My man mishandel my – wat moet ek doen?

Mag my brief by d regte persoon uitkom, sodat ek d regte, eerlike en vertroubare advies kan hoor, wardeer en volg… Asb help my dringend.. Ek soek al lankal iemand met wie ek kan praat en uitlating gee! En te probeer verstaan hoekom hoekom hoekom d dinge gebeur….
Was ek op d regte tyd by d verkeerde mens of anders-om?? Was dit n natuurlike menslike beweging of het God ons rerig vir mekaar bedoel???????
Moet ek net ‘n les leer en my k@k stop (daaglikse uitlating wat ek aanhoor!), dis nou wanneer ek opstaan vir myself, ons kids of enigiemand wat gevloek word! Bv moes ek dit weer eergister hoor toe ons as gesin d nuwe fliek ‘Diana’ kyk – ek moes aanhoor dat sy n GROOT slet is!! Haar toewyding en titel toe beskerm met d feit dat dit n lelike en onware opmerking was! En d slotsom vd aand was weereens dat ek vol k@k is…
Ek hou niks vd afkraak v mense nie, leer my kinders ook so, bv om nie lelik te skinder v maats nie. Dis pleinweg net lelik! (En al d afkraking oor d jare het my al ingeskerp om dit te hoor en mense te verdedig en beskerm!). Ek kan nie net op my plek wees en stil bly terwyl ek aanhoor hoe woorde ander se harte seermaak nie….

Vinnige opsomming van myself (ek dink dis belangrik sodat karakter tipes raak-gesien en verstaan word):
Ek’s ‘n kunstenaar in murg en been – van ontwerp, fynkunste, decor, litteratuur, musiek tot d Universal laws en mense se self….maw. ek kan uniekheid in enigiets raaksien en waardeer…..en ja, ek het gehuil in Bambi… Ek het ‘n sagte plekkie vir diere (dieremishandelaars verafsku ek), bejaarde ou mensies (geduldlose mense maak my vies), kindertjies (mishandelaars moet doodstraf kry), en mense wat regtig lief is en kan wys is soos engele vir my…
Ek’s amper 40 en n mamma v 4 gorgeous kinders, my rykdom.
Groot geword tussen d platteland en stad, ek’s meer aards as materialisties! Ek hou v kleiner dorpies waar jou woord nog jou eer is en mense alles v jou weet en jou goed ken, veral as jy terug lief is vir d gemeenskap. Die stad was ook goed vir my, blootstelling aan enige volumes en verskille het my n goeie insig gegee oor wat d wereld ‘daar-buite’ aanvang.
Ek’s n vrede-maker, goeie ‘sjef’, onthaal graag, hou van rustige en mooi omgewings en raak ‘verdwaal, in d natuur se skoonheid.. Ek het eindlose geduld en d vermoe om rerig na mense te luister en te help waar en met ek het en kan help, bv my ‘goedkoop’ selfoon al weggegee vir n toeris – sy moes dringend haar familie kontak en d selfoon winkel waarin ek toe staan wou haar duisende rande vra vir ‘devices and roaming’…
Daarby kan ek las dat ek ook geensins n rassis is nie, het d beste opbouende ‘mama’ gehad wat ook in liefde geglo het en nie kleur nie.
Ek lees graag en baie, en enigiets! Om kennis te dra en te verkry is vir my nie net belangrik nie, dis lekker! En dan sekerlik ook d enigste manier hoe ek gaan kan ‘travel’ en imagine hoe kos en hul aroma’s smaak en ruik…. Ek’s in n Christelike huis groot gemaak, God is altyd naby en in my.. Die kunste en wetenskap het al wel verskille uitgewys, d kennis daarvan is belangrik!
Holisties, homopaties en universiele sieninge vanuit en oor d natuurlike vormes vd aarde is ook vir my belangrik!! Jip, ecoboffen!
Tot dusver is dit op d manier wat ek hard moet aan vashou en onthou wie ek rerig is…want ek word vernietig, d mooi word verniel, en my hart verkrummel en d seer steek hoog uit..

