Sy doen net wat sy wil

Anoniem skryf
Hi, ek weet presies hoe jy voel – sit in dieselfde sitsuasie en my man wil niks verkeerd van sy dogter hoor nie – die fout le altyd by my. My arme seun kry ook baie swaar want hy doen niks reg nie en hy is baie streng met hom. Sy kan doen net wat sy wil. As sy nie haar sin kry gooi sy n tantrum en ignoreer hom. Ddan kruip hy weer gat en sy kan doen wat sy wil. Sy is nou in matriek – mag die Here gee sy kry dadelik werk en trek. Dan sal my lewe ook makliker wees. Ek praat nooit met haar nie en as ek wel doen is ek “daardie faktap fokken vrou van my Pa ” Sy irriteer my so. Sy beskinder my en se my sleg by almal. Sterkte daar al wat ons kan doen is BID dat Vader ons en hulle sal verander.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Sy doen net wat sy wil

  1. Suster, ek gaan nou vir jou ‘n moeilike ding se – en dit is dat julle tweetjies sake sal moet uitwerk. Stilbly en die werk vir die Vader gee laat dinge net op ‘n al groter ramp afstuur. Die werk is JOUNE, die genade daarvoor kom van die Vader af.
    Kyk, sy is kwaad en sekerlik so moeilik as wat tieners kan wees. Jou man voel skuldig; jou seun kry seer – en jy ook. IEMAND in hierdie huis sal die volwassene moet wees wat probeer om elkeen se kop te swaai. ‘n Suur, onplesierige atmosfeer kan tog nie vir jou lekker wees nie.
    Ek bedoel nie jy moet Suster Sonskyn wees nie maar om nie met haar te praat nie skep net soveel wrewel. Jy gaan veel verder kom met ‘n opregte kompliment vir die slag as sy iets reg doen of presteer of mooi lyk. Jou seun sal ook maar sy vel moet leer eelte groei. As hy die jong bul-ou bul konsep verstaan kan hy leer om jou man se kommentaar te filter – woorde weens jou man se eie kwessies. En jou man? Weet hy dat jy graag vrede in die huis wil he? Ek dink jy moet begin deur met elkeen elke dag net so 5 minute te gesels. Fokus op die boodskap wat jy vir elkeen wil leer en deurgee – en maak dit jou taak om te kyk of jy na ses maande met hulle gevorder het. Ek dink jy sal verras wees.

Leave a reply to Kopdolla Cancel reply