Ek was gelukkig tot ek my ou kerel se sms beantwoord het. Hoe nou?

MEERasOOIT My hart was nog nooit so stukkend nie. Ek is (was) ‘n gelukkige getroude vrou totdat my man op ‘n sms afgekom het wat my kerel van 22 jaar terug vir my gestuur het. Ek het nooit ‘n verhouding met die man gehad nie en is nie lief vir hom nie. Ek moes seker nooit die sms beantwoord het nie, ja dit was seker ‘n fout en glo my, niemand sal verstaan hoe jammer ek daaroor is nie, ek voel dis die grootste fout wat ek in my lewe nog gemaak het en sukkel om myself te vergewe (alhoewel dit rerig onskuldig was) Die probleem is dat my man my nou daarvan beskuldig dat ek al maande ‘n verhouding met die man het, wat glad nie die waarheid is nie. Hy bly my nou heeldag en elke dag verkleineer en slegse, soveel so, dat ek in ‘n diep depressie in verval het en vele kere al selfmoord as ‘n opsie konsidereer het. Ek het al honderd keer jammer gese en gesmeek vir nog ‘n kans, maar hy luister glad nie na wat ek se nie en gee my nie kans om myself te verdedig nie. Hy maak my lewe absolute hel en glo NIKS wat ek se nie. Ja, ek weet ek was verkeerd, maar hoeveel torture moet ek nog deurgaan?! Ek is so lief vir my man maar weet nie of ek vir my eie sanity meer so kan aangaan nie. Die bietjie dignity en selfrespek wat ek nog oor het moet my hierdeur dra, maar ek weet nie waarheen om te gaan of wat om te doen nie. Ek is tussen werke, en het geen kar nie. Ek voel magteloos en verduur die grootste pyn en selfverwyt wat enige een kan imagine. Ek voel absoluut niks werd nie. As ek aan my twee pragtige seuntjies van 2 en 6 dink kan ek nie anders as hom te skree van die huil nie. Ek wil hulle net beskerm teen al hierdie goed en ‘n nuwe lewe begin want ek kan nie meer hierdie omstandighede verduur nie, ek sal doodgaan. Het enige iemand vir my ‘n kontak met werk en tydelike blyplek sodat ek so gou as moontlik kan aangaan met my lewe? Asseblief ek smeek om hulp! Ek sal enige iets doen om uit hierdie hel te kom. Ek is moeg, voel niks werd, hartseer, gebroke, depressief, en verneder. Is dit hoe die lewe moet wees? Ek weier om dit te glo, ek het net soveel seer dat ek net wil weg! Dis net my dierbare kinders wat my aan die gang hou. Asseblief help my! Enige iemand! Dit voel of ek niemand oor het nie…..

Advertisements
This entry was posted in .. Bookmark the permalink.

One thought on “Ek was gelukkig tot ek my ou kerel se sms beantwoord het. Hoe nou?

  1. Ai, MeerAsOoit, vergifnis is ‘n moeilike ding. Vir almal, en dalk spesfiek vir ‘n man. Ek glo dat jou sms maar eintlik onskuldig was maar vir jou man is dit verraad. Verskoning vra is belangrik maar jou man wil nie dit op hierdie stadium hoor nie want dit spreek nie sy seer en vrese aan nie. Hy is te kwaad en te seer gemaak.
    Wat om te doen? Loop kan dalk werk … of nie werk nie. Maar jy kan ook nie so aangaan nie. Dit is moontlik dat jou man te seer gemaak is om jou verskoning regtig te hoor … of dat hy bloot ‘n ander rede het en jou fout gebruik om jou te manipuleer. Berading sal dit kan uitsorteer.
    As jy dink jy kan op jou eie kyk of julle by vergifnis kan uitkom kan jy die tegniek van reflekterende luister gebruik . Die meeste mense vind dat hulle dit eers regkry om iemand wat hulle seer gemaak het te vergeef as hulle die kans kry om die person te vertel hoekom hulle so seer gemaak voel. Luister so reflekterend, sodat hy gehoor voel.
    * skep die kans vir praat
    Sal jy jou man kan kry om iewers ‘n uur met jou te sit en gesels – net julle, sonder die kinders, op ‘n stil, baie privaat plek waar niks en niemand julle kan steur nie?
    *bevestig jou liefde
    Bevestig dat jy werklik bitter spyt is, dat jy nog nooit so iets gedoen het, dat net vir hom lief is, en waarom jy lief is vir hom – met ander woorde wat in hom bewonder jy. En se dan dat jy sy kant van die storie wil hoor, en moet hoor.
    * Gee hom kans om te praat
    En nou moet jy dit reflekterend doen, in drie stappe:
    1. Se vir hom dat jy wil hoor hoe jy hom seer gemaak het – wat het hy ervaar? Mans praat nie noodwendig maklik nie, maar probeer hom met leidende vrae aanmoedig. Vra byvoorbeeld: Wat het jy gedink toe jy die sms lees?
    2. Nou luister jy na sy antwoord. Moenie hom in die rede val nie. Moenie probeer verduidelik nie. Moenie verskoning vra nie. Luister net, al is sy perspektief skeef getrek – na jou mening. Dit gaan nou oor hom alleen.
    3. As hy klaar gepraat is reflekteer wat hy gese het. Se vir hom ‘Jy se dit-en-dit-en-dit. Ek hoor dus dat dit vir jou so-en-so beteken en voel. As hy ‘n klomp stellings gemaak het werk hulle een vir een deur, of soveel as wat nodig is om hierdie oomblik
    4. As hy voel hy is reg verstaan kan jy aangaan na die volgende stelling. As hy nie gehoor voel nie vra hom om weer te verduidelik, en werk weer daardeur.
    *Nou is dit jou beurt
    Vra verskoning vir dit wat hom regtig seer gemaak het – nie vir jou sms nie, maar vir die emosie wat dit by hom gewek het. Bevestig weer hoe belangrik hy vir jou is.
    *Hy behoortt jou ook kans te gee om reflektief na jou te luister. Dus herhaal julle die hele proses maar nou kry jy kans om *te vertel wat sy beskuldigings by jou wek, hoe seer dit jou maak, hoe moedeloos jy is. *terwyl hy luister. *En dan moet hy reflekteer wat jy se, sodat jy ook gehoor voel.
    Ideaal sal julle altwee beter voel, en altwee voorstelle maak hoe om van hieraf vorentoe te gaan. Julle salaltwwe eers die statusvan survivorship moet bereik om by ‘n nuwe begin en nuwe aanvaarding te kom.
    Vergifnis is ‘n proses. Dit kan tyd neem.
    As dinge afbrekend bly moet jy ook nie die slagoffer van emosionele mishandeling raak nie. As dinge nie wil regkom nie en berading ook nie help nie kan aanbeweeg dalk maar die gesondste opsie vorentoe wees.
    Sterkte!

Gesels hier

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s