My storie klink dan so…

Ek het my man (wat ge-Graad is in finansies, CA) ontmoet op 21, nie ver of baie ‘gevry’ nie, hy was kerel no4 in totaal v my hele lewe… Daar was goeie ‘meaningful’ tye, maar slegte, swaar en lelike tye het oorheers. Ons het vinnig begin met kinders (pure onkunde…moes langer gewag het..) en so hou ek toe nog al d pad aanhou klou aan n toekoms vir ons kids…
Ek kom uit n geskeide huis en het gedink dat ek dit nooit aan my kids sal doen nie…..wat n fout!???
Lelike argumente het begin, kids tussendeur, en toe begin d geweld…
Die 1e keer was sowat 15jr gelede… Hy was ontevrede oor d voorgereg wat ek gemaak het, dit moes skaapribbetjies wees en nie vark nie!!!! Hy het ballistic gegaan, gegil, gevloek en afgerond deur my op te tel in d lug en op d groot ronde ingangs-portaal te gooi dat dit breek en ek op d grond val!!! En dit was voor gaste wat daar was!
Mense en my 2 kleintjies (op daai stadium) het dit aanskou!! Ek was fisies baie blou en seer, naels verloor, blou oog ens…
Ek het toe n aanrandingsaak gemaak en my huisdokter besoek. Ek’s toe na my pa toe met d kleintjies, waar hy ons gehuisves het in sy studeerkamer (klein woning, maar ons was veilig. Hy’t kom soebat en jammer kom se en sou verander…
Ek’t vergewe en teruggetrek. N kort rukkie later het ons jongste n tipiese kleintjie tantrum gegooi, hy vlieg haar toe fisies in met n ‘paar harde klappe’ dat dit eindig waar sy op d bakstene buite val vd neerslag vd laaste ‘klap’, haar mondjie het begin bloei en ek was finished!!!! Ek’s reguit kamer toe om ons tasse uit d kas te haal, met my arms hoog en na d kas gedraai voel ek n slag teen my rug soos ek gestamp word van agter binne-in d kas in!!!!! Ek het n vriendin gebel om te kom help, en sover ek myself en d kids by d hek wou uitkry klap hy aan haar hande en arms wat wil help om my sleutel in d hek te kry…… Ek en d kleintjies het toe getrek.
Tussendeur (3-6mnde) het hy al ander vrouens gesien en mee geslaap… (O ja, onthou ek ook nou – my gelos terwyl ek swanger was vir n ander ‘highschool-fling’ waarmee hy nooit klaar was nie … ‘n ander trauma).
Hy’t weer kom om verskoning vra en gesoebat dat ons gesin weer moet saam wees…en weereens het ek ter wille v ons kids ook teruggetrek…
Tussendeur was daar altyd rusies, maar goeie tye ook… Ek het toe altyd my eie karre, besigheid (entrepeneur/winkel-eienaar) en finansies betaal en 50/50 in onkostes op ons gesin (al het hy meer as ek verdien!).
Ek het begin argitektuur swot, huise gekoop en gerenovate – dan ‘verdwyn’ d wins sommer net! Net om dan ook uit te vind hy ‘leen’ geld vir sy eks-vrou waarmee hy al bande moes gebreek het! Kontak gehou het met haar vir telke jare nog en gelieg het daaroor…(Sy’s n gesiene vrou, advokaat).
Ek’t vermoed, maar nie bewyse gehad nie, ek was toe reeds swanger met no.3… Met selfoonstate uiteindelik in d hand het ek toe weereens n nuwe vlak v trauma bereik…. Die verskil teen d tyd was: ek het toe reeds my besigheid verkoop op sy aandrang en my finansies oorhandig aan hom – want hy wou he ek moet huisvrou wees en ons kinders deur d dag versorg….
Om my onafhanklikheid te verloor (verstaan ek nou) was d domste besluit ooit net omdat ek hom vertrou het…. Daar was rerig goeie tye, of miskien het ek net so gedink omdat hy beter was as ander dae….
Dit is nou amper 20jr later en ons oudste dogter is sopas 16.
Die geweld het minder geraak nadat hy so ±1jr terug my arm so te se gebreek het (ligimente af, klein kraak fraktuur, moet nog teater toe vir herstel). Dis in opsomming altyd n geval in defence.

