Welkom se mense: kan julle asb iemand met bipolere depressie help?

Ons het pas hierdie  briefie gekry van iemand op Welkom. Hulle het net ‘n bietjie rigting nodig: waar is die naaste staatskliniek of hospital wat mense met psigiese siektes help? Op watter dae sien  hierdie buite-pasiente die dokter? Is daar ‘n ondersteuningsgroep op Welkom – veral vir die ma wat die sussie moet versorg?

Lees asb die briefie en laat weet, as jy kan help met raad of inligting.

 

Ag waar sal ek begin?

my suster is 21 jaar oud en sy bly by my ma

die staat hospitaal se sy het bipoler I maar gee geen medikasie vir dit nie.

My ma is ook nie baie gesond nie en my ma weet nie hoe om met my susie te werk en verstaan nie. Sy kry finansieel swaar. ek help waar ek kan. Hulle het nie vervoer nie so moet loop waar hulle wil wees.

My sussie werk nie want sy kan nie lees of skryf nie en kry nie werk in Welkom nie.  Partykeer huil my ma oor die foon as ek met haar praat want sy is alleen en moedeloos met my suster en wens daar is iemand wat kan help sodat as sy eendag nie meer daar is nie, dat sy sal weet my susie sal ok wees.  dit is haar grootste wens.

So as daar iemand is wat kan help ons sal baie dankbaar wees vir altyd!!! ASSEBLIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “Welkom se mense: kan julle asb iemand met bipolere depressie help?

  1. S:
    Ai jong, ek is so jammer om van jul gesukkel te hoor.
    Ek weet vir ‘n feit dat die staat medikasie vir bipoler gratis verskaf en dat Welkom dus by die munisipale kliniek en selfs moontlik by die hospitaal jou sussie kan help.

    Twee goed:
    As daar nie medikasie is nie moet jy asb met SADAG in verbinding tree, sodat hulle die saak met die Vrystaatse Departement van Gesondheid kan opeem. Skakel hulle by 011 262 6396. Hulle het ook baie nuttige inligting en artikels op hul webwerf, wat jou en njou ma sal help om jou sissie beter te verstaan. Hul webwerf is: http://www.sadag.org
    Daar is ook inrigtings waarin mense versorg kan word. Vra by hierdie organisasies hoe jy moet maak: http://www.bipolar.co.za en http://www.supportsabda.co.za/

    Daar is vir seker ten minste medikasie beskikbaar. Moet asb nie maar net so voortsukkel nie. Sonder medikasie is jou sussie werklik baie siek – waavan die stres jou ma ook aantas.

    Maak asb al die planne wat jy kan. En neul tot jy jou sus op medikasie het.

    Ek verstaan ook nie hoekom mense nie die staats se SHRH skema gebruik om verblyf vir mense met psigatriese siektes op te rig nie. Dit kan immers ‘n loopbaan en werkskepping wees!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s