Ons skei. My man eis alleentoesig oor ons kinders en dreig my met ‘n verslag van die maatskaplike werker

Anoniem says:

Ek sit tussen n rock en n hard place.

Ek en my man gaan skei.  n Maand gelede het hy vir my gese hy is bereid tot rekonsiliasie maar sedert hy die huwelik be’eindig het vermy en  ignoreer hy my. Ons praat nie oor die egskeiding nie. Twee kinders is uit die huwelik gebore, nou 1 en 3 jaar oud. My moed is gebreek.

In Oktober 2013 het my man n maatskaplike werkster aangestel (ek was nie bewus hiervan nie). Sedert Oktober 2013 weerhou hy, die maatskaplike werkster en sy prokureur die verslag van my. Beide ek en my prokureur het die verslag aangevra by sy prokureur en ons versoek is ignoreer.

Sy was waarskynlik, as ek die korrekte afleidings maak, besig met ‘n ondersoek vir toesig en beheer oor die kinders. My man het toe toesig en beheer gekry. Ek het nie enige dokumentasie geteken nie omdat ek voel ons moet gesamentlike toesig en beheer oor ons kinders he. Hy het gese hy sal dit met sy prokureur bespreek. HOEKOM kan hy so keuse op sy eie maak? Dit gaan nie op hierdie stadium oor hom of oor my nie, dit gaan oor ons kinders en wat en hoe ons dit met hulle hanteer. Is my versoek onredelik? Sou ek toesig en beheer weerstaan dreig hy my met die verslag. Dit was nooit vir hom eers ‘n opsie dat ek as ma alleen toesig en beheer gaan kry nie. Nooit nie. Hy het dit nie oorweeg nie. Hy wou van die begin af toesig en beheer he en het vir my gese “as dit nie werk nie kan jy dit altyd weer verander” Dit is nie hoe ons wet werk nie en dit is nie so eenvoudig vir my om toesig en beheer te kry oor die kinders nie. Ek is so siek en sat onderhandel dat ek wil tou opgooi sodat ons geskei kan kom, maar dan weer moet ek nie onnosel wees nie.

Ek wil nie alleen toesig en beheer oor ons kinders he nie, ek wil gesamentlike toesig en beheer he. PUNT. My man het n paar voordele wat in sy guns tel waar ek te kort van is. Maar dit is nie genoeg rede om my versoek vir gesamentlike toesig en beheer te weerstaan nie. Hulle moet net soveel hulle pa/ma hê as wat hulle ons sou gehad het as ons getroud was, dit moet so normaal as moontlik wees en bly. Of is ek verkeerd?

Ek wil ook nie skei nie, maar my man het finaal besluit hy is nie bereid vir rekonsiliasie nie. Ek het al keer op keer gevra dat ons saam na n huweliksberader toe gaan maar hy skop vas daarteen en is oortuig dit gaan nie ons omstandighede verander nie.

As ‘n verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou nie werk binne ‘n huwelik werk nie en dit gaan so sleg dat jy eventueel moet skei,wat is die kans dat jy na ‘n egskeiding ‘n gelukkige egskeidingsverhouding gaan hê?

Hy het vir my  vriendskap gevra, maar hy kan dan nie eers met my praat oor ons egskeiding nie. Hy verstoot my, het alle kontak met my verbreek, loop uit n vertrek as ek instap, en weier om enige verduideliking te gee weens sy besluit om te skei. Wat staan my te doen, hoe is ek veronderstel om “closure” te kry as ek geen antwoorde het nie. Laastens, my man was n ruk terug (maklik 4 jaar terug) in SA. Ek het by die huis gebly en na ons eerste dogtertjie omgesien. Daar het n tyd gekom waar hy my nie meer van SA gebel het nie, nie meer enige boodskappe gestuur het nie. Hy het sy ma hul gebel om te laat weet hoe dit gaan en hulle het die boodskap vir my gegee. Ek het op facebook fotos afgekom van hom en n meisie, mens kan baie duidelik sien dit is nie “vriendskaplike” fotos nie. Hy het terug gekom van SA en die verhouding be-eindig. Ek het vir hom gevra of iets tussen hom en die meisie gebeur het weens afleiding (fotos). TOT vandag ontken hy dat daar enige iets tussen hulle gebeur het. Hy het vir my vertel wat daai aand tussen hulle gebeur het, maar hulle het nie saam geslaap nie. Maar dit is nie wat ek kan aflei weens facebook gesprekke tussen hulle nie, en kort na hy die huwelik weer be-eindig is, het hy haar terug ge-add op sy facebook.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “Ons skei. My man eis alleentoesig oor ons kinders en dreig my met ‘n verslag van die maatskaplike werker

  1. Mag n pa eis dat die kinders van die ma af weg gevat word nadat hy uit gevind het sy mishandel hule en is bang dit kan verder gaan al die skeisaak nog nie af gehandel is nie.