Moet ek net stil bly en d emosionele gehammer aanvaar? Want my natuurlike menslike instink probeer gewoonlik opstaan teen d valse aantuigings soos bv rondslaap met ander mans… Ek is so ver v sulke gedagtes af!!!! Daar’s ook nie tyd vir sulke ‘speletjies’ nie!! Iewers in d middel leer n mens darem d verskil tussen reg of verkeerd, en ek benadeel myself soms omdat ek in d regte gevoel en pad glo, maar sal nie maklik in d donker paaie v verkeerd en korrupsie loop nie..
Ek’s vas-gevang waar ek blameer word selfs vir d “warm hitte deesdae (voorbeeld)” en almal loop dan deur! – ek staan dan op veral vir my kinders!! Hulle verdien nie d vernedering of afbreking nie! Veral dan kry ek ‘pakslae’ verbaal vanaf my man…
Ek het baie tyd ingesit deur myself te blameer en ondersoek, foute probeer regstel en alle ‘halleluja’s’ teenoor hom te wys met liefde …net om weereens uitgetrap te raak oor hoe ek voel.

Dis nogals ‘n teerpuntjie vir my: hoe sy verwerping werk. As ek mooi lyk en moeite doen – dan moet of aanvaar hy gaan niks se nie OF hy beskuldig my v aandag trek by ander mans!!!! Hy is wraggies n ‘engel’ voor mense maar n duiwel by d huis!! Hy loop letterlik met d Bybel onder d arm, preek oor wat reg is en doen d teenoorgestelde met my en d kinders. Hy rand ons diere aan soos hy goeddink en voel!!!
Hier is bv n paar sinnetjies wat ek al moes hoor en gereeld v beskuldig word:
Jy’s n slap en slegte slet! (As hy nie ‘genoeg’ kry nie)
Kyk net hoe lyk jy!!! (Ek’s eintlik aantreklik, maar moet sy beledigings verduur)
Jy’s n klip!!!
Jy irriteer my!!!
Wie saag jy???????
Ek sou al n miljoener gewees het sonder jou!!!!
F..@ff jou bitch!!!!
Jezebel!!!!!
En verder nog ens ens ens alles wat n vrou kan walg en of seermaak…
Ek kon nog nooit my perssonlike gevoelens of idees met hom deel nie, want dan is ek te sensitief of ietsie! Maar d beste is wanneer ek wel dink ek het deurgedring met my gevoelens, word alle private hartsake teruggegooi in my gesig oor hoe swak ek is…. Ek’t nog altyd aanhou hoop dat iewers n deurbraak kan wees dat hy my uit my hart uit hoor en verstaan..
Die beledigings en gevloekery v sy kant af hou net nie op nie!! Hy’t lanklaas aan my gestamp of fisies seer gemaak, maar sy nuwe styl is “briljant”!!! Hy vloek en skel net sagter met erger woorde!!! Waar enige mens onsteld sal wees vir weke oor een woordjie kan my man my beledig en vloek met ±7-15 verskillende beskrywings in 1minuut!!!!!!!!!!
Ek is gedaan en stukkend, my vrou-wees, mens-wees, ma-wees is vernietig en ten gronde beledig….
Nou moet ek WEEREENS hoor watter tipe slegte “h@ervrou klip irriterende parasiet” ek is omrede ek stil verkeer en seks met hom vermy.
Ek kan ongelukkig nie (al mooi en sag verduidelik) seks he met iemand wat my vloek, slegse of aanrand nie……dis vir my amper net soos siels-verkragting!!!! Ek word letterlik nou met sy ‘Hoof-vd-huis’ en d ‘vrou moet onderdanig wees’ en ‘mag nie haar man seks weier nie’ gedreig!!!!!!! Ek moet blykbaar bene oopsprei, betas word en enige tyd beskikbaar wees sonder enige liefdevolle kommunikasie in d middel!!! WTHeck!!??
My tong is nie so skerp en lelik soos syne nie, ek’s te lief vir mense en kan nie kwaadwillig iemand seermaak vir plesier nie!! Maar ek moet blykbaar elke dag op my kniee gaan en dankbaarheid wys teenoor hom EN tegelyk moet ek beskikbaar wees vir sy ‘behoeftes’!! Hy’t al blatant vir my gese as ek sou sterf dit nie n verskil vir hom sal maak nie!
Ek moet bakhand staan vir / indien enige geld (petrol en kos). Ek mag nie myself laat versorg nie (moet maar d kleur-in-n-boks doen) maar moet goed lyk binne huislyn perke. Ek mag nie vriende of vriendinne he of sien nie!!
My familie (ouers en broers/sisters) is almal rotte en parrasiete!!! Terwyl hy nie werk gehad het nie en my mense net gegee het!!! Hy d kinders altyd blootstel aan argumente en dan eindig met – want dis hoe f@cked up julle ma is…..
Ek het my hele loopbaan en suksesvolle besigheid gelos en geglo, gehoop vir ware liefde!!! Kyk waar is ek nou….
Waar is my liefdevolle onskuldige hart wat kon glo in waarheid…..
Ek het al alles bestudeer, van myself tot hom, ek weet darem nou hy is n narsis – en kan dit so hanteer of hom beledig daarmee wat ek nie doen nie.
Ek vloek al lankal nie meer nie, dit het my ingeskerp op at hy doen..
Ek het al, soos gisteraand met n gedwingde fight oor seks, net weer gevra dat hy my moet kan vashou in ware liefde en dit ook kan se of so manier wat ek dit kan voel, dis d enigste manier om n vrou se hart te versag… Hy stel geensins belang in wat ware liefde is en d inpak daarvan nie…..ek moet eers voor enige woorde blykbaar my bene sprei….
Ek’s lam v seer en skuil binne my liggaam…..
Wat doen ek? Wat se ek? Waarheen gaan ek? Wat is my bestem om te doen??? Ek kan net nie glo dat God d gedeelte vir sy unieke kinders bestem nie….en ek woon nie in Israel nie en is nie n BC vrou nie!!!!! Watter kant toe?????

