Aan almal vir wie dit swaar is om te dieet

Anoniem:
Aan al die vroue wat sukkel om gewig te verloor en vir wie dit swaar is om ‘n dieet te volg: Wat ons altyd geleer en geglo het, is verkeerd bewys! Die heel beste en maklikste manier om gewig te verloor (en sommer vir die res van jou lewe so te eet) is hoe proteine en lae koolhidrate! Dit werk soos ‘n bom en dit is ook so logies as mens daaraan dink! Mens se liggaam is geprogrameer om enige suiker (koolhidrate) eerste te gebruik vir energie. Sodra mens alle suiker uitsny, word jou liggaam gedwing om vet te gebruik as energie. Tydens die eerste fase van hierdie manier van eet (2 weke lank) sny mens ALLE koolhidrate uit en eet net proteine en vet. Dit is heerlik – bacon en eiers gebraai in botter, vis gebraai in botter, room in jou koffie (want melk bevat melksuiker), kaas soveel jy wil, groente met baie lae suiker, bv. blomkool, blaarslaai, olywe ens. Ek het so vinnig verloor dat ek eintlik ongelukkig was dat dit TE vinnig was, (ek glo in gemiddelde gewigsverlies per week, so halwe tot een kg) Ek WENS ek kan jul persoonlike ‘ADVISOR’ wees hiermee, en ek sal my email adres gee vir diegene van julle wat my wil email om te vra hoe dit gedoen word ( dit is rall@vodamail.co.za mailto:rall@vodamail.co.za ). Ek wil net mense HELP om vir ewig maklik hul gewig onder beheer te hou, en nog lekker te kan eet. Prof Tim Noakes het jare gelede ‘n boek geskryf oor hoe atlete moet voorberei vir ‘n lang wedloop, en aanbeveel dat hulle hoe koolhidrate moet eet vir energie. Hy het onlangs op Carte Blanche erken dat hy verkeerd was en dat mense daardie boek van hom moet opskeur, en dat die GEHEIM IS HOE PROTEINE EN VET. En moenie dink dat dit jou cholesterol sal opjaag nie, die het presies die teenoorgestelde effek as wat mense verwag. Ek kan nie genoeg die lof toesing aan die persone wat BUITE DIE BOKS gedink het en uiteindelik met die waarheid vorendag gekom het nie. Dit sal jul lewe verander. Email my en ek sal julle help, KOSTELOOS – wil net he ander mense moet uiteiendelik triomfeer oor hul gewigsprobleme.
xx L

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

4 thoughts on “Aan almal vir wie dit swaar is om te dieet

  1. Goeie dag, ek wil baie graag die dieet hê. Ek is moeg om oorgewig te wees. Kan u my help asb? Baie dankie. Marí

  2. Mooi so Anoniem jy so begeesterd ! Vir my is n dieet soos n kous. Daar so baie ,sykouse, warmwinter sokkies en en en…. maar n leer of n gat is “jik”. Ek verkies GI omdat ek moet oppas vir bloedsuiker ! en het geleer dat jou liggaam al die voedselsoorte nodig het.

  3. Kopdolla: Mooi so, Anoniem! Medaljes vir jou! As een dieet nie werk nie probeer die volgende! Ek glo mos daarin dat kerm en kla nie help nie. Jy het ‘n problem; jy maak ‘n plan daarmee; as plan A nie werk nie, dan dink jy nog ‘n plan uit …. Jy suffer nie; jy los jou probleme op!

  4. S:
    Jip, Anoniem, jy vertel een kant van die storie. Die ander kant is die risiko ivr jou cholesterol en hart. Maar almal het nie hartprobleme nie. Die jongste en ek dink die beste advise is om eers jou choleterolvlakke te laat toets voor jy met die dieet begin en dit na dire maande te herhaal. As jy van die mense is wat so kan eet, goed en reg; as jy nie is nie, speel jy met jou lewe as jy onbeperk vette eet. Ek self ondersteun die ho-er proteiendieet maar met gesonde plant- vis- en suiwelvette en nie die dierevette nie. . Dus: vis, hoender, vleis en volstruis met min vet aan, en my vette kom van neute, grondbonebotter, olyfolie avokado-olie, en kanola-olie.is goed. En dan BAIE rooi en groen groentes. Melk. jogurt en eiers bly ook gesonde kos. Maar jy is reg: dit is ‘n fout om te min olies te eet: dit is ook ‘n fout om die verkeerde olies te eet, en dit is ‘n fout om te veel stysels te eet.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s