My dogterjie van 5 is ERG jaloers

A skryf:
Hi,ek wil graag raad he asb. My dogtertjie van 5 is ERG jaloers op my.
Wanneer my man my soen of druk of soos vannaand optel kom sy tussen ons ingehardloop en wil altyd deel wees van die soen en druk. Wanneer sy dan nie die aandag kry wat sy soek by haar pa nie begin sy te huil.

Ons gee aan albei ons kinders ongelooflik baie aandag en vertel elke dag hoe lief ons hulle het. Ons kinders is bevoorreg om in so n gelukkige huis groot te word en word oorlaai met liefde, aanvaarding en alles wat hulle nodig het. Daar is dus geen rede waarom sy so moet optree nie.

Sy soek ook altyd baie aandag by die skool en raak kwaad as ander kinders meer antwoorde mag antwoord as sy.

Is dit nou maar net haar persoonlikheid of is daar sielkundige redes hiervoor?

Gelukkig pla dit my nie so erg nie maar ek wonder maar net aangesien dit gewoonlik ma’s is wat op hul dogters jaloers is maar nie andersom nie.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “My dogterjie van 5 is ERG jaloers

  1. Hallo Liewe Mamma

    Dit maak my baie opgewonde wanneer ouers hulp vra as hulle met iets sukkel of net vrae het oor dit. Dit wys dat jy as mamma ‘n “teachable” hart het en dit is baie, baie mooi!

    Ek verstaan dat dit jou nie so erg pla nie en ja, meeste dogtertjies is maar so bietjie jaloers op mamma waar dit pappa aangaan. ‘n “Gesonde” jaloersheid terwyl jou kind klein is sal bv gewys word wanneer ‘n kind (seuntjie of dogtertjie) tussen mamma en pappa inwurm wanneer hulle mekaar druk of soen (soos jou dogtertjie doen). Eintlik soek hulle dan maar ook net liefde van hul ouers. Maar selfs in daardie situasie moet ouers en kinders gemaklik voel en moet dit sommer in ‘n gespelery eindig. Huilery of “tantrums” moenie toegelaat word nie – dit is blood nie gesond nie.

    Jou pop moet weet dat JY pappa se vrou en sy groot liefde is. Ja, sy sal pappa om haar pinkie draai en in ‘n mate is dit goed. As ‘n dogtertjie ‘n goeie verhouding met haar pa het en pappa haar mooi hanteer, het dit uiteintlik ‘n groot invloed oor hoe sy mans ervaar. Dis hoekom ‘n pappa baie spesiale tye ook met sy dogter moet hê. Terselfdertyd moet pappa baie “man-dinge” saam met seuntjies doen – dit bou seuns se eie manlikheid!

    Wat jy versigtig voor moet wees is dat jy en jou man nie voor jul kind oor dinge verskil nie. As sy bv weet jy sê nee vir iets waarvoor pappa ja sê, word jy as die “bad cop” gesien. Ouers moet op dieselfde bladsy bly. Die regte antwoord van pappa OF mamma (wie ookal eerste gevra word) moet wees: “ek en mamma sal praat en vir jou nou-nou sê.” So weet sy dan nie of julle dalk verskil het nie, want sy sien net ‘n pappa en mamma wat saamstaan en dieselfde antwoord gee. As haar jaloesie nie verander nie, kan sy dit beslis as manipulering begin gebruik om haar sin te kry of sy kan julle teen mekaar afspeel en dit kan tot groot probleme tussen jou en jou man lei.

    Die groot ding is dat jou dogtertjie nie sal verander tensy sy geleer word hoe om reg op te tree nie. Kinders kom as “skoon boekies” in hierdie wêreld en hulle optrede weerspieël alles waaraan hulle bloodgestel is en wat ons in hulle lewens skryf. Om verandering in haar gesindheid te sien, sal jy en jou man iets moet verander in hoe julle met mekaar en met haar optree.

