Ek is amper 18 en my ouers hou my so vas dat ek nie oor ‘n straat kan loop sonder dat hul ‘n oog moet hou nie, Ek mag nie alleen gaan swem of selfs uitslaap nie. Ek wil graag by my tannie bly want sy laat my voel soos ‘n volwasse maar sodra ek huis toe gaan is ek weer 11jr oud, Skoonmaak en kosmaak is niks snaaks om te doen nie. Ekt st7 gedruip omdat daar net te veel werk by die huis is. Van wasgoed kan niemand my iets vertel nie, ek voel soos hul klein slaaf en elke 5min word daarop my geskree om nog iets te doen. Eks tans in st8 en ek voel ek gaan dit weer nie maak nie, my ouers se ek sal matriek maak al is ek 21jaar en dat ek eers uit die huis kan gaan as ek in my 30s is. Min van my vriendinne is nog virgins soos ek. Waar my ma net trots kan wees word ek gekritiseer. My ouers het gese ek kan Desember vir my tannie gaan kuier maar word nou afgepers as ek so en so nie maak nie sal ek nie Desember mag gaan nie. Ek weet my ouers het my lief want hul se dit vir my maar waar gaan dit ophou … as ek net raad kan kry
Ek is my ouers se klein slaaf
Advertisements
Hulpkreet
ek soek na myself…
wie is ek.
wat is my identiteit.
wie is my pa
en wie is my ma?
wat is hulle name,
wat is my naam?
ek is uit ‘n
hospitaal aangeneem;
maar,
waarom is ek
as pasgebore meisie
in Junie 1964
tussen struike
langs ‘n gruispad
in Port Elizabeth versteek?
(Moses…
was ten minste versorg);
wie doen so iets?
ek was poedelnaak
en bebloed
pasgebore
in ‘n bitterlike koue nag…
so blou van die koue,
die wie my vind
dog ek is ‘n bruin kind;
het jy al na jouself gesoek?
ek soek na myself
ek weet nie
wie ek is nie…
ek vergewe my ouers
want ek is nou gekleed
maar hulle is steeds naak
voor God en die mens;
hoekom soek hulle my nie?
ek is so alleen
alleen
alleen…
Here,
wie is ek…?
Stuur n stille gebedjie om te se dankie vir die ouers wat jy het. Hulle gee genoeg om op konstant op jou case te wees!!!! Dis nou n helse irritasie, maar 5 jaar van nou af gaan jy die verskil sien. Byt vas tot jy 18 is, en as jy steeds so oor hulle voel, gaan soek dan maar n werkie en trek uit. Probleem opgelos. Jy kan maak wat jy wil, en gaan waar jy wil.
Maar….
Maak jou matriek klaar!! Sonder dit gaan jy baie sukkel om dit in die wereld hier buite te maak. En wees dankbaar dat jy geleer word hoe om wasgoed te was!! Daar is niks wat n ordentlike man so vinnig wegjaag soos n lui vrou wat niks kan doen nie!
Kopdolla: Nee a, wat se gejammer is dit? Trek jou skouers agteroor en staan jou vrou. Op jou eie voete. As jy tyd het vir vriendinne het jy tyd vir leer. Doen daai skoolwerk, kom deur en begin jou lewe. As jy nie leer nie gaan jy oor twintig jaar die een wees wat jou dogter so gaan druk, om te probeer opmaak. Memoriseer die skoolwerk terwyl jy wasgoed was. En droom, Girl, DROOM! Jou drome kan nie net wees om by jou tannie te gaan kuier nie. Dit is net die mini-begin daarvan!
Ai Santie
Ai jong, my hart gaan uit vir jou. Ek moet jou eerstens baie geluk sê dat JY so ‘n oulike meisietjie is. Mooi so! Jy het waardes en beginsels. Daarvoor verdien jy al die erkenning in die hele wêreld! ‘n Medalje, as ek dit kon uitdeel.
Jou ouers se strengheid sny na twee kante: dit is omdat hulle jou so oppas dat jy nie rondslaap nie en nog op skool is. Dit is juis dalk omdat hulle hulself verwyt dat hulle nie matriek gemaak het nie dat hulle so sterk daarop fokus vir jou. Fit gaan jou min help om op hulle foute te fokus.
Waaraan jy moet dink is die toekoms – iets wat KAN blink en jou moed gee, ten spyte van jou ouers se bitterheid. Dus: groot asseblief fokus op wat jy kan regkry.
Ek wil hê jy moet van nou af elke keer as jy wasgoed en ander take doen vir jouself vra:
1. Wat droom ek vir myself?
2. Wat is my drie beste talente ? (Dit klink my jy is fluks en knap met jou hande?) 3. Wat is my drie grootste voordele? (Jy het bv ‘n tannie wat omgee, en nie ‘n baba wat jou terug hou nie) 4. Hoe kan ek my droom realisties maak? (Party drome is te vaag of onrealisties. Wat pas by jou talente en kanse? Gesels met jou tannie hieroor en kyk of sy jou kan help?)
5 Wat moet alles gedoen word om my droom waar te maak?
6 Wat kan ek vandag doen om te begin werk aan my droom?
Is daar dalk ‘n maatskaplike werker in jul omgewing? ‘n Onderwyseres met wie jy kan praat oor wat jy kan doen om wel deur te kom?
Sterkte – en ek hoop ek gaan mooi dinge van jou vorentoe hoor!