My dogter word op BBM geboelie

Ma van sestienjarige dogter:

Ek het ‘n 16 jarige dogter wat vir die eerste keer ‘n vaste vriend het. Sy het al soort van, soos kinders sê “iets” gehad op bbm met ‘n seun in ander dorp, maar dit het stil dood geloop. Skielik versprei die bbm seun die vreeslikste stories oor my kind! Haar vriend kom van dieselfde skool as die bbm seun en al die stories kom van hom of sy Ma! Haar nuwe vriendjie is ‘n enigste seun van ‘n alleen ma en die Mamma hou gevolglik niks van my kind en maak haar lewe baie onaangenaam! Sy wil haar seun dwing om hul verhouding te verbreek en ‘n verhouding met ‘n meisie van haar keuse te hê!  My kind wil nie hê ek moet die saak verder vat of ondersoek nie want sy sê dit sal dinge net erger maak! Hoe hanteer ek dit????

 

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “My dogter word op BBM geboelie

  1. Daar is ongelukkig n rede hoekom jou dogter wil he jy moet dit net los. Probeer met haar gesels, of kontak dalk die ander ma vir ekstra gemoedsrus. In vandag se lewe kan kinders ongelukkig baie meer vir hulle ouers wegsteek as wat die ouers eintlik weet. Die feit dat sy nou daaroor geboelie word kan baie ernstige nagevolge dra. Veral op die ouderdom wat sy is. As dit by die skool onaangenaam raak kan sy moontlik verder gespot of geboelie word, en haar selfbeeld mag n ernstige knou kry.

  2. My man noem dit kalwerliefde.My meisiekind het ook n soortgelyke liefde. Sy deel genadiglik n kamer met haar sussie. Daars n sterk sussa-band tussen die twee en so gesels gesels kom ek maar dingetjies agter wat my onrustig maak. My grootste uitdaging is om rustig met haar te gesels. Ek stem nie noodwendig saam met vat net die foon nie. Probeer eerder jou kind se vertroue wen en vra vir haar om vir jou te wys wat haar so onstel. Myne het nou een aand n dood eenvoudige watsup gekry van watter “tipe” seun sy sal soen! Ons het rustig daaroor gesels en twee goed agter gekom: 1. Tieners ken mekaar baie better as wat ons oues mekaar geken het na drie maande se ernstig “vry” bloot agv tegnologie ongelukkig is dit half van vir almal om te sien en nie meer privaat soos toe ons jonk was nie. 2. Die vraag het laat aand deur gekom. Ons het besluit dat selfone ingegee word 10 uur in die aand want onhuil het maar die gewoonte om in die donker te gebeur en in die dag gaan jy dalk n tweede keer dink. Kalwerliefde wil ek eerder noem skapieliefde. Die herder van n trop skape het soms nodig gehad om met sy stok n skaap se voorbeen te breek nadat by hom nie meer by die trop kon hou met sy staf nie. Skape se voorbene groei egter baie vinnig aan. Ek dink ons tiener dogters is nou nes n trop skape. Dommer as dom en doen net wat die res van die trop doen. Ons as ouers het die uitdaging om soos n goeie herder ons staf en indien nodig ons stok te gebuik om “girltjies” op die regte pad te hou.

  3. Elena:
    U sal die antwoorde op mev. Se dogter se selfoon asook daardie seun se foon kry vat haar foon en maak seker om die fotos en boodskappe deur te kyk . 2: maak seker u het getuie wat kan getuig dat die seun rerig gedoen het wat daar gese is soek vaste bewyse .3: maak n saak van naam skending oop teen die seun u kan nie die saak so los nie want as u dit los gaan dit net erger raak as wat dit nou is glo my ek weet groete ….

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s