Asb asb asb vat tyd om weer hierdeur te lees, dis my 1e skrywe aan enigiemand en het sopas my gedreineer…. N opregte eerlike antwoord met oplossings sal wardeer word.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

13 thoughts on “My man mishandel my – wat moet ek doen?

  1. ek is ‘n mamma van drie kinders…..ek is in ‘n verhouding met ‘n man wat ek glo ‘n narsis is …alles wat hy se is reg en waar hys slimmer as almal weet alles ….hy is ongelooflik jaloers ….ek mag nie facebook he nie al se ek daar is my foon daar is nie ‘n password op nie asb kyk maar……hy verdink my die heeltyd van ‘n verhouding met my eks…….ek en my eks is al baie lank geskei en goeie vriende maar sal nooit weer saam wees nie hyt my 100 maal verneuk voor ek na veertien jaar die moed kon kry om hom te skei……die persoon met wie ek in ‘n verhouding is laat my glad nie toe om met my eks te praat nie en hy mag my ook glad nie eens sien nie nie eens as hy net die kinders kom haal vir skool of weer kom aflaai nie……en as die man by wie ek nou is praat van my eks praat hy van die d…………s …..hy ht altyd die huur betaal en ek die res, maar hy het op die oomblik geen inkomste nie en het ou meubels verkoop van sy vorige lewe en ouers om weer die huur te betaal……..nou is daar nie meer meubels om te verkoop nie ek het laas maand geld by my werk geleen om die huur te betaal…..elke keer as ek met hom oor die huur betaal …….raak hy mal en se wat van my eks ……hy betaal nie onderhoud nie maar ek vra hom oor die huur…..my eks gee geld soos hy kan en help waar hy kan……hy het nie ‘n vaste werk nie ……verkoop huise en gee geld sodra hy het……..soms verkoop hy vir maande nie een huis nie en dan raak die man by wie ek nou is mal en se hy wil die drie duisend rand wat my eks vir onderhoud moet betaal sien in my rekening……….ja ja julle sal my vra hoekom bly ek by die man ……..hy het altyd die huur betaal nou nie meer nie………..hyt my uit my yskas stoof ensovoorts…….ek het niks meubels nie …….ek het net die kinders se twee beddens…….en ‘n wasmasjien,,,,,,hyt laat ons my bietjie goed verkooop en nuwes gekoop altyd gese dis myne ………..maar hy al paar keer als opgepak en dan vir ‘n week of twee getrek en dan weer onverskoning gevra…..en dan probeer ons weer……..ek het niks maar niks nie …..elke keer as ons baklei moet ek weet allles in die huis is syne……..nou bly ek om net vir my kinders ‘n ordentlike huis te gee ………….maar op die oomblik sorg ek vir almal…………hy werk nie …………..en maak so nou en dan plan vir ‘n geldjie………………..dan is hy weer die mnr en dan weer vir lank doen hy niks nie…………..sy seun wat 26 is bly ook by ons hy werk ook nie en ek het nog nooit voor sy kop gegooi ek moet vir hom sorg nie…….maar ek moet gereeld hoor hy moet vir die f…………………….n………………d………………….s se kinders sorg, toe ek hom se hy het nie laas maand huur betaal nie ek het ….toe se hy ja wat van die laaste drie jaar……………………………..wat my eks nie onderhoud betaaal het nie………………….ek weet ek moet wegkom van hierdie man af , ……………………….maar hoe waar begin ek as ek niks het nie…..

