Anoniem

Hello, ek studeer by ons kerk. Ek geniet dit so baie, maar toe ons se ons gaan eksamen skryf het ek gese ek wil net dit doen om my Christelike verhouding met God te verbeter want ek leer nou maar eers hoe God en Genade vir ons werk, en oor die wysheid en kennis. 

Ons het toe eksamen geskryf. Ek het swak gedoen want ons moet 85% en op ek is ver onder dit gewees, al het ek geleer. Maar ek is nou so hartseer teenoor myself omdat ek so swak gedoen het. Ek verwyt myself omdat ek God se woord so swak verstaan. Ek het regtig so hard geleer maar tog stel ek myself teleur. My dogter het ook met my gepraat en gese dat dit ‘n prestasie is al het ek so swak gedoen.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

2 thoughts on “

  1. Kopdolla
    Man, gaan soek jy nou maar die Bybel deur: sit die mense en eksamens skryf oor God? Adam iewers onder ‘n boom in Eden? Noag, daar op die boeg van die ark? Moses, elke oggend voor die manna en kwartels verskyn? Dawid, voor hy Goliat verslaan? Petrus voor hy sy vissersnette los? Paulus, voor die aardbewing waarna hy sy vryheid kry? Johannes, voor hy sy Openbaringe mag beskryf?
    Kyk nou net wat leer jy – en al daardie mense wat so goed gedoen het leer dit nie!
    Kom ons ontleed die situasie:
    1. Jou doel is om van God te leer en jou Godsverhouding uit te brei
    2. Jy geniet die kursus – wat die punt is van so ‘n reis
    3. Nou die eksamen: jy dop op punte.
    4. Die ander slaag.
    5.Hulle is trots = hoogmoedig
    6. Hulle dink hul pad is oop na God, jy dink joune is nie.
    7. Is dit waar? Natuurlik nie. Jy weet dit self. Soos jy deur genade vooraf besef het kan mens nie jou verhoudings met God meet aan punte of verdien aan punte of in die hemel kom gebaseer op punte nie.
    8. Na my mening het jy al voor die tyd hierdie insig – en sekerlik direk van God af – gehad dat ‘n verhouding onmeetbaar is. Net soos met jou man of dogter of vriende skyf mens nie toets en siedaar, nou weet ons hoeveel die verhouding is nie.
    9. En wat se Jesus van die hoogmoediges in die bergpredikasie? Die wat eerste is sal laaste kom.
    10. Kyk net wat is jy gespaar: hoogmoed.
    11. En kyk wat leer jy nog: by God tel punte nie. Jou hart tel.
    12. Die ander wat nou volleerd is kan maar ophou leer van God – en wat dink jy help dit? God gee JOU die kans om sommer nog ‘n leeftyd lank van hom te leer. Daardie wat nou puntestatus het moet nog baaaaie leer oor nederigheid, glo my.
    12. As jy my vra het jy die kosbaarste les van almal geleer – dalk nie soos jy wou nie maar soos jy van God gevra het.Jesus het nooit, ooit enige iemand laat eksamen skryf nie, Hy wou hulle dieper dinge leer.

  2. Ek so jammer jy voel so daaroor. Vrees is my grootste vyand. Vrees eks te vet. Vrees ek is nie reg nie. Vrees dat ek nie goed genoeg is nie. Vrees oor my verhouding met God. Ek neem n papier en skryf al die vrese neer. Doen belydenis , as ek moet. Ek bid dan dat die Here vir my wys waaraan ek moet aandag gee en watter moet ek dood krap. Meeste van die tyd is ons , ons grootste vyand. Die beste plek om te leer van God se genade is die bybel. Die kennis wat ons nodig het is ook in die bybel. Die wysheid waarna ons soek is wanneer hierdie woorde deel word van jou. My raad aan jou is “quite” die kerkstudie vir eers en lees jou bybel. Kerkstudie , programme en kurses het n plek maar aan die einde van die dag was die boek waaruit meeste mense geleer lees het die bybel. Jy kan reeds lees. Lees , die res sal van self kom.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s