Ek leef in totale isolasie

Isabel:

Hoe en waar begin ek. EK word al nege jaar toegesluit en lewe in totale isolasie. Ek het n erg outistiese seun na wie ek omsien 24-7. Ons het nie n kar nie en is afhanklik van my dogter. En as ek vra om kos te gaan koop noem sy my baie slegte goed en se dinge wat ek nie doen of se nie. Sy se ek gebruik haar. Sy het haar lewe. Maar ek kyk na haar en my ander dogter se kinders en gee hulle kos gee verniet.

My man vat my nooit uit nie. En ek bedoel NOOIT. Hy gee my nie tien sent of ooit n gesknk nie ek kry nie klere of enige vrouegoed nie. Hy het medies maar wil my nie dr toe vat as ek siek is nie. Kla jare oor my hart niemand wou my glo of dr toe vat nie. Tot ek n hartaanval gekry het. Het toe n trippel bypass gehad nege maande terug en tot nou toe het niemand my teruggevat nie. Al vra ek hoe mooi. Ek is ook n diabeet vir 37 jr. Dit help ook nie om met my man te praat nie. Hy kraak my af, en vloek en skree op my. Ek het geen vriende nie, sien nie n winkel of mense nie, het net my tel. Asb ek kan nie meer huil nie. Ek het al letterlik honderde mense probeer kontak. Dit werk nie. Ek kry nie hulp nie. Is ek mal dat niemand van my hou of verstaan nie? Daar is nie n more vir my nie. Dankie dat julle geluister het.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Ek leef in totale isolasie

  1. Kopdolla: Nee a Isabel, so kan dit nie aangaan nie! Waarom speel jy vloerlap? Die waarheid kom sowaar uit die mond van ‘n suigeling – jou dogter. Sy besef sy moet aangaan met haar lewe. Wys, baie wys. Jy moet ook. As jy gaan wag dat iemand iets vir jou doen kan jy maar vergeet daarvan dat jou lewe oor ‘n jaar of selfs oor tien jaar anders as nou gaan wees. Jou seun het die reg op versorging maar nie ten koste van jou nie. Gaan gesels met ‘n maatskaplike werkster, of jou dokter of ‘n dominee/pastor en kry jou seun in ‘n versorgingsoord. En dan moet jy jouself vasvat en regruk.
    Nog ‘n rede dat jy moet kyk na versorging vir jou seun: jy en jou man is nie meer so jonk nie. Wat gaan van hom word as jy te sterf kom, of selfs net te siek is om na hom om te sien? Jy beter nou ‘n reeling tref waarvan jy en hy hou – anders gaan iemand anders ‘n reeling tref wat dalk nie tot sy beste voordeel is nie.
    Kom aan die gang!

  2. Hallo Isabel ek dink jy het een stap in die regte rigting geneem. Met ons jou seer gedeel. Sonskyn is seker die grootste geskenk wat vir ons le en loer en ons moet net die geskenk oop maak. Ek het al dikwels net n koppie tee gemaak en n paar minute in die son gesit as ek so vreeslik down voel.

  3. S: Ai Isabel, en jy het so ‘n mooi naam. Ek het baie, baie simpatie met jou – ek kan hoor jy kry regtig swaar en het te min ondersteuning. Jy klink vir my na ‘n BAIE sterk vrou dat jy nog al die jare uithou en regkom en na so baie mense omsien. Maar daar is een mens wat jy afskeep – jouself. Prys jy jouself elke dag ‘n bietjie? Gun jy jouself elke dag ‘n af-tydjie? Eet jy so gesond as wat jy kan? Gun jy jouself ‘n bietjie tyd vir stap of oefening? Troetel jy jouself soms ‘n bietjie? En versorg jy jouself so mooi as wat jy kan, al is dit met min?
    Die een ding wat jy sal moet probeer is om nie te wag dat jou man of jou dogter jou help nie. Jy sal jouself moet help. Sterkte, en weet dit is baie moeilik om energie daarvoor bymekaar te trek as jy self uitgemergel voel.
    As niks, niks vir jou lekker is nie, het jy al gedink daaraan dat jy depressief kan wees? Dit klink vir my asof jy oorgenoeg rede het om depressief te wees. As jou gemoed swaar is, is dit ook vir ander mense teneerdrukkend om met jou om te gaan. Dit is nou die begin van die jaar. Kan jy dalk by ‘n dokter of selfs die plaaslike kliniek uitkom? Selfs ons staatsklinieke gee medikasie en hulp vir depressie. Vra die kliniek om jou vir depressie te laat opneem? Bel of kontak asb ook Maandag SADAG op 0800 12 13 14 of 011 262 6396 of 0800 21 22 23, en vra hoe jy kan maak. Hulle raadgewers is daar om daarmee te help. Ek dink aan jou.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s