  2. Goeie middag ek is so kwaad hier waar ek staan. My man het my ook ingeruil vir n 19-jarige. Ek het 5 jaar gesukkel om geskei te kom. Toe dit gebeur het was ek n kelnerin op n klein dorp en het nie baie geld verdien nie. Ek sou in elk geval nie baie tyd saam my kinders kon spandeur nie. Ek het toe besluit my kinders moet eers by my man bly. My dogter was 9 en my 2-ling was 2. Ek het opgestaan en n wonderlike man ontmoet. Nou is ek n suksesvolle sakevrou met n beter salaris. Die awesome man in my lewe sorg goed vir my. Noudat ek my kinders terug wil he is almal teen dit. My dogter is nou 14 jaar. My man het so paar jaar terug haar by sy ma gaan aflaai. Ek het haar vir 2 maande gesoek en eendag het die dame van die kinderpolisie welsyn my laat weet sy is in n skool gesit en hulle gaan haar daar hou en ek moet hof toe kom. Die welsyn daar se ek het my dogter weggegooi – wat nie so was nie. Op daardie stadium was sy oud genoeg om te kies waar sy wil bly. Sy het gekies om daar te bly. Die hof het toe gese dit help nie om te baklei nie. Die lewe is te kort wat ek verstaan. Ek wou net my kinders meer gereeld sien. In die paneel is afgespreek dat ek en my dogter kan mekaar eenkeer n naweek sien en elke vakansie. Nou kom haar ouma wat die toesig het met verskonings elke keer as ek haar moet gaan haal. Ek het die briewe van die hof aangevra en nou se hulle die hof het afgebrand. Daar is ma’s wat hulle kinders weggooi; hier is n ma wat haar kinders meer wil sien. Voel net of mens nie by die regte mense uit kom nie en as jy by iemand kom moet jy baie in die bank he of jy verloor al klaar. Hoe kan mense my kinders net van my af weg hou.

    Ek wil net my kinders meer sien. Kan u dalk help asb.

    • Kopdolla
      Ja-nee jy is kwaad – en met rede.

      Jy klink vir my na ‘n vrou wat al vantevore ‘n probleem kon oplos – en weer sal kan.
      Kyk jou opsies koelkop deur. En maak werk daarvan.
      Die probleem is maar net dat die hofgebou of rekords vernietig is. Dit het niks aan jou regte verander nie. Gaan sien weer ‘n maatskaplike werker. Verduidelik weer die storie en kry ‘n nuwe bevel, as die ou bevel nie net bloot opgespoor kan word nie.
      Dalk moet die bevel aangepas word sodat die ouma meer inskiklik is?

      Wat jy ook moet onthou is dat jou dogter en die ouma jou nie ken nie. Al is jy nou op ‘n goeie plek in jou lewe weet hulle nie wie jy is nie en wat om van jou te verwag nie. Hulle het nie juis rede om jou om die hals te val en in hul lewens te verwelkom nie – en hulle is dalk bang dat jy kom ‘inmeng’ en dinge deurmekaar gaan krap.
      Jy moet jou plek in hul lewens verdien.
      Jy moet een wees wat haar kan opbou, haar selfbeeld kan versterk, haar ekstra liefde kan gee, haar positief kan beinvloed, haar kan aanmoedig om haar skoolwerk goed te doen en haar talente te ontgin sodat sy haarself goed kan kwalifiseer en self eendag haar plek in die gemeenskap kan inneem.
      Mense is bang om tieners bloot te stel aan drinkery, dwelms, gejol en losse sedes. Nie dat ek vir ‘n oomblik wil impliseer dat dit jou lewenstyl weerspieel nie. Ek wil maar net se dat as hulle jou nie ken nie, weet hulle nie waar hulle met jou staan nie.
      Hulle sal jou dus beter moet leer ken. Een manier om dit te doen is om die ouma te vra of jy by hul huis vir ‘n uur kan kuier, se eers net so een keer in twee weke. Neem ‘n eetdingetjie saam en gesels net. So wys jy aan hulle wie jy is en kan jy hul vertroue wen.

