Kan Christene trou, skei en weer trou?

Hannes skryf:
Kan iemand my help asseblief. My vriendin is geskei, 18 jaar reeds, maar het tot 3 jaar gelede nog by haar x gewoon. Ek is self geskei in 2006, maar is enkellopend na dit. Die tye maak nie saak nie, ook nie die tyd wat ons ‘alleen’ of nog bymekaar was nie. Wat wel saak maak, is dat ek en sy al drie jaar bymekaar is, lief vir mekaar is, en nie een keer om wil draai na ons vorige huwelikke of -maats nie. Sy word egter gepeper met aanklagte dat sy as geskeide vrou nie `n ander mag liefhe of weer mag trou nie. Ek stry nie teen God of Sy Woord dat Hy skei haat nie, maar is dit nie alleen waar Hý hulle bymekaar gesit het nie? Baie van ons was getroud, is dalk nog steeds, met iemand wat ek regtig nie oortuig van is dat God hulle bymekaar gesit het nie. Daar is verskeie redes hoekom mens trou, en dan word dit ‘reg’ en ‘goed’ geklassifiseer deur `n handtekening op `n stuk papier en `n dokument in binnelandse sake. Waar is God in enige van hierdie sake? Het hulle God gevra of hulle moes trou? Of hul ouers, omstandighede, drome, begeertes? Het God hulle bymekaar gesit aan die begin, want is Sy belofte nie duidelik dat, wat Hy bymekaar gesit het, NIEMAND UITMEKAAR KAN MAAK NIE. Dis `n belofte dat Hy dit sal beskerm, nie net `n straf vir iemand wat dit sou probeer breek nie. Is die feit dat hulle nie meer lief vir mekaar is nie, en reeds al 18 jaar uitmekaar is (al het sy vir hom gesorg vir nog 15, en nou nog sy rotse voor hom wegvat omdat sy skuldig voel), nie reeds `n bewys dat God dit nie beskerm het nie? Is die rede daarvoor nie juis omdat God hulle nie bymekaar gesit het nie?

Asseblief, ek soek antwoorde in hierdie verband, aangesien ek voel liefde nie iets is wat gemors behoort te word nie. Ek wil haar nie verloor oor ander of as gevolg van afpersing met die Woord of as gevolg van ongehoorsaamheid nie.

Ons is albei wedergebore Christene, gedoop, en lief vir God.

This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “Kan Christene trou, skei en weer trou?

  1. Hi ek wil ook skei en weer trou. Maar my ex, soos ek hom noem, wil nie skei nie. Ek en hy is al 7jaar uit mekaar. Ek het 2 kinders by my nuwe man. Ek en my ex het ook n seuntjie saam maar hy worry nie oor hom nie. My kind sien sy pa so een keer n jaar vir n naweek, as hy gelukkig is. My ex het ook n seuntjie by n ander vrou. Ek is raad op. Wil weer trou maar kan nie.

    • Kopdolla hier: nee man, wat se gewag is dit? JY kan mos self die egskeiding gaan hangig maak. Gaan gesels met ‘n prokureur. Jou eks is afwesig – die hof sien dit – die hof staan die egskeiding toe. En daar het jy jou egskeiding en jou tweede huwelik. Mens kan binne ‘n maand geskei wees.

  2. Kopdolla: Nee wat Boetman, jy’s mooi groot. Oud genoeg om jou eie kop te gebruik, om vir jouself te dink, en om op jou eie voete te staan. Daardie mense wat vandag meen jou vriendin is verkeerd gaan more weer kla julle wag darem al te lank. En dit sal ook jul verdiende loon wees as julle julle soveel steur aan wat mense se dat julle jul geluk daarop wil baser. Trou, en kry klaar. En leef met integriteit saam. En julle nooi g’n enkelte een van die kermkouse nie.

  3. Hierdie is my persoonlike mening, ek is nie ‘n geleerde bybelkundige nie. Wat ek wel weet is dat God wil hê ons moet ons huwelike eer, en ons moet hard daaraan werk. God gee aan ons die keuse met wie ons wil trou, en die oomblik as ons trou, en trou beloof, “voeg Hy ons saam”.
    Nou het julle wel geskei. Dit het nie gewerk nie.
    Die God wat ek dien, is ‘n liefdevolle God wat vir jou net die beste wil hê. Hy sê ook: “As jy jou sonde bely, is Hy getrou en regverdig en sal jou vergewe.” Hy hou dit dan nie lewenslank teen jou nie. So, as jy, indien daar sonde betrokke was, dit bely het, SAL God jou daarvoor vegewe.
    Hy sê ook (Paulus het gesê) dat as jy nie in onthouding kan lewe nie, jy eerder moet trou. Want seks buite die huwelik is nie reg nie.
    So, as ek my mening mag gee, sou ek sê: Trou. MAAR WERK AAN DAARDIE HUWELIK. Elke dag. Eer dit. MAAK DOELBEWUS ‘n sukses daarvan.
    Baie sterkte. Mag julle baie gelukkig wees.

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s