    Ek is ook ‘n mamma met 2 klein kindertjies (seuntjie van 8 en dogtertjie van 5). Iets wat ouerskap my laat besef het is dat my kinders net vir 18 jaar “kinders” gaan wees. Daarna is hulle groot mense en moet hulle weet hoe om die lewe te hanteer. Elke ding wat hulle in my huis ervaar gaan hulle of voorberei vir ‘n sterk, suksesvolle toekoms of dit gaan hulle voorberei vir ‘n lewe van ongeluk. Die groot probleem in ons samelewing is dat baie ouers dink die skool moet my kind vir sy toekoms voorberei, terwyl die enigste voorbereiding wat die skole bied op akademie en sport gerig is. Ek as ouer, het ek besef, moet self die verantwoordelikheid neem om my kind as ‘n leier groot te maak. Hoe moet ek dit doen? Hier is ‘n paar dinge wat ek toepas met my kinders:

    1. Ek en my man is die eerste gesagsfigure met wie my kinders te doen kry. Ek moet hulle leer hoe om teenoor gesag op te tree. My kind moet weet hoe om met respek met sy/haar onderwysers te praat; hoe om met ooms en tannies te praat; hoe om met oupa en ouma te praat; hoe om teenoor vreemdes op te tree; hoe om eendag teenoor hul baas op te tree. As ek my kinders sou toelaat om “tantrums” te gooi en op my te skree, is ek nie besig om my kinders vir sukses voor te berei nie. Hul onderwysers gaan nie van hulle hou nie. Ander volwassenes gaan dink my kinders is ongemanierd. Hulle sal my selfs in die publiek in die verleentheid bring oor hul gedrag. En hoe gaan hulle eendag teenoor hul werkgewers optree?

    2. Die tweede ding wat ek besef het waaraan ek baie aandag moet gee is aan liefdevolle dissipline. Dissipline vir baie ouers is net ‘n aanhoudende dreigement en kinders weet presies wat om te doen en hoe vêr hulle kan gaan om te kry wat hulle wil hê sonder gevolge. Dissipline word nie net ligtelik gesê en nooit deurgevoer nie. Inteendeel, ek praat een keer. Indien my kinders die eerste keer teëpraat of ‘n lelike gesindheid het, vra ek hulle om weer ‘n keer te antwoord met die regte gesindheid. As hulle nie die regte gesindheid wys nie, is daar onmiddelike gevolge. Dit klink dalk verskriklik erg, maar weet jy hoe min ek my kinders straf? Hulle is gehoorsaam en ‘n plesier vir almal in hulle lewe – selfs vir hulle self! Hul onderwysers geniet hulle en stuur selfs vir my boodskappe oor my kinders se mooi maniere. Dissipline + liefde werk!

    3. ‘n Derde punt wat ek met jou wil deel is iets wat ook baie na aan my hart is. Mense wil vandag nie verantwoordelikheid vat vir hul eie dade nie. Almal beskuldig eerder iemand anders sodat hulle goed kan lyk. In my huis word dit gladnie toegelaat nie. Wanneer my 2 karnallies baklei tot die punt wat straf nodig is, moet elkeen vir my vertel wat hulle self gedoen het. Boeta mag nie sê sussie het dit of dat gedoen nie en sussie mag ook nie sê wat boeta gedoen het nie. Elkeen van hulle moet sê wat HULLE gedoen het en daarvoor word hulle gestraf of ons werk deur dit en praat oor hoe hulle eerder moes opgetree het. Van kleins af moet my kinders leer om verantwoordelikheid te vat vir hul dade en vir wat hulle graag uit die lewe uit wil hê. Ons as ouers moet hulle hiervoor voorberei.

    Dit is ‘n baie groot verantwoordelikheid om kinders te groot te maak. Ons as ouers moet daardie verantwoordelikheid omhels en ons alles gee om leiers groot te maak wat omgee vir ander mense, weet hoe om teenoor ander op te tree en hoe om ‘n sukses van hul lewens te maak.

    Jammer dat hierdie antwoord so lank is en dalk bietjie afgedwaal het van jou vraag. Ek werk met so baie volwassenes wat vandag nog seer in hulself rondra oor verskeie hartseer herinneringe van hul kinderjare en ander se verhoudings word nooit met hul ouers herstel nie. Ek het ‘n absolute passie vir ouer-kind verhouding en as jy enige verdere inligting wil hê is jy meer as welkom om met my in verbinding te tree.

    Vriendelike groete,
    Debbie De Jager
    Certified John Maxwell Coach, Teacher and Speaker
    http://www.johnmaxwellgroup.com/debbiedejager
    http://www.dare2lead.com

    • Goeie dag Ek hou van wat ek Lees, my vraag is hoe discipline mens jou kind. My kind is 5jaar oud en het i lewer oor planting gehad op 2 en is gewoont om weg te kom met moord maar watter praktiese manner kan ek haar straf want met alles se sy ek soek vir mamma dit raak overwhelming

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s