      Dinge om in ag te neem:
      1. Is die dogter ontsteld, bang of onseker daaroor om jou te sien? Voel sy verworpe? Is sy kwaad? Hartseer? Dit moet jy ook verstaan.
      Ek weet jy het nie jou kind weg gegooi nie. Maar dalk glo jou kind dit nie? Sy was te jonk om jou keuses te kon begryp.
      Vertel haar persoonlik of in ‘n brief wat gebeur het.
      Ek glo sy sal graag jou kant van die storie hoor, en al is sy kwaad sal sy tog hoor en later in haar lewe bly wees dat jy kontak gemaak het. Vir ‘n kind is haar ma altyd spesiaal.
      2. Vra haar OOK hoe sy dit ervaar het. Hoor ook haar kant van die storie. Sy is ook getroumatiseer deur eers jy en toe haar pa wat haar alleen gelos het. Moenie verbaas wees as jy of vir jou of vir haar ouma bitter kwaad is nie.
      3.Wat het van jou tweeling geword? Wil jy hulle nie ook sien nie? Waarom wil jy net hou dogter sien?

  3. Kopdolla:
    Nee jong jou man gaan nie sommer so maklik alleentoesig kry oor die kinders nie. Jy HET al bewys dat jy ‘n sterk vrou is wat sonder hom na die kinders kan omsien in daardie tye dat hy nie tuis was nie.
    Jy’s reg om net niks te teken nie. Dit klink vir my asof hy jou probeer intimideer met sy verslag en wil kyk of hy jou kan kry om in te stem dat hy die kinders kan kry. Se doodeenvoudig dat die hof daaroor moet beslis.
    En jy kan ook mos ‘n maatskaplike werkster vra om vir jou ‘n onafhanklike verslag op te stel? As jy ‘n stabiele person is en goed omsien na die kinders tel die feit dat jy nie werk nie of min verdien ook nie eers teen jou nie. Hy moet onderhoud betaal vir elke kind, gebaseer op sy inkomste. As hy toesig oor die kinders het hoef hy nie onderhoud te betaal nie – is dit dalk hoekom hy so hard veg vir volle toesig?
    Hierdie man se bulls***tery verstom my. Jy is reg – dit is strooi dat mens sommer net maklik later die hofuitspraak kan verander. Jy teken niks nie – laat die hof besluit. Jy hoef nie bombasties of ‘demanding’ te wees nie. Se maar net – en hou daarby – dat die hof moet besluit.
    As die kinders nou by jou is en mooi versorg word gaan jy beslis ten minste gesamentlike ondehoud kry. Vra jou prokureur hoe julle jou kant van die saak mooi kan voorberei, en wees net eerlik in die Hof.

    Oor closure: kyk, hy gaan dit nie vir jou gee nie. Closure is iets wat mens vir jouself uitwerk. Jy ontken eers dat jou huwelik verby is – jy hoop ‘n huweliksberader of rekonsiliasie sal dinge weer reg maak. Dan sien jy dit werk nie (Ek dink jy is nou hier.) Nou treur jy oor jou mislukte huwelik; jou hart breek oor jou vertrapte liefde; en dan stort jy dalk ‘n dam vol trane. Jy word kwaad omdat hy jou gelos het – en sommer woedend ook. Uiteindelik aanvaar jy die situasie. Jy tel jou kop op, sien jou lewe is nie verby nie, sien dat daar nog baie goeie dinge is en dat lieflike dinge met JOU kan gebeur. En so skuif jy na ‘n nuwe fase in jou lewe. Niks hiervan kan iemand anders vir jou doen nie. Mens kan maar net jou emosies erken vir wat hulle is – hartseer en seergemaak, kwaad en dan uiteindelik kom closure / vrede / aanvaarding.

    Praat jouself moed in, versorg jouself mooi. Prys jouself vir elke manier waarop jy goed na jul kinders omsien. En sorg regtig mooi vir hulle. As daar een ding aan ons Wet wat goed is is dit ons wetgewing oor kinders en egskeiding. Hou jou kant skoon.

    En verder: Die man verkul jou skaamteloos en probeer jou kul met jou kinders. Is sulke optrede jou liefde werd? Ek dink jy kan beter doen. Liewer gelukkig alleen as ongelukkig en verkul/gekul met iemand wat jy nie kan vertrou nie …

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s