Bipoler veroorsaak minderwaardigheid, selfverwyt, moedeloosheid

Gerhard:
Goeidag . Ek is gediagnoseer met bipoler. Ek voel dat n mens geweldig skade ly agv hierdie gemoedstoestand. Dit veroorsaak seer, ongeluk, minderwaardigheid, selfverwyt, moedeloosheid. Ek rook nie maar het alkohol as kruk gebruik wat vreeslik verkeerd is. Ek dink dat ek as mens myself skade doen deur ongeduld en die behoefte om ontspanne te wees. Uiteindelik is alle optredes maar net selfkeuses maar in my geval voel ek dat daar n sekere tydstip is waar ek nie die beheer het om n nugter keuse te maak nie .. veral met drankgebruik. My hele lewe het tot sover gely onder drankgebruik- wat my klas as alkoholis. Wat eindlik die oorsprong in my gemoedstoestand het. My vrou en kinders ly daaronder. Ek het ook my werk verloor en doen my bes vir n nuwe werk. Het al berading gekry. Ek gaan gereeld kerk toe en soek baie geestelike berading. Ek gee nie moed op nie maar kry berusting deurdat ek godsdiens hou, n daaglikse roetine probeer hanthaaf. Ek dink dis n groot euwel in die lewe wat jy vir min mense kan beskryf . Baie dankie.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

6 thoughts on “Bipoler veroorsaak minderwaardigheid, selfverwyt, moedeloosheid

  1. Ag waar sal ek begin my suster is 21 jaar oud en sy bly by my ma die staat hospitaal se sy het bipaler I maar gee geen medikasie vir dit nie. My ma is ook nie baie gesond nie en my ma weet nie hoe om met my susie te werk en verstaan nie. Sy kry finansiele swaar ek help waar ek kan. Hulle het nie vervoer nie so moet loop waar hulle wil wees. My susie werk nie want sy kan nie lees of skryf nie en kry nie werk in Welkom nie. Partykeer huil my ma oor die foon as ek met haar praat want sy is alleen en moedeloos met my suster en wens daar is iemand wat kan help so dat as sy eendag nie meer daar is nie dat sy sal weet my susie sal ok wees dit is haar grootste wens. So as daar iemand is wat kan help ons sal baie dankbaar weer vir altyd!!! ASSEBLIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. Hi,

    Ek is al twee jaar verloof met die wonderlikste man ooit en vir beter kon ek nie vra nie. My bekommernis is net dat hy n gesplete persoonlikheid het wat my laat wonder of dit nie dalk bipolar kan wees nie. Een dag dra hy my op sy hande en kan nie genoeg se hoe lief hy my het nie dan as ons stry oor iets, is hy die teenoorgestelde en net sy opinie tel. Ek kry nie n kans om my kant van die storie te vertel nie. Hy luister nie en maak sy eie storie op oor my opinie oor n saak wat gladnie waar is nie. As ek wel my se wil se, ontplof hy, beledig my, jaag my weg en se hy haat my. Ek staan hom deur dik en dun by en neem als wat hy se nie meer ernstig op nie maar tog diep binne my maak dit vreeslik seer. Ek het vreeslik baie geduld met hom. Hy is baie ongeduldig en raak gou geirreteerd met iets. Ons lewe maar volgens sy buie. As hy so is bly ek stil en hou my afstand want soos ek se, ek kan nie met hom oor probleme praat nie of oor hoe ek voel nie. Ek is baie lief vir hom en wil hom nie verloor nie want die mooi kant van hom is so perfek en hys so goed vir my. Ek lei baie daar onder en soms haat ek myself want as hy so is, kritiseer hy my lelik en sien net sleg in my? Dan haat hy my en dan lief hy my? Als maak my so deurmekaar en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek is n baie goeie vrou vir hom en doen alles vir hom. Dit kan soms vir dae wees wat hy so is en dit veroorsaak n stywe atmosfeer in die huis. Eks raadop ! Is daar enige raad? Help asb!

  3. Ek was na 5 jaar se behandeling by ‘n Psigiater eers met Bipolar II gediagnoseer, in 2010. Ek wou nou onlangs ‘n polis uitneem by Old Mutual en is ek dekking geweier as gevolg daarvan. Ek het ook by spasms gekry as gevolg van alle spanning ens. (Hou in gedagte dat almal so nou in dan spasms kry, hetsy van verkeerd sit of iets optel ens.) Hulle het sommer ook dekking vir my skeleton geweier, om die waarheid te sê is die hele disability dekking geweier. Nou vra ek jou, wie diskrimineer en wie nie. Deesdae op elke vorm staan daar oor mental illnesses, genade mense, kan julle nie vir ons ‘n blaaskans in die lewe gee nie, ons het nie gevra hiervoor nie. Lieg wil ons ook nie. Waar ek dus ‘n vraag op ‘n vorm sien oor mental illnesses, yes or no, dan los ek sommer net alles.

    • Sulke boewe. Wat is hulle storie?! Iemand sal moet gaan ondersoek instel. Ek dink ons moet ‘n klompie case studies en skietgoed bymekaar maak. Is jy in?

    • Kopdolla: Agneekykhier, moenie van iets praat waarvan jy niks weet, nie. Psigiaters en dokters vertel JUIS dat mense genees van BP1, BP2 en depressie. Hul pasiente kom terug want dit werk. G’n mens kom terug vir nog himalajasout nie – want dit het in die eerste plek nie gewerk nie.

  4. Sjoe Gerhard, dankie vir jou eerlikheid. Oor die minderwaardigheid, selfverwyt en moedeloosheid. Absoluut akkuraat. Mens se kop steek jou immers in die rug, om dit so te stel. Maar daar is bipolêre bankbestuurders en onderwysers en talle ander mense wat ten spyte daarvan hul lewens op koers hou. Ek glo jy kan ook. Jy moet onthou dat bipolêres inderdaad bogemiddeld intelligent en begaaf is en werklik alles kan doen wat ander mense kan doen – hulle het net soms ‘n af-tydjie. Hou vas aan jou goeie eienskappe. Al het jy ‘n donker kant het jy ‘n blink kant ook – soos alle ander mense, glo my.

    Die feit dat jy jouself begin verstaan is ‘n reusestap vorentoe. Maar ek is bekommerd oor die mate van ondersteuning en hulp wat jy kry. Bipolêr is te ingewikkeld om alleen te probeer hanteer.

    Dus: is die berading wat jy gehad het genoeg vir jou? Wat van ‘n maandelikse afspraak by ‘n psigiater? Is jy op medikasie? En hulp met alkoholverslawing? Ek weet jy het op die oomblik nie ‘n inkomste nie maar ons staatsklinieke maak voorsiening vir Bipolêr sorg.

    Sal jy SADAG skakel (gaan na hul webwerf http://www.sadag.co.za ) en kry hul nommer sodat jy by hulle kan uitvind waar en hoe jy die beste gehelp kan word. Gee ook hul nommer vir jou vrou, want sy is die een wat jou die meeste en beste gaan kan bystaan.

    Jy moet moed hou – ons het kontak met so baie mense wat hul lewens uiteindelik uitstekend bestuur – al kom daar dips waartydens hulle bv hul vrou sal vra om namens hulle te besluit, tot hulle weer reg voel. Dit klink my asof dit een van die groot hulpmiddels is – iemand wat jy kan vertrou, iemand wat jou goed ken – en vir jou kan sê wanneer jou gedrag hand uit ruk – wie se oordeel jy dan vertrou en dus na daardie persoon luister, eerder as om jou eie kop te volg. Gelukkig net tot daardie persoon sien jy is weer oukei, waarna jy weer maklik die regte besluite neem.

    As jy die naweek alkohol misbruik het: verstaan jou vrou waarom? En watter reëlings het julle in plek om die situasie te beheer?
    Sterkte met die werk soek!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s