    • Kopdolla:
      Suster, as jy aangaan en bly waar jy bly, raak jy in elk geval armer. En emosioneel verniel. Trek uit! Soek jou naaste maatskaplike werker of kerk en vra waar jy en jou drie kinders vir 3 maande kan bly. Reik uit en kyk waar jy hulp kan kry – dalk by jou ouers? Raap en skraap in daardie drie maande dat jy geld vir ‘n deposito op ‘n woonstelletjie kan kry. Kry jou eie plekkie, waar jy met respek vir jouself kan leef, al is dit nie luuks nie. Liewer ‘n korsie droe brood as om in sulke omstandighede aan te ploeter. Begin sonder hom. En gaan aan met jou lewe. Waarom jouself blootstel aan soveel negatiewe dinge? Die stres en nadele daarvan is dit nie werd nie. Hoekom het jy ‘n man (so ‘n man) nodig in jou lewe? Jy is sterker as wat jy dink! Sterkte

    • Ek is ook Lien en 60. Ek het myself nie meer lief nie en jy het baie erger deurgegaan. Ek het 9jr van my verhoudibg verwerp gevoel. Hy is n goeie mens wat almal misbruik en omdat hy aanvaarding soek doen hy alles vir hulle. Sy een vriend is Jezebel en sou enige iets doen om ons verhouding te laat wankel. Hy het dit nooit ingesien nie. Hoeveel keer sou hy agter sy rug my woorde gee wat my seermaak en dit ontken. Ek kan legio voorbeelde noem. Ek kon nie nee se vir enige diensbaarheid nie..Na 9jr alleen was hy die mens wat ek voor gebid het. Hy het sy vriende gekies bo my. Nooit my mooi raakgesien nie. Nooit by my gestaan as ek hom nodig het as ek emosioneel iemand nodig het nie. Geld kan nie liefde koop nie. Soos jy het ek alles gedoen om nie verwerp te word nie. In die proses myself verloor.

      Weet net ek weet hoe eina dit is. Toe ek hom ontmoet het het ek n goeie werk prys gegee en my lewe op hom en sy vriende gebou. Nou is ek uitgewerp en my lewe stukkend. Sonder enige iets. En ek vertrou dat God my sal vergewe dat ek sy kind Hom in die 9jr nie gedien het soos voorheen nie.

      Maar God was nog nooit weg nie. Maar sy stukkende oorblufde kind moet haarself vind. Ek het my vriende opgegee en wat die hartseerste is is dat sy vriende hom sal beskerm want hy doen alles vir hulle. Betaal altyd vir etes vakansies ens en ek kon nooit sy goedheid misbruik nie.

