Ek mis my vriend

Nuut en 14

Ek is 14 jaar oud en ek het in Heidelberg gebly my lewe daar was baie lekker toe trek ons Ermelo toe en dis ook nie te sleg nie maar ek mis my beste vriend Kyle. Hy was daai vriend wat lewe die lekkerte gegee het. Nou weet ek nie wat ek moet doen nie want niks is die selfde sonder my beste vriend nie. Asseblief help my. Ejk weet nie wat om te doen nie

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ek mis my vriend

  1. Tannie Kopdolla:
    Nee a, wat se treurigheid is dit?! Soos jy se: dinge is nie te sleg nie. Al wat kort is ‘n pel. Dit is die begin van die jaar – ‘n hele 343 dae waarop ELKEEN van hulle iets wonderliks kan gebeur. Ek het self hoeka op 14 juis net so vreemd in ‘n nuwe skool geland en daar die beste maat gemaak met wie ek nou nog die lekkerste van al my maats lag. Ek was sonder maat en sy ook.
    Kyk, twee dinge is belangrik: moenie te hard probeer nie en probeer op die regte plekke.
    Begin met ‘n glimlag. Groet mense met jou unieke glimlag. Maar moet nou ook nie heeldag staan en glimlag nie. Groet of lag en hou jou gesig verder gewoon. Mense hou van opregtheid. Dit lyk vreemd as mens heeldag staan en glimlag.
    Dan moet jy rondkyk wie soek ook maats. Mr Popular het klaar sy maats. Hy het jou nie nodig nie. Maar daar is altyd ‘n paar ander mense vir wie jy iets kan beteken – mense wie se lewens jy kan opkikker en vir wie jy die Kyle in hul dag kan wees.
    Nog ‘n ding: kyk die kat maar uit die boom voor jy met hom maats maak. Dit is nie nou die tyd in jou lewe om sleg te kies nie. Die rokers en drinkers verwelkom enige iemand as pel wat sal saamjol en skoolwerk afskeep. Jy kan beter as dit doen.
    En dan is jy mos ‘n man – die meisies is altyd gek na iemand wat aandag aan hulle gee. Weer eens dalk nie Mej Skoonheid nie. Maar sy is nie al blommetjie in die tuin nie. Wie het jou beskerming nodig?
    O ja, en nou gaan jy seker vir my se jy weet nie wat om te se nie? Wel, dit is die maklikste van alles. Hier is twee frases wat enige gesprek aan die gang kry: ‘ Hoe gaan dit met jou?’ en “Wat dink jy van …’ (vul in …. die eksamen / die nuwe onnie / die Blou Bulle se jongste nuus … )
    Ek dink jy gaan gou sien die jaar is te kort vir al die pelle en maats en girls vir wie jy moet tyd maak!
    (As ek niks van jou terug hoor nie, neem ek aan dit gaan goed. Anders moet jy weer skrif, hoor.)

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s