou nie, en so aan.
      2. Maak seker dat hy besef hoe belangrik dit is dat HY sal uitreik vir hulp. Sy lewe kan net beter wees as hy iets doen. Niks doen gaan niks beter maak nie.
      3. Baie mense kan deur net bewus te wees en te verstaan waarom hulle depressief voel al klaar hul depressie beter bestuur. In sy geval is daar oorgenoeg rede – ‘n ma wat nie kan ondersteun nie en geen pa nie, om alleen in die wereld te voel, ens.
      4. Baie mense kan deur boeke soos Stop Thinking and Start Living (Richard Carlson) hulself help om nuwe gedagtepatrone te vestig en geleidelik perspektief te kry en so leer om hierdie siekte beter te bestuur.
      5. Ander mense het nie ‘n tydelik depressiewe toestand nie maar depressie as siekte, wat met medikasie behandel moet word.
      Aangesien jou vriend se pa sekerlik depressief was is die kans goed dat hy juis ook depressie as siekte ‘ge-erf’ het soos ander mense diabetes van hul ouers ‘erf’.
      6.. As hy op skool is behoort daar ‘n personeellid te wees wat leerders met depressie verwys na ‘n sielkundige of dokter.
      7. As hy nie meer op skool is nie moet hy self na ‘n dokter gaan, wat sal uitwerk op geselsterapie op hierdie stadium voldoende is en of hy dalk tydelik ook medikasie nodig het.
      8. As hy nie ‘n inkomste het nie moet hy na die munisipale kliniek gaan, waar hy wel geholpe gaan kom – dit klink my asof dit dalk sy opsie gaan wees.
      9. Daar is ook baie gratis ondersteuingsgroepe beskikbaar.
      10 Laaste ding: moet nou nie hom so probeer red dat jy alles doen nie. Dan maak hy sy depressie jou verantwoordelikheid. So raak dit mettertyd jou skuld dat hy depressief bly – terwyl hy niks doen om hom self te help nie. Kopdolla raak die #$!#%$#% in vir mense wat ander mense misbruik as verskoning vir niks doen nie. Dus: jy help maar net tot op ‘n punt.
      HY moet skaamte, verleentheid, ego, angs, en wat ook al hom weerhou daarvan om hulp te kry in die sak steek en opstaan vir homself.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s