  2. Ja besig om van n mishandelaar te skei op 64 Jr is dit geen grap. Ek baklei in hofsake vir my goed. dis een. Nagnerrie.ons nog nie geskei ma hy loop in strate met ander vrou… ek kan maar net by God huil en genees word

  3. goeie dag my ou mishandel my en ek sien ni meer kans ni ek het op di oomblik geen plek om te woon ni kan iemnd my asb help.ek is rerig so moeg al en kani meer ni hy bly my trug smeek en ek weier asb is da iemnd da buite wat kan help

    • Kopdolla: Foeitog, man, dit is een van ide allermoeilikste goed om te hanteer. My eerste woorde is dus sterkte. Dit neem ontsettend baie van ‘n vrou om te skuif.
      Ek besef dit is ontsettend gevaarlik vir jou, omdat die meeste mishandelaars dit op die vrou uithaal as sy aandui dat sy wil skuif.
      Maar moenie bly nie. Jou lewe kan op die spel wees.
      Tweedens: mooi so dat jy besef jy moet aanskuif.
      Derdens: nou vir die doen. Omdat dit so moeilik is en jy waarskynlik tot in jou siel uitgemergel is, is dit makliker om iemand se hulp in te roep, sodat hulle stap vir stap met jou saam deur die proses kan gaan.
      Jy noem nie of jy werk het, geld en/of familie het nie?
      Indien nie moet jy begin by ‘n maatskaplike werker, dokter, munisipale kliniek, plaaslike hospitaal of polisiekantoor. Iemand daar sal jou na ‘n plek van veiligheid naby jou kan verwys.
      Jy kan ook op hierdie skakel druk. Dit sal jou ‘n lys van plekke van veiligheid vir vroue gee, hoewel net in Gauteng.
      https://www.google.co.za/webhp?sourceid=chrome-instant&ion=1&espv=2&ie=UTF-8#q=places%20of%20safety%20for%20women
      Jy kan desnoods in ‘n nagskuiling gaan bly vir ‘n dag of twee.
      Sterkte!

  4. DAMES HELP MY ASB EK SIT REGTIG EEN VAN DIE DAE OP STRAAT HY HET MY LEWE BEHEER VIR 16 JAAR MY TWEE KINDERS EK HET NIE DIE GELEERTHEID OM NA MYSELF OM TE SIEN NIE DIT WAARVOOR EK SO HARD GEWERK HET MY WINKEL MOES EK TOEMAAK SODAT EK BY DIE HUIS MOET BLY EK MAG NIE SY GELD GEBRUIK NIE EK KAN EN WEET NIE MEER WATSE RUGTING OM TE GAAN NIE EK SAL NOOIT GOED GENOEG WEES VIR HOM NIE EN EK HET MY ALLES VIR HOM GEGEE. MY ALLES

  5. Daar is altyd n rede vir als in ons lewens ons moet net gedult he en net kan verstaan hoekom dit gebeur die here sal nie its in jou lewe sit as hy dink dis gevaar vir jou in jou lewe bly bid e glo hy sal jou help

  6. Ek is vir 28 jaar lank in so verhouding vasgevang gewees. Man bid in tale by kerkkampe en bedien die “broers” en “susters”. By die huis ken ons die regte man. Onvoorspelbaar, stamp en klap en dreig. Blameer my vir selfs as ons met vakansie gaan en die N1 is besig. Kyk al die lorries op die pad maar jy het geen f%$#@ verantwoordelikheid nie. Jy wil in jou moer in donner erens heen. Gooi die tafel om omdat ek groenbone gekook het en hy dit vir 12 f%$^& jaar in die f*&^% koshuis moes eet. Jy ry my kar op agter kak aan, wanneer ek ons 4 kinders op ‘n afnaweek by die koshuis gaan haal. Ek sal jou skiet soos ‘n f#$@^ hond, toe ‘n dogtertjie wat in ons lift club was ‘n papier op die vloer van die kombi gelos het . Spring die nuwe stootwaentjie stukkend terwyl ek met 4 dae oue baba in my arms staan, skiet ‘n kind se huiskatjie terwyl sy, 4 jaar oud, op die stoep staan. so kan ek aangaan en aangaan, In die klein karoo dorpie is ons hierdie oulike gesin want ek lag en is vriendelik. Wonderlike plaaslewe met jagters en gaste wat dink ons is ‘n moerse oulike familie. Pappie weet van gasvry wees en indruk maak. Ek bly stil en bespreek hom met niemand. Hartseer , woede, terleurstelling en seerkry het opgebou tot versadigingspunt. Ek het op ‘n dag weggeloop met ‘n engelman wat sy hart op my verloor het. Na baie nagte se huil en worstel met myself het ek die groot stap geneem, Die veroordeling en skinder geignoreer, my kop opgetel en myself gevind. Ons is nou 2 jaar baie gelukkig getroud. Die dag toe ek my klere in swartsakke gooi en wegloop is ek gekruisig en beskinder in die dorp. Veroordeel. Melaatse vuil vrou. Hoe kan sy haar wonderlike man los vir ‘n ander? Hoe kon ek nie?? Hy het op my pad gekom om my te verlos van die monster van woede wat in my man woon. Dalk was ek nog ‘n Reeva as ek gebly het. Ek beny steeds mense wat saam oudword. Dit is wat ek begeer het, maar ek het uiteindelik besef dat ek nie ons huwelik verbrou het nie. My eksman het. Mens kan nie toelaat dat iemand anders se emosionele onvolwassenheid, ego en woede jou siel doodmaak nie. Om iemand te los terwyl jy diep in jou binneste weet jy is vir hom bitterlik lief het my amper laat selfmoord pleeg. Ek het gevoel ek raak mal. Genuin. Engelman het my egter met geduld en liefde bygestaan. Soms was ek baie lelik met hom omdat ek soos ‘n mislukking gevoel het maar hy het my nooit verwyt nie. Ek leef nou in vrede. Mag besluite neem, word gerespekteer, gekoester en vertroetel. Ongelukkig is my verhouding met oudste seun tot niet. Hy het gekies om my te verwerp. Dis ook okay. Ek huil nie meer daaroor nie. Sy keuses gaan nie my joy en geluk steel nie. My nuwe man verdien ‘n happy vrou, nie ‘n huilerige moody depressiewe langgesig nie. En dit oor ‘n kind en eksman se vieslike optrede. Ek leef voort met mense wat liefde en positiewe energie uitstraal en voluit lewe. Niemand gaan weer op my hart trap en met my mors nie. Ek hoop werklik meer vrouens sal opstaan vir hulleself. Kyk in die spieel en vra jouself: Gee ek my alles vir my man en kinders? Wees eerlik. Indien dit regtig eerlik JA is, die volgende vrae. Moet ek heeltyd op eiers loop en body language lees? Sien ek kans om emosioneel verder afgebreek en verniel te word? Maak dit my ‘n beter mens om heeltyd in vrees te leef? Is dit lekker om gevloek en soms gestamp of geklap of hard gegryp te word? Verdien ek dit? Wel, ek glo wie ookal hier lees is slim genoeg om die keuse te maak. Ek was gelukkig om ‘n gentleman te ontmoet wat opreg was en nie met my gemors het nie. 28 jaar ‘n boer se vrou gewees, geen inkomste, nie wiele van my eie, niks. Sonder finansies sou dit ‘n ander storie wees. My seisoen van gelukkig wees het aangebreek, danksy engelman. As jy getroud is met ‘n engelman hoop ek jy waardeer dit en bederf jou man. Hy is koning en jy koningin. As jy met ‘n opvliende afbrekende onvoorspelbare mens getroud is, stap aan. Niemand mag jou verniel nie. Hulle verander NIE, want hulle is altyd reg. Hulle kan nie” sien ” wat die probleem is nie, wil jou laat glo jy is die crazy een wat nie wil submit nie. “Ek het jou nooit geklap nie. As ek jou rerig klap is jou f$%@# nekkie af. Ek maak jou net wakker as jy my provoke” En ek het dit toegelaat sedert 1983 tot 2009!!! Dankie tog vir my 2de kans. Ek dans op die wolke.

    • Kopdolla:
      Suster, vrou, mens in eie reg! Mooi so. Mooi so! MOOI SO! G’n vrou mag haarself laat verniel nie. Ek is trots op jou dat jy opgestaan het vir jouself. Geen mens se optrede mag ‘n ander se eiewaarde skaad nie. Ook nie dit wat vir hom/haar kosbaar is, soos ‘n katjie.
      Sy moet ook nie maar net stilbly as sy verniel word nie. Ek wonder deesdae baie oor daardie ding van stil bly as jou man lelik optree. Ek weet nie altyd waar die grens is nie – jy is tog nie sy beeldpoetser nie? Maar jy wil ook nie kerm oor alles nie? Wanneer bly jy stil sodat niemand in jou kirng weet wat regtig gebeur nie?? Wanneer praat jy? Voor wie praat jy – in die geselskap terwyl jy verkleineer word? Met wie praat jy – met ‘n vertroueling, met jou vriendinnekring, of liewer met niemand nie maar jy skei en begin vn vooraf?
      Ek sal graag hoor wat vroue se wat al hierdeur is – hoewel almal welkom is om ‘n mening te gee. Dit kan net itneressant wees om te hoor wat mense uit ondervinding weet en ervaar.

      • Ek is ook met n vark getroud- eers het hy my geslaan en toe begin skel!!!!!! Ek haat hom met elke stukkie menswees in my!! Na 20 jaar wil ek ni meer by hom wees nie!!

  7. Kopdollä:
    Ek’s bly jy kon jou hart uitpraat – uitstort. Jy kan seker nog tien keer meer vertel.
    Maar kort en kragtig: die eerste keer dat jou maat jou slaan is jy die victim; die tweede keer is jy die volunteer.
    Die vraag is: waarom skei jy nie? Wat kry jy van hom? Hoekom het jy hom nodig? Iets maak dit vir jou die moeite werd – net jy weet wat, want wraggies, die res van ons kan dit nie insien nie.
    Om my tot pop pscychology te wend: jou ouers het geskei, wat jou jouself laat voorneem het dat jy die perfekte huweliksmaat sal wees sodat ‘n egskeiding nie met jou sal gebeur nie. Hoe slegter jy behandel word hoe groter engel is jy in kontras, wat verder aan jouself bevestig dat jy niks doen wat ‘n egskeiding jou verdiende loon sal maak nie. Maar eintlik dink jy jy verdien een, want dit is hoe huwelike werk – altans dit is hoe die model van die huwelik waarmee jy groot geword het werk (jou ouers s’n). ‘n waarlik bose kringloop.

    Dink mooi: wat hou jou by hierdie man?
    Jou man sal die kinders moet onderhou – finansies is nie ‘n geldige rede nie.

    Dink net wat leer jy jou kinders:
    * vroue is useless
    * so lyk ‘n huwelik
    * mans mag so met hul vroue praat
    * mans mag vroue en kinders mishandle, slaan, klap, gooi en rondstamp
    * vroue is magteloos

    Kyk, ek weet jou selfvertroue is staan nou op zero. Maar die beste tyd om die problem aan te pak is VANDAG. Hoe langer jy wag hoe minder gaan daar van jou selfvertroue oorbly. Ook is jou dogter nou nog nie in matriek met al sy stres nie. Dit is eintlik n goeie tyd in haar lewe vir ‘n egskeiding. Ek wed jou die kinders gaan verlig wees as hulle nie elke dag met soveel onaangenaanmhied hoef saam te leef nie.
    Ses takies … ek weet, nie een is klein nie :):
    1. Gaan sien VANDAG ‘n prokureur en dagvaar jou man om ‘n egskeiding.
    2. Praat met die prokureur oor geld tot die egskeiding deur is – jou eks (ja, begin solank so aan hom dink) kan jou geld wil weier.
    3. Moenie uit die huis uittrek nie – jy het die ruimte nodig om jul kinders groot te maak, en jy wil hulle so min as moontlik ontwrig.
    4. As jy bang is kry vir jou ‘n coach of ‘n huweliksberader of ‘n sielkundige vir emosionele ondersteuning.
    5. Moenie net loop en by jou familie gaan bly nie – dit is maar net ‘n hoop dat hy sal verander.
    6. Onthou hierdie een ding: jy het ‘n suksesgeskiedenis agter jou. JY KAN.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s