Ek verloor 3-5 kg … en tel net weer alles op

32 jaar lank sukkel ek met gewig ! My gewig..!!! Op 5 Oktober 2013 het ek ewige trou gesweer aan my beste vriend, my soul mate, my man ! Ek het twee pragtige blou-oog seuntjies uit my vorige huweik uit. Die hartseer wat daarmee gepaard gaan, sal vir altyd n letsel by my los, maar met hulp van my familie en vriende en my God, sal alles gesond word.
My man se hy “love” my nes ek is en dat ek nie oorgewig is. Dit is net ek wat altyd so se. Maaar dis nie hoe dit vir my voel nie!
Ek het al alles probeer. Ek verloor dan so tussen 3 en 5 kilos maar nooit meer nie, want dan verval ek maar weer in die groef van verkeerd eet.
Ek wil gemotiveerd word en gemotiveerd bly om gewig te kan verloor, om goed te kan voel oor die persoon wat ek in die spieel sien, ook net by winkel te kan instap en te kan koop wat ek wil as dit vir my mooi lyk en nie hoef the worry oor die nommergroottes wat ek sal moet aanpas nie.

Hiermee my versoek as julle ooit weer n kompetisie het waar mens gewig moet verloor, kontak my asb! Ek moet dit doen!! Ek wil goed voel in my eie lyf, gemaklik, Hoor graag van julle. Karen.

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

7 thoughts on “Ek verloor 3-5 kg … en tel net weer alles op

  1. Hi daar.ek het onlangs begin met my dieet ek is baie oorgewig en het al 14.8kg’s verloor we’ll sover in 16weke.dis vir my nie te sleg nie.Moet se dat ek ook alles probeer ht dan verloor ek en ag dan los ek die eerste week sommer nou met my dieet nou is ek gemaklik meer.En as jou man hou van jou soos jy is great staff wees geduldig wanneer jy reg eet.Onthou die ons het ni oornag gewig opgetel nie so ons gan dit nie oornag verloor nie.Wens jou alle beste en sterkte toe.Ek wens dat iemand my kan tips gee oor my maag watter oef ek kan doen.Baie dankie

    • Aan al die vroue wat sukkel om gewig te verloor en vir wie dit swaar is om ‘n dieet te volg: Wat ons altyd geleer en geglo het, is verkeerd bewys! Die heel beste en maklikste manier om gewig te verloor (en sommer vir die res van jou lewe so te eet) is hoe proteine en lae koolhidrate! Dit werk soos ‘n bom en dit is ook so logies as mens daaraan dink! Mens se liggaam is geprogrameer om enige suiker (koolhidrate) eerste te gebruik vir energie. Sodra mens alle suiker uitsny, word jou liggaam gedwing om vet te gebruik as energie. Tydens die eerste fase van hierdie manier van eet (2 weke lank) sny mens ALLE koolhidrate uit en eet net proteine en vet. Dit is heerlik – bacon en eiers gebraai in botter, vis gebraai in botter, room in jou koffie (want melk bevat melksuiker), kaas soveel jy wil, groente met baie lae suiker, bv. blomkool, blaarslaai, olywe ens. Ek het so vinnig verloor dat ek eintlik ongelukkig was dat dit TE vinnig was, (ek glo in gemiddelde gewigsverlies per week, so halwe tot een kg) Ek WENS ek kan jul persoonlike ‘ADVISOR’ wees hiermee, en ek sal my email adres gee vir diegene van julle wat my wil email om te vra hoe dit gedoen word ( dit is rall@vodamail.co.za). Ek wil net mense HELP om vir ewig maklik hul gewig onder beheer te hou, en nog lekker te kan eet. Prof Tim Noakes het jare gelede ‘n boek geskryf oor hoe atlete moet voorberei vir ‘n lang wedloop, en aanbeveel dat hulle hoe koolhidrate moet eet vir energie. Hy het onlangs op Carte Blanche erken dat hy verkeerd was en dat mense daardie boek van hom moet opskeur, en dat die GEHEIM IS HOE PROTEINE EN VET. En moenie dink dat dit jou cholesterol sal opjaag nie, die het presies die teenoorgestelde effek as wat mense verwag. Ek kan nie genoeg die lof toesing aan die persone wat BUITE DIE BOKS gedink het en uiteindelik met die waarheid vorendag gekom het nie. Dit sal jul lewe verander. Email my en ek sal julle help, KOSTELOOS – wil net he ander mense moet uiteiendelik triomfeer oor hul gewigsprobleme.
      xx Lynette

  2. Ek weet presies waarvan jy praat en verstaan jou magteloosheid! Is in dieselfde bootjie ss jy. Al wat ek kan sê is vat maar een dag op ‘n slag en klim dadelik terug op die “reg eet” wa as jy af geval het. Baie sterkte!

    • Jy’s reg, let’s rock that boat! Vergeet van hoe swaar dit is. Anders steek daai 3-5 kilos is my maks in mens se kop vas en jy limit jouself. Jou liggaam is wraggies fantasties om kilo’s te kan afskud! Gaan net aan en …. verras jouself!

  3. Kopdolla: Nee wat, jy maak ‘n berg van jou miershopie . Jy gaan nie eeeeendag mooi wees eers as jy maer is nie. Jy’s KLAAR MOOI. Vandag al. Sou daai sielsgenoot van jou met jou getrou het as hy nie gedink het jy is sexy nie – net soos jy is? Gaan gee jou seuns en hom elkeen ‘n lekker sagte druk – die ou maeretjies se drukke is hard 🙂 En dan mors jy nou nie verder jou tyd en kopruimte op sulke nonsense nie.

  4. Ek hoop jy sal man baie ernstig opneem as hy van jou voorkoms hou soos dit is. Baie mans hou eenvoudig van groter vroue.

    Die oorgrote meerderheid mense se ervaring met gewig is soos joune – jy kan dit nie regtig verander nie – net soms, kort termyn as jy jou daarop toespits. Dit is nie regtig die moeite werd om lewenslank oor gewig te wroeg nie – jy kan beter dinge met jou lewe doen.
    As jy gesond en genoeg eet, en oefening kry, kan jy die gewig obsessie los en jou lewe geniet.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s