stiefdogter skaakmat my

Yolande:
Ek weet presies waarvan jy praat. My stiefdogter bly al vyf jaar onder my en haar pa se dak. Haar ma is geenstins betrokke in haar lewe nie en sy gaan net so nou en dan kuier by haar ma indien sy iets soek wat ons nie kan gee nie, dan klop sy aan haar ma se deur. Ek ondersteun haar in alles die laaste vyf jaar en is ook die deurmatjie wat sy elke nou en dan haar voete op afstof. Sy gaan volgende jaar universiteit toe en het sopas haar pa se arm gedraai om net die beste weer te kry. Ek word elke dag as die nare stiefma beskou en word beskinder en sleg gese tot sy my nodig het om haar pa te oortuig om weer iets uit sy sak te kry. Ons het self n pragtige dogtertjie ryker geword en sy is tans twee en n half. Indien ek iets vir haar koop en dit waag om nie vir my stiefdogter te koop nie hanteer sy my so sleg en haar pa los dit. Sy ontvang goed van links en regs en haar klein halfsussie nie, maar sy sien dit nooit raak nie. Ek wens haar nou daagliks uit die huis maar ek en my man staan al op skei want my stiefdogter se sy wil uit die huis agv my. En so speel sy die situasie sodat haar pa haar jammer kry en die beste en duurzte woonstel in potch gaan huur het. Sy manipuleer elke situasie so sodat sy wen en my die slegte ma maak. Ek was net goed vir haar tot dus ver en gee alles so ver ek kan maar ek kan ook nie meer haar houding hanteer nie. Sy lok my uit sodat ek moet stry met haar en dan ontaard dit gewoontlik in n bakleiery en my man verkwalik my elke keer. Ek het ook al aan selfmoord gedink want die 18jarige skaakmat my emosioneel. Maar wat word van ons arme pragtige kleuter? Ek oorweeg berading of n goeie sielkundige.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “stiefdogter skaakmat my

  1. Ja-nee tienermeisies kan merries wees – en party is nie eers stiefdogters nie. Kyk, sy is sekerlik jaloers op die outomatiese liefde tussen jou en jou dogtertjie – terwyl haar eie ma haar basies ignoreer. Gun haar maar Potch. Jy wen twee groot voordele: sy is immers nie elke dag tuis nie, met meer vrede tuis. En kort voor lank het sy haar eie vriendekring, kerel en werk. Teen 25 is die meeste tieners goeie geselskap:)
    Maar is jy ook bietjie jaloers? Net so ‘n klein bietjie? Jy hoef nie sleg te voel daaroor nie – dit is maar net hoe mense is. Dus: goeie plan van jou om met iemand te gaan gesels, voor emosie jou